Background Image
Previous Page  27 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 84 Next Page
Page Background

25

April 2016

Invoere

‘n Versoek kom uit die vergadering wat die beskikbaarheid van

inligting oor invoere betref – in besonder die hoeveelhede wat in-

gevoer word. De Villiers onderneem dat Graan SA die inligting sal

kry en produsentelede ingelig sal hou.

Nuwe knelpunte

Haweverwysingspunt vir Safex

Mnr Bart Harmse (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 11) noem

dat die meeste mielies deur die Kaapstadse en Durban-hawens

ingevoer word. Hy vra wat die moontlikheid is dat die sentrale lewe-

ringspunt die Durban-hawe sal wees vir mielies en die Kaapstadse

hawe vir koring. Die sessie besluit dat dié kwessie na die Mielie-

spesialiswerkgroep verwys word.

Chemiese middels

Mnr Derek Mathews (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 5) meld

dat hy hierdie jaar probleme ervaar het met onder meer die ver-

spreidingsnetwerk en onvoldoende advies en inligting. Die voorsit-

ter onderneem dat Graan SA die kwessie met CropLife sal opneem.

Sonneblom

MNR JOHN RANKIN HET AS VOORSITTER OPGETREE.

Mark

Sonneblomolie-inhoud

Me Petru Fourie (navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis:

Graan SA) voorsien inligting oor sonneblomolie-inhoud na aanlei-

ding van uiteenlopende data. Volgens die jongste data wat van die

Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) verkry is, was die ge-

middelde olie-inhoud oor die afgelope drie seisoene tussen 37,2%

en 37,9% (teen 9% voginhoud). Sy meld dat verwerkers bereid is

om ‘n premie vir ‘n olie-inhoud bo 40% te betaal – onderhewig aan

hoeveelheidsvereistes.

Gradering

‘n Versoek op verlede jaar se wegbreeksessie dat sifsels onder die

sif bygetel kan word as deel van die massabepaling vir sonneblom,

is nie deur Direktoraat: Voedselveiligheid en Kwaliteit toegestaan

nie – hoofsaaklik weens die feit dat klein sonneblompitte minder olie

produseer, die proteïeninhoud van die oliekoek negatief beïnvloed

kan word en probleme in die voerbedryf kan veroorsaak.

Navorsing

Dr André Nel (LNR-Instituut vir Graangewasse [LNR-IGG]) gee

terugvoer oor die navorsingsprojekte wat op sonneblom gedoen

word. Die projek oor sonneblomkultivarevaluasie het bevind dat die

opbrengs van sonneblom vanaf 1976 tot 2015 met slegs 1% per jaar

toegeneem het, teenoor mielies se toename van 2,5%.

Oesskatting

Die jongste produksieskatting beraam die sonneblomoes op

687 150 ton, wat 3,64% meer is as die 663 000 ton van die vorige

seisoen. Data dui ook aan dat die oppervlakte onder sonneblom van-

jaar die grootste is sedert die 828 000 ha in 1999. Na bespreking

spreek die sessie kommer hul kommer uit oor oesskattings – veral in

die lig van die impak van die droogte.

Sorghum

MNR LOUIS CLAASSEN HET AS VOORSITTER OPGETREE.

Kultivar-evaluasieprojek

Die projek, waarby drie saadmaatskappye betrokke is, naamlik

Pannar, Agricol en K2 Agri, is geloods en strek oor ‘n tydperk van

vyf jaar. Die hoofdoel is om opbrengsplafonne van sorghumproduk-

sie te lig en saadmaatskappye toets hul beste kultivars (genetika)

daarvoor. Die proewe lyk op hierdie stadium weens die droogte nie

belowend nie.

Swamdoders

Dr Maryke Craven (LNR-IGG) doen ‘n voorlegging oor navorsing

wat gedoen is op die evaluering van swamdoders. Swamdoders

wat geëvalueer is, sluit in azoxystrobin/difenoconazole (200/125 g/l)

en epoxiconazole/pyraclostrobin (62,5/62,5 g/l) en vyf behande-

lings plus ‘n kontrole is toegepas. Die bevindings is in lyn met in-

ternasionale navorsingsresultate, wat uitwys dat groeitoestande

die waargeneemde effekte oorheers, asook dat die toediening van

swamdoders om voordeel te trek op hulle groeiregulerende eien-

skappe, bevraagteken moet word.

Mark

Graderingsregulasies

Dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA) meld

dat Graan SA versoeke ingestuur het dat die regulasie slegs voor-

siening moet maak vir twee grade: ‘n Tannien-vry graad (GM) en

‘n tannien-bevattende graad (GH). Graan SA se voorgestelde ver-

anderinge is aanvaar en die aanpassings is in die

Staatskoerant

af-

gekondig.

Oesskattings

Smith meld dat daar ‘n duidelike afname in die aanplantingsten-

dens van sorghum sedert 1990 is. Die sorghumoppervlakte vir die

2015/2016-produksieseisoen is 22 000 ha of 31,2% minder as die

vorige jaar se 70 500 ha, terwyl die tweede produksieskatting van

sorghum 93 400 ton is, wat 27 100 ton of 22,49% minder as die

120 500 ton van die vorige seisoen is.

Sorghumwegbreeksessie.

Sonneblomwegbreeksessie.