

21
April 2017
Graan SA besef dat landbou oor tien jaar nie meer dieselfde be-
dryf sal kan word soos tans nie en dat ons beslis nie meer in af-
sonderlike rasgroepe opgedeel kan word nie.
Die landboubedryf sal bymekaar moet kom – ongeag ras – en
moet saamwerk vir die voortbestaan van voedselveiligheid in Suid-
Afrika. Die groter behoeftes van kommersiële en ontwikkelende
boere bly dieselfde en landbou kort dus ‘n verenigde groep. Dit is
juis hier waar die graanbedryf die voortou geneem het.
Om in lyn te kom met die “King-verslae” het Graan SA die afgelope
vier jaar prosedures ontwikkel om botsing van belange binne
die organisasie te hanteer. Hierdie botsing het ingesluit lede van
ons hoofbestuur of werksgroepe wat óf deel is van die bestuur óf
groot belange in insetverskaffers, finansierders en afnemers het.
Daar sal binnekort ‘n komitee aangestel word wat hierna sal kyk
en aan Hoofbestuur aanbevelings sal maak aangaande enige
krisisse of botsing van belange. Graan SA is ‘n demokratiese or-
ganisasie met demokraties-verkose leierskap.
Grondhervorming bly egter ‘n kopseer en nuwe era-boere wat
regeringsplase bestuur, kan nie enige finansiering verkry sonder
die bewys van ‘n titelakte as sekuriteit nie. Daar is ‘n groot aantal
plase op die mark ná verlede jaar se droogte, maar bitter min van
hierdie plase is deur die regering gekoop. Dit was juis die regte tyd
vir die regering om grond te koop vir heelwat minder as wat die
eintlike markverwante pryse was. Die regering het egter verkies om
dit nie te doen nie.
“In die afgelope jaar moes ons die rem optrek, kalmeer en versig-
tig luister na mekaar en na God om te hoor wat die graanroete is
wat ons in die toekoms moet inslaan,” het De Villiers afgesluit.
1 tot 3: Die voorsitter van Graan SA, Jaco Minnaar, en Jannie de Villiers se verslag aan Kongres is
oudiovisueel vertoon.
2
3
1