

Product information
15
April 2017
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
Prof Meyer het afgesluit dat die sleutelelemente om volhoubaarheid
te dryf, in konsekwente en gefokusde navorsing- en ontwikke-
lingsaksies opgesluit is, dat die toekoms van Suid-Afrika in ven-
nootskappe lê, opvoeding en opleiding sleutelelemente bly en
openbare en privaat sektor-beleggings die toekoms van landbou
verder sal ontsluit.
In haar toespraak het dr Marinda Visser (bestuurder: Grain Re-
search and Policy Centre, Graan SA) een van die grootste lesse
van die seisoen benadruk in terme van oorgrenssiektes en -peste.
Dr Visser het die hantering van die herfskommandowurm bespreek
en bevestig dat daar, as gevolg van verskeie faktore, waaronder
klimaatsverandering, moontlik meer peste en siektes sal voorkom.
Sy het die noodsaaklikheid van die opskerping van biosekuriteit
bespreek en ‘n beroep op graanprodusente sowel as die graan-
en saadindustrieë gedoen vir beter bewustheid in terme van
biosekuriteitsrisiko’s, sowel as dat toekomstige addisionele beper-
kings en biosekuriteitsmaatreëls op die plaas in plek gestel moet
word om peste en siektes te stop, of die verspreiding daarvan
te verhoed.
Dr Visser het verder bevestig dat ander peste en siektes, soos
die dodelike Mielienekrose-siekte (MLND) ‘n meer vernietigende im-
pak kan hê – wat dié biosekuriteitsmaatreëls absoluut krities maak.
Graan SA se navorsingfokus is steeds op die verhoging van op-
brengste – in die besonder op stapelvoedselgrane – gewas-
beskerming, klimaatsverandering, beleids- en regulerende aspekte
en bewaringslandbou.
Graan SA-toep
Einde 2016 is Graan SA se eie toepassing (
App
) bekend gestel.
Dié toep is deur dr Dirk Strydom (Graan SA se bestuurder: Graan-
ekonomie en Bemarking) aan kongresgangers voorgehou.
Die doel van die toep is om vir lede ‘n groter voordeel te gee en
om ‘n uiters belangrike en onmisbare hulpmiddel vir ons lede te
wees. Die belangrikheid van
benchmarking
kan nie onderskat word
nie – en die gesegde “Om te meet is om te weet” is nou meer van
toepassing as ooit.
Die toep bied Graan SA-lede ‘n stukkie gereedskap wat die meet-
aksie uitvoer en dan inligting weergee wat beter bemarkingsbe-
sluite, sowel as inset-besluite, tot gevolg sal hê. Produsente kan
vergelykings per streek en nasionaal tref in terme van plantvorde-
ring, oesomstandighede en oesvordering.
In die nabye toekoms sal lede ook produksiekostevergelykings kan
doen, maar inligting is van kardinale belang en hoe meer produsen-
te deelneem, hoe beter sal die beskikbare inligting wees.
9: Dr Dirk Strydom het kongresgangers ingelig oor die nuwe Graan SA-
toep wat beskikbaar is. Die toep bied lede ‘n stukkie gereedskap om hul
te ondersteun om hulself in die mark te
benchmark
sodat hulle beter
bemarkingsbesluite, sowel as insetbesluite, kan neem.
10: ‘n Span navorsers het Kongres die Donderdagoggend toegespreek
oor die herfskommandowurmplaag wat die afgelope seisoen amok
in Suid-Afrika gemaak het en het die kongresgangers meer oor die
beheermaatreëls daarvoor ingelig. Voor: Dr Marinda Visser en prof
Johnnie van der Berg (Noordwes-Universiteit). Agter: Dr Julian Jaftha
(Departement van Landbou, Bosbou en Visserye), Jan-Hendrik Venter
(Departement van Landbou, Bosbou en Visserye) en Annemie Erasmus
(LNR-Graangewasse).
11: Christa Herbst (bestuurder: Finansiële Dienste, Graan SA),
Fanie van Zyl (voorsitter: Ouditkomitee, Graan SA) en Deon Pretorius
(PricewaterhouseCoopers) het verslag gedoen oor die organisasie se
finansiële state en ouditeursverslag.
12: Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA)
verduidelik aan kongresgangers watter stembriefies vir die verkiesing
van Graan SA se nuwe visevoorsitters en hoofbestuurslede ingevul
moet word.
13: Jaco Minnaar wens vir Ramodisa Monaisa, wat saam met
Derek Mathews as visevoorsitters van die organisasie verkies is,
geluk met sy verkiesing.
Graanroete vir die toekoms
9
11
12
13
10