

Produk-inligting
April 2017
12
Graanroete vir die toekoms...
N
AMPO Park was op 8 en 9 Maart vanjaar weer die middel-
punt van gebeure met Graan SA se jaarlikse Kongres.
Graan SA-lede, produsente, regeringsamptenare, landbou-
rolspelers, akademici, vennote en belanghebbendes het
saamgetrek om dié jaar se tema
Graanroete vir die toekoms/Grain
mapping the future
te bespreek. Dié graanroete vir die toekoms het
dit ten doel om weg te beweeg van onsekerheid en met seker treë
die pad vorentoe aan te durf...na volhoubaarheid en sukses.
Die Kongres is in drie hoofsessies aangebied en het afgeskop met
‘n aanbieding van mnr Mike Mlengana (Direkteur-generaal van
die Departement Landbou, Bosbou en Visserye [DAFF]) wat op
Beleidsriglyne na afloop van die Phakisa-beplanning
gefokus het.
Verder is die temas
Graanekonomie en die beleidsomgewing, maat-
stawwe
en die
Graan SA-toepassing (App)
sowel as die
Graan-
beleidsomgewing en die impak daarvan op die bedryf
, bespreek.
Graan SA se voorsitter, mnr Jaco Minnaar, is onbestrede herkies
en word deur nuutverkose visevoorsitters mnre Derek Mathews
en Ramodisa Monaisa ondersteun. Die bestuurspan is gereed vir
die taak wat voorlê en sal fokus om ten alle tye die belange van
Graan SA-lede te bevorder en te beskerm.
In die oudiovisuele voorsittersverslag het Minnaar en mnr Jannie
de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) die uitdagings
van 2016 aangespreek, tesame met die wete dat verandering
onafwendbaar is. Hulle het klem daarop gelê dat produsente, so-
wel as die organisasie, aanpasbaar moet wees om met die ver-
anderende omgewing tred te hou.
Verder het hul die voorafgaande jaar se hoogtepunte uitgelig en die
strategiese fokus van die organisasie vir die komende jaar beklem-
toon. Die verslag het klem gelê op die impak van klimaatsverande-
ring en die nuwe fokus van navorsing waar die droogte gebruik word
om verstellings aan strukture en bestedingspatrone te maak.
Die impak van die droogte op die waardeketting het sy eie uitdagings
gebied en tussen die droogte en die politieke omgewing moes ‘n
nuwe pad vorentoe gevind word. Met hierdie uitdagings het die
privaat sektor en landboubesighede na die tafel gekom en pro-
dusente bygestaan met terugbetalingstermyne, sowel as fondse vir
dié landbou-ontwikkelingskantore waar dit die nodigste was.
Die verslag het afgesluit met die essensie van eenheid in landbou
en alhoewel bedrywe die voortou neem, moet georganiseerde
landbou die produsent op grondvlak vestig. Die groter behoefte
van kommersiële en opkomende nuwe era-boere is dieselfde en
Graan SA sal steeds fokus om meer geïntegreerd te word met die
oog op die toekomstige uitdagings.
DAFF verbind tot samewerking
Kongres se openingstoespraak deur Mlengana het drie areas van
kommer in Suid-Afrikaanse landbou uitgelig, naamlik eenheid, trans-
formasie en die bydrae van die landbousektor tot ekonomiese groei.
Mlengana het bevestig dat die DAFF-leierskap één is met betrek-
king tot die inklusiwiteit van landbou en dat die sektor nie vorentoe
kan beweeg ten koste van ander nie.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
ALZENA GOMES,
skakelbeampte, Graan SA en foto’s:
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
en
CHRIS MILNE,
Infoworks
Kongres 2017 en die pad ná die droogte
1: Graan SA se leierskapkorps wat Kongres 2017 voorgegaan het: Preline Swart (visevoorsitter), Nico Vermaak
(bestuurder: Korporatiewe Dienste), Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA), Jannie de Villiers (uitvoerende hoof-
bestuurder) en Andries Theron (visevoorsitter).
1