Background Image
Previous Page  28 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

26

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

Sojabone

MNR JAN GREY HET AS VOORSITTER OPGETREE.

Produksie/insette

Tantiememodel

Mnr Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA) gee terugvoer oor

die vordering wat gemaak word met die implementering van ‘n tan-

tiemestelsel vir oop-bestuifde gewasse. ‘n Aansoek vir ‘n statutêre

heffing kan binnekort ingedien word. Die voorgestelde stelsel het

ten doel om die negatiewe impak wat die terughou van saad op in-

vestering in die saadbedryf het, teen te werk. Die heffingsvoorstel

beloop tans 1,2% van die sojaboonprys.

Grey noem dat tegnologie in die sojaboonsaadbedryf, soos die

Roundup Ready 2 en die Dicamba-gene, tans nie vir Suid-Afrika

beskikbaar is nie juis omdat saadmaatskappye nie hul investering

terugkry as gevolg van terughou van saad nie.

Die wegbreeksessie ondersteun die heffingsvoorstel.

Beskikbaarheid van saad

Louw noem dat as gevolg van die droogte, saadmaatskappye die

afgelope seisoen tussen 20% en 35% van hul saad nie verkoop

het nie. Sojaboonsaad kan nie oorgedra word na ‘n volgende sei-

soen nie, daarom moes die saad as graan verkoop word. Volgens

‘n opname wat onder saadmaatskappye gedoen is, sal daar genoeg

gesertifiseerde saad vir die aanplant van ongeveer 200 000 ha vir die

2016/2017-produksieseisoen beskikbaar wees.

Oesskatting

Louw noem dat volgens die oppervlakteskatting van die NOK

519 800 ha sojabone in die 2015/2016-produksieseisoen aange-

plant is.

Wintergraan

MNR ANDRIES THERON HET AS VOORSITTER OPGETREE.

Omdraaistrategie

Die proses is steeds goed aan die gang en goeie vordering word

gemaak met sekere aspekte soos die verwydering van die kulti-

varlys, hersiening en verslapping van die vrystellingskriteria se tole-

ransievlakke.

Navorsing

Voorteelprogram en befondsing

Graan SA het met die Departement van Wetenskap en Tegnologie

ooreengekom om ‘n nasionale voorteelprogram te befonds. Be-

fondsing van R15 miljoen oor die volgende drie jaar is toegestaan.

Die kiemplasma wat só ontsluit word, sal tot voordeel van die drie

saadtelers aangewend word.

Karnal Brand

Die sessie word ingelig oor ‘n vergadering wat op 24 Februarie van-

jaar op Groblersdal gehou is om die produsente in die Marble Hall-

produksiegebied toe te spreek. Produsente spreek hul kommer uit

dat die proses om die produksiegebied onder kwarantyn te plaas,

groot bottelnekke kan veroorsaak, maar drs Francois Koekemoer

(Sensako) en Marinda Visser (bestuurder: Navorsing en Skakeling

met Owerhede, Graan SA) maan dat die proses gevolg moet word,

want dit het groot implikasies vir die mieliehandel internasionaal en

op koringinvoere plaaslik.

Koringtarief

In ‘n kort aanbieding noem mnr Wandile Sihlobo (ekonoom:

Graan SA) dat daar groot voorrade koring in die wêreldmark is en

dat die wêreld se koringproduksie in 2015/2016 na verwagting

731,8 miljoen ton kan wees. Hy dui aan dat plaaslike koringinvoere

in 2015/2016 sowat 2 miljoen ton kan beloop, waarvan 43% reeds

ingevoer is. Lae internasionale koringpryse kan plaaslike pryse

afwaarts druk, maar dat die huidige koringinvoertarief plaaslike

pryse kan bevoordeel.

Produksie/insette

Tantiememodel

Graan SA is in die proses om ‘n stelsel te ondersoek om ‘n statutêre

heffing in te stel om fondse vir telers te bekom en dit te verdeel op

so ‘n basis dat die telers wat die meeste kultivars in produksie het,

daarvoor vergoed word. Die voorneme is dat dit 0,5% van die ko-

ringprys of R19/ton sal wees. Daar word beoog om die hele proses

in Oktober vanjaar in werking te stel.

Wintergraanwegbreeksessie.

Sojaboonwegbreeksessie.

Wegbreeksessies werp soeklig op vraagstukke