Background Image
Previous Page  29 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 84 Next Page
Page Background

27

April 2016

Grondbone

MNR FRANS MINNAAR HET AS VOORSITTER OPGETREE.

Invoertarief

Minnaar meld dat Graan SA deur kopers genader is om te help met

die afskaffing of uitstel van die invoertarief rakende geblansjeerde

en rou grondbone. Die versoek is gerig in die lig van moontlike te-

korte vanjaar. Graan SA is van mening dat die afskaffing of uitstel

daarvan nie ondersteun kan word nie, aangesien dit nie tot voor-

deel van die produsent sal wees nie, onder meer omdat ingevoerde

geblansjeerde grondbone direk met plaaslik-geproduseerde rou

grondbone kompeteer.

Nieteenstaande die bogemelde standpunt, is Graan SA van mening

dat SAID ‘n grasie- of kennistydperk vir handelaars moet toestaan

om te beplan vir die veranderde tarief.

Navorsing

Dr Graham Thompson (LNR-IGG) lig die vergadering in dat ‘n grond-

boonteler binne die volgende twee tot drie maande aangestel be-

hoort te word. Met die aanstelling van die nuwe teler sal die druk

vir eksterne befondsing meer word. Die LNR-IGG het ‘n versoek aan

Graan SA gestuur vir eksterne befondsing van die teelprogram. Die

LNR-IGG het ook ‘n voorstel om weer ‘n nasionale proeweprogram

vir grondboonkultivars op die been te bring aan Graan SA gestuur.

Die vergadering besluit dat ‘n lys van prioriteite opgestel moet word

waarop die LNR-IGG met hul teelprogram kan fokus.

Kultivarevaluasie

Me Loureine Salomon (LNR-IGG) gee terugvoer oor die Elite-kulti-

varevaluasie. Vanjaar is daar twee proewe op Potchefstroom en een

op Hartswater geplant. Die proewe op Potchefstroom sukkel met

die beskikbaarheid van water en die besproeiing is in die weegskaal.

Sy wys op die belangrikheid daarvan om gehalte en opbrengs saam

te ontwikkel in teel- of evaluasieprogramme.

Gradering

Mnr Lourens de Kock (Stella) verduidelik aan die vergadering dat

die huidige graderingsriglyne hoofsaaklik vir droë grondbone opge-

stel is. Met die lewering van nat grondbone het daar ‘n behoefte

ontstaan om ‘n toevoeging tot die riglyne vir gradering op te stel.

PPECB is besig om die opstel van sodanige riglyne te ondersoek.

Die voorsitter wys daarop dat grondbone tot 8% - 9% gedroog

word, dan eers gegradeer en ‘n vogaanpassing na 7% gemaak moet

word. Dit is belangrik dat produsente op hoogte moet wees van die

riglyne wat vir gradering gebruik word.

Produksie

Me Landi Kruger (datawetenskapkoördineerder: Graan SA) lig die

vergadering in dat verwerkers en verskaffers van grondboonsaad

terugvoer gegee het dat tussen 57 900 kg en 65 000 50 kg sakkies

vir die komende seisoen beskikbaar sal wees.

Grondboonbedryf

De Kock, ook ondervoorsitter van die Grondboonforum, gee ‘n

voorlegging rakende die bedryfsplan wat die SA Grondboonforum

opgestel het om die volhoubaarheid en vooruitgang van die grond-

boonbedryf te verseker. Die raamwerk vir die plan sluit in aspekte

soos ‘n deursigtige prysmeganisme, produksiepraktyke, kultivars

en opbrengs en regulatoriese nakoming.

Die tweede skatting van die NOK dui aan dat ‘n oes van

724 600 ton verwag kan word, wat 32% laer is as verlede jaar se oes.

Die impak van die droogte is duidelik aangesien die verwagte op-

brengs van 1,4 t/ha heelwat minder is as die langtermyn-gemiddelde

1,67 t/ha.

Gradering

Grey verduidelik dat die graderingsdispensasie vir die komende be-

markingseisoen verleng is. Onder die 4,75 mm rondegatsif, word ‘n

1,8 mm gleufsif gebruik vir die bepaling van vreemde voorwerpe.

Die vreemde voorwerppersentasie word van 4% na 5% verhoog

en gevolglik die kombinasie van vreemde voorwerpe en Sclerotinia

van 6% na 7%.

Navorsing

Grondgedraagde siektes

Louw gee terugvoer oor die konsortium vir navorsing oor grond-

gedraagde siektes wat deur Graan SA in die lewe geroep is. Die

konsortium word gelei deur dr Sandra Lambrecht van die LNR-Plant-

beskermingsinstituut op Stellenbosch en goeie vordering is reeds

gemaak.

Hy noem ook dat dr Driekie Fourie van die Noordwes-Universiteit

goeie werk doen op aalwurmnavorsing en die bestandheid van kul-

tivars.

Nuwe knelpunte

Versekering

Kommer word uitgespreek oor die toenemende koste verbonde aan

oesversekering. Louw noem dat die risiko vir hael op sojabone vol-

gens versekeringsmaatskappye uitermate hoog is en dat hul in ver-

skeie gebiede groot verliese ly as gevolg van hoë eise.

Die sessie besluit dat Graan SA hierdie en ander probleme, soos die

sewe dae-wagtydperk vir die aktivering van die polis, met verseke-

raars moet opneem.

Grondboonwegbreeksessie.