April 2016
24
Wegbreeksessies werp soeklig
op vraagstukke
D
ie impak van die droogte en drastiese dalings in oesskattings
het heelwat aandag geniet op al die wegbreeksessies van
vanjaar se Graan SA Kongres. Die impak hiervan op invoere
van verskeie graansoorte en veral die prys van sulke
invoere, is ook uitgelig.
Daar was egter een stukkie goeie nuus toe daar by al die sessies
inligting deurgegee is oor die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste
(SAID) se jongste konseplogboeke vir dieselkortings. Die nuwe
logboeke is in Februarie beskikbaar gestel en geaffekteerde partye
het tot einde Februarie tyd gehad om kommentaar daarop te lewer.
Hoewel die inligting en die frekwensie daarvan wat bygehou moet
word, heelwat meer prakties is, stel SAID voor dat daar steeds twee
logboeke gehou moet word: Een vir die stoor van diesel en een vir
die gebruik van diesel per voertuig.
Graan SA en Agri SA het in hul kommentaar standpunt ingeneem
dat net een logboek, naamlik die stoorlogboek, voldoende is om
dieselverbruik op die plaas aan te dui.
Produsentelede wat sukkel om hul BTW en dieselkorting terug
te kry, kan gerus met Graan SA in verbinding tree. Graan SA het
‘n ooreenkoms met SAID se hoofkantoor dat waar vertragings
met uitbetalings ervaar word, dit op ‘n weeklikse basis aan hulle
deurgegee moet word.
Die inligting is op al die sessies verwelkom.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
Mielies
DIE ONDERVOORSITTER VAN DIE MIELIEWERKGROEP, MNR CHRIS SCHOONWINKEL, HET AS VOORSITTER OPGETREE.
Tariefaansoek
Mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)
meld dat ‘n nuwe aansoek oor die aanpassing van die invoertarief
weer gedurende Augustus verlede jaar ingedien is. Die huidige be-
skermingsvlak is R2 661/ton op Safex en met indiening in Augustus
2015 was die verwysingsprys en tien jaar gemiddeld, R4 706/ton.
Met die huidige berekening en wisselkoers was die verwysingsprys
in Maart vanjaar R3 546/ton.
Daar word nou op kommentaar en terugvoer gewag.
Oesskatting
Me Rona Beukes (Nasionale Oesskattingskomitee [NOK]) het terug-
voer gegee oor die huidige seisoen se syfers. Daarvolgens is die
skatting vir witmielies in Februarie vanjaar op 3 195 800 ton gestel,
wat 71 200 ton minder is as die skatting in Januarie vanjaar.
Geelmielies word op 4 059 950 ton geskat, wat 111 300 ton minder
is as ‘n maand tevore. Die totale skatting is dus 182 500 ton minder.
Totale hektare van aanplantings het ook aansienlik gedaal. Dit is
ook die eerste keer die afgelope 15 jaar dat aansienlike laat aanplan-
tings waargeneem is. Dit bemoeilik opbrengsbepalings.
De Villiers meld dat die Vraag- en Aanbodkomitee goed werk, maar
dit blyk dat daar nie voldoende en gereelde deelname van hande-
laars is nie. As gevolg daarvan het Hoofbestuur besluit dat aansoek
gedoen moet word vir ‘n statutêre maatreël wat handelaars sal
verplig om die syfers aan die Vraag- en Aanbodkomitee deur te gee.
Die sessie steun die besluit en versoek dat alle transaksies (invoere
en uitvoere) ook verklaar moet word sodra die transaksies gesluit
word en nie net wanneer dit in Suid-Afrika aankom nie.
Navorsing
De Villiers noem dat Graan SA ‘n konsortium van kundiges saam-
geroep het om gefokusde navorsing op grondgedraagde siektes
te doen. Aalwurms en rooispinmyt, wat tans van die grootste pro-
bleme is, vorm deel hiervan. Die Departement Wetenskap en Teg-
nologie befonds hierdie projek grotendeels met ‘n bydrae van die
Kommersiële Mielie Produsentenavorsingstrust.
Twee navorsingsprojekte op nagmuise wat drie jaar gelede afge-
skop het, het nie belowende resultate opgelewer nie en daar word
aanbeveel dat die projekte gestaak word. De Villiers versoek dat
navorsing op kultivars wat hittebestand is, gedoen moet word.
Mark
Huidige aanduidings is dat 1,1 miljoen ton witmielies en nagenoeg
2,7 miljoen ton geelmielies ingevoer sal moet word. Indien die
oesskatting verlaag word as gevolg van die voortslepende droogte-
kan ‘n groter vermindering in witmielies gesien word as dié in geel-
mielies.
Kunsmispryse
As gevolg van dalings in die olieprys, is daar die afgelope jaar groot
dalings in internasionale kunsmispryse waargeneem, maar plaas-
like pryse het weens die wisselskoers verswakking weer gestyg.
Só het ureum en kaliumchloried internasionaal met 12% en byna
19% gedaal, maar as gevolg van die verswakking in die wisselkoers
het dit plaaslik onderskeidelik met meer as 1% en 7,6% toegeneem.
Mieliewegbreeksessie.