

Product information
13
April 2017
Die departement het ‘n gebrek aan ‘n oorhoofse kommersiële strate-
gie vir landbou blameer vir die ongeveer R9 miljoen se besteding
waarvoor daar nie rekenskap gegee kan word nie, sowel as die mis-
lukking van ‘n omvattende ondersteuningsprogram vir produsen-
te oor die afgelope vyf jaar en homself verbind tot die regstelling
van dié beleid van onsekerheid.
Hy het produsente verseker dat alle Suid-Afrikaanse produsente
moet bydra tot die ontwikkeling en evolusie van die landboustrategie
en dat beplanning vir produsente nie meer sonder hulle sal
plaasvind nie. Die DG het sy toespraak afgesluit met die bevestiging
dat sy departement daarop sal fokus om strukture te skep wat
vennootskappe moontlik maak en om geld te belê waar berekende
resultate verkry kan word.
Die DG het ‘n beroep op produsente gedoen om vennootskappe
tussen produktiewe plase en hul buurplase te sluit – ‘n móét vir
transformasie in die landbousektor. Mlengana het produsente
aangemoedig om kleinskaalse boere in hul besighede te integreer,
aangesien hul mekaar nodig het. Geen regeringsbeleid sal slaag
indien kommersiële en kleinskaalse boere nie saamstem nie.
Alhoewel opleiding ‘n uiters goeie begin vir die transformasie-
proses is, het die DG bevestig dat plase aan diegene met ‘n passie
vir landbou verkoop moet word en dat die doelwit om klein-
skaalse boere te bemagtig om volwaardige kommersiële produsente
te word, steeds van krag is.
Graanekonomie die toekoms in
Prof Ferdi Meyer (direkteur: Buro vir Voedsel- en Landboubeleid
[BFAP]) het tydens sy voorlegging die toekoms van graan- en olie-
sadeproduksie in Suid- en Suider-Afrika voorgehou. Hy het onder
meer die langtermyn-tendense vir areas wat in Suid-Afrika geplant
word, bespreek en volhoubaarheid oor die lang termyn beklemtoon.
Megatendense wat lei tot onderliggende veranderinge in die land-
bou-omgewing is behandel en daar is benadruk dat ‘n omvattende
landbousensus en grondoudit wat die algehele sektor sal bevoor-
deel, benodig word om beleidmakers in staat te stel om behoor-
like strategiese beplanning te doen.
Die Graan SA Landbou-ontwikkelingspan, wat in staat was om
3 000 lande van kleinskaalse produsente te karteer, is deur
Meyer geprys. Dié data en inligting kan nou aangewend word om
vorderingverslae van onkruid- en plaagbestuur te genereer, sowel
as om die algehele omstandighede van oeste op die spesifieke
plase waar te neem en die essensie van waarvoor en hoe hierdie
lande gebruik word, te bepaal.
Die inligting bekom deur hierdie inisiatief het die verskillende
waardekettings wat in die Suid-Afrikaanse landbousektor bestaan,
beklemtoon. Verder beklemtoon die langtermyntendens vir kom-
mersiële boerdery in Suid-Afrika dat pryse daal en om in die
speelvak te bly, produktiwiteit verhoog moet word, wat maatstaw-
we, navorsing en inligting absoluut krities maak.
2 en 3: Graan SA Kongres 2017 in sitting.
4: Ds Quintes Scholtz van die NG Kerk Doring-
kruin het Kongres op ‘n gepaste wyse geopen.
5: In die oudiovisuele voorsittersverslag het
Jannie de Villiers en Jaco Minnaar 2016 se uit-
dagings aangespreek, die voorafgaande jaar
se hoogtepunte uitgelig en die strategiese
fokus van die organisasie vir die komende jaar
beklemtoon.
6 tot 8: Moeite word tydens Kongres gedoen
om die media NAMPO Park toe te nooi en
joernaliste het tydens spesiale perskonferen-
sies geleentheid om vrae aan die bestuurs-
lede en sprekers te vra en opnames te doen.
2
4
7
5
8
6
3