Background Image
Previous Page  25 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 84 Next Page
Page Background

Fokus steeds om tot diens van

graanprodusente te wees

T

ydens die afgelope Kongres het Graan SA terugvoer aan

lede gegee wat die resultaat van die heffingsinkomste vir

die 2015/2016-seisoen betref.

Alhoewel droogtetoestande oor die land heers en die meeste pro-

dusente se oeste skraal lyk, was daar steeds ‘n ongelooflike posi-

tiwiteit onder produsente en is die heffing vir die 2015/2016-jaar ook

in dié gees ontvang.

Die 2015/2016-oes was slegs ‘n normale tot onder-normale oes

(veral in die Noordwes Provinsie en Swartland-gebied) en die

verhoging van die heffing in 2014 het verseker dat Graan SA se

reserwes aangevul kon word om voorsiening te maak vir die te-

korte wat gely gaan word weens die droogtetoestande vir die

2015/2016-bemarkingsjaar.

Inkomste

Graan SA het ‘n heffingsinkomste van R14,79 miljoen gerapporteer

vergeleke met die vorige jaar se rekord van R18,76 miljoen. Hier-

die daling is die resultaat van die droogte en die gevolglike minder

tonne wat deur produsente gelewer is.

Die inkomste het egter vir ‘n surplus van ongeveer R1,7 miljoen

op die heffingsfonds gesorg, hoofsaaklik as gevolg van drastiese

besparings op uitgawes. Die surplus sal na die reserwes geallokeer

word om die nodige tekorte vir die nuwe seisoen, wat ontstaan het

weens die oorheersende droogtetoestande, te dek.

Agente

Die vordering van die heffing raak ‘n al hoe groter uitdaging soos

wat die mark groei en meer kopers die mark betree. Dit verg dat

Graan SA vennootskappe met al die kopers en handelaars aangaan.

In die vorige jaar het die aantal agente vanaf 40 na 46 verhoog.

Mnr Andries Theron (visevoorsitter en Graan SA en voorsitter van

die Bemarkingswerkgroep) het ‘n woord van dank uitgespreek aan

agente wat die invordering van die heffing deur hulle kanale be-

werkstelling.

Ledetal

Graan SA se fokus is om sy lede van diens te wees. Die droogte

het definitief bygedra tot ‘n klein afname in opbetaalde lede – van

3 063 tot die huidige 2 745. Die totale bydraende lede is effens

minder as die vorige jaar.

Met ‘n totale ledetal van 4 930 is dit duidelik dat Graan SA ‘n goeie

verteenwoordiging van graanprodusente in Suid-Afrika het.

Heffing

Theron het kennis gegee dat daar volgende jaar tydens Kongres

aandag gegee sal word aan moontlike veranderde heffings op die

kommoditeite. Vir die hede word al die heffings onveranderd gelaat.

Dit is vervat in

Tabel 1

.

Dankie

Graan SA is ‘n produsente-organisasie en die heffingsinkomste

is die hartklop van die instansie en verseker dat hy sy werksaam-

hede kan voortsit. Theron het ook sy dank teenoor lede uitgespreek

vir die getroue bydrae wat hulle lewer en hul die nodige gerusstel-

ling gegee dat die fokus steeds daarop is om graanprodusente in

Suid-Afrika van diens te wees.

23

April 2016

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

TOIT WESSELS,

ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

GEWAS

HEFFING

Mielies

R2,50

Sojabone

R5,00

Sonneblom

R5,00

Sorghum

R2,50

Grondbone

R10,00

Koring

R3,00

Kanola

R4,00

Gars

R3,00

Alle ander grane

R3,00

TABEL 1: HEFFING OP GEWASSE.

Andries Theron het sy dank teenoor die lede uitgespreek vir die getroue

bydrae wat hulle lewer en ook agente bedank wat die invordering van

die heffing bewerkstellig deur hul kanale.

Graan SA is ‘n produsente-

organisasie en die heffings-

inkomste is die hartklop van die

instansie en verseker dat hy sy

werksaamhede kan voortsit.

Alle bedrae is BTW uitgesluit