

Produk-inligting
April 2017
20
Roete vir die
toekoms vasgestel
“
O
nly once we’ve learnt to truly connect every aspect
of life, will we receive the insight to calmly map our
journey.
” – Martin May.
Die landboubedryf het gedurende 2016 een van die uitdagendste
jare ooit gehad. Ten spyte hiervan – of dalk juis as gevolg daarvan
– het boerdery verskeie suksesse behaal.
“Ons het eenvoudig harder gewerk en harder probeer,” het
mnr Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, in sy oudiovisuele
Voorsittersverslag gesê. “Ons as organisasie het die punte verbind,
ons opsies oorweeg en ons roete vorentoe beplan.”
Hy het bygevoeg dat verlede jaar se droogte gewys het dat toe-
stande vinnig kan verander en dat produsente en ‘n organisasie
soos Graan SA aanpasbaar moet wees om tred te hou met ‘n
veranderlike omgewing. Graan SA het juis die droogte gebruik om
volhoubaarheid te meet en aan te pas by die veranderende om-
standighede: Daar is gekyk na struktuurveranderinge en besparings
in die organisasie.
Produsente is veral genoodsaak om nuwe maniere te vind om aan
te pas by veranderde omstandighede. Met die droogte moes heel-
wat produkte na Suid-Afrika toe ingevoer word en dit het gelei tot
‘n styging in voedselpryse.
Volgens mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder:
Graan SA) is een van die voordele dat dit die privaat sektor geforseer
het om deur middel van die skenking van fondse (wat deur Agri SA
bestuur is) bystand aan produsente in droogtegeteisterde gebiede
te verleen.
Die privaat sektor is genoop om die landboubedryf onder die
vergrootglas te plaas. Met 2016 se Graan SA NAMPO Oesdag was
daar dan ‘n rekordgetal besoekers by die Oesdag en Graan SA kon
‘n rekordopbrengs realiseer om die leemtes in die organisasie se
begroting, wat gelaat is deur produsente wat nie oeste gemaak het
nie en daarom nie graan kon lewer nie, te vul.
Insetverskaffers het ‘n uiters belangrike rol in die oorlewing en
voortbestaan van produsente gespeel. ‘n Groot aantal landboube-
sighede en insetverskaffers het ‘n aansienlike verskil op plaasvlak
gemaak en ondersteuning aan produsente gegee. Een voorbeeld
hiervan is die substansiële bedrae wat aan Graan SA se Landbou-
ontwikkelingsprojek geskenk is toe daardie fondse opgedroog het.
Met die politieke omgewing wat aanhoudend verander en on-
voorspelbaar bly, verhoog die druk op die graanbedryf – wat graan-
produksie uiteindelik beïnvloed.
Die regering dring aan op vinniger grondhervorming en een van
die maniere om dit te realiseer, is om byvoorbeeld die fondse in
die graantrusts te gebruik – vir transformasie en om hul eie doel-
witte te bereik. Dit het egter ‘n geweldige negatiewe impak op
verhoudinge in die trusts gehad. Dit lyk egter of hierdie uitdagings
nou uitfaseer en dinge meer normaal begin raak in die bedryf. Die
staat het besef dat die geld vir ander sake aangewend moet word.
In dieselfde periode het die statutêre heffing wat aan die Winter-
graantrust oorbetaal is, tot ‘n einde gekom en die koringbedryf
moes die toekoms daarvan heroorweeg en die SA Cultivar and
Technology Agency (Sacta) is gevorm – waardeur die heel nuutste
tegnologie aan produsente gebied kan word ten einde hul wins-
gewendheid te verseker.
Gemeenskaplike grond sal tussen die regering en die landboube-
dryf gevind moet word, sodat die bedryf kan floreer en vorentoe
kan beweeg. ‘n Voorbeeld hiervan is die goeie samewerking wat
daar is in die regering se Jobs Fund-projek waarby Graan SA en
verskeie insetverskaffers betrokke is.
Kleinskaalse boere wat in die verlede skaars hulle eie huishou-
dings van voedsel kon voorsien, produseer nou genoeg vir eie
gebruik en het selfs ekstra landbouprodukte om te verkoop om ‘n
wins te maak.
Ander ooreenkomste wat uitstekend werk, is die vennootskap met
die Departement van Wetenskap en Tegnologie. Die departement
help met fondse en internasionale verhoudinge met regerings om
die nuutste tegnologie na Suid-Afrika te bring. Hierdie vennootskap
het reeds sukses behaal met beter opbrengste en profyt vir die
produsente.
Koringbedryf
Die fokus daarop om die plaaslike koringindustrie te laat herleef,
werp vrugte af. In 2016 is die konflik waar kwaliteit van koring oor
tyd bly verhoog het, maar navorsing om opbrengs te verhoog, agter-
weë gebly het, aangespreek.
Ons het graderingskriteria verslap, wat daartoe gelei het dat daar
‘n wyer “venster” van verskillende kwaliteite is – wat blyk die
produsente en telers se intensie was: ‘n Klein bietjie meer spasie
en nie ‘n totale verlaging in kwaliteit nie, want ons moet steeds
die verbruiker se behoeftes bevredig. Ons is nou op ‘n meer gelyke
vlak om met die Swartsee-lande wat koring na Suid-Afrika invoer,
mee te ding.
Die tarief op koringinvoere is nog ‘n aspek wat groot aandag ge-
niet het en waar Graan SA groot sukses behaal het. SAID het gereken
die publikasie van die goedgekeurde verhoogde invoertarief sou
swak politiek wees en het voete gesleep daarmee. Graan SA moes
hulle deur middel van ‘n hofsaak dwing om te presteer.
Graan SA se skakeling met strategiese vennote baan weë vir die
toekoms. SAGL se laboratorium is aansienlik verbeter en uitgebrei
en die Graan Akademie het ‘n oplewing van belangstelling gedu-
rende die afgelope jaar gehad. ‘n Nuwe netwerk van leierskap-
ontwikkeling het plaasgevind – met uitstekende resultate.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
Jy kan ook op
YouTube
gaan kyk
na die verslae.