Background Image
Previous Page  17 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 84 Next Page
Page Background

15

April 2016

“Ons moet ‘n droogteplan, wat vra vir oesversekering en onder-

steuning van die staat af, vir die regering aanbied. Dit word

buitensporig duur en die risiko is baie hoog. Die graansektor kan

nie altyd instaan vir die kostes nie. Ons sal maar sien hoe die staat

op bogemelde reageer,” het De Villiers verder gesê.

Daar is verskeie goeie voorbeelde in Amerika en Kanada en

Graan SA voel positief dat hulle regeringsondersteuning sal ont-

vang – veral noudat dit duidelik is watter verwoestende effek

droogte kan hê indien daar nie só ‘n program in plek is nie.

Steytler voel dat dit uiteindelik baie goedkoper sal wees om die

probleme en sosio-ekonomiese gevolge daarvan direk op die platte-

land aan te spreek.

De Villiers het verder genoem dat ten spyte daarvan dat die

landbougemeenskap geneig is om bo hulle omstandighede uit te

styg, hulle nog steeds die geleentheid gegun moet word om skuld

af te betaal.

“Dit is een van ons grootste struikelblokke – dat finansiële instan-

sies dit nie vir produsente binne die perke van die kredietwet

moontlik kan maak om lenings af te betaal oor langer termyne nie.

“Te midde van moeilike ekonomiese tye en min werksgeleenthede

is verbruikers nie in staat om die aanhoudende voedselpryssty-

gings as gevolg van invoere te bekostig nie.” Hy het verder genoem

dat mielies teen ‘n ingevoerde prys van R3 000/ton baie meer is

as wat die plaaslike produsente verlede jaar ontvang het. “Verlede

jaar het witmielies teen R2 200/ton verkoop en tans is dit R5 200/ton.”

Die droogte het weer eens beaam hoe noodsaaklik voedselseker-

heid is. Dit kom direk terug na grondbesit-sekerheid.

Grondeise het sy tol geëis en enige verdere onstabiliteit sal ‘n ne-

gatiewe impak op verdere produksie hê.

Produsente sal moet fokus op volhoubaarheid deur die toepassing

van wetenskaplike benaderings soos datawetenskap in boerdery.

Graan SA benadruk spesifiek die noodsaaklikheid van navorsing.

“Deel van ons leierskapsverantwoordelikheid is om die heel beste

navorsers in die land bymekaar te kry deur middel van konsortiums.

Dit lei dan na die resultate wat produsente benodig om ‘n pad

vorentoe toe vind in die toekomstige Suid-Afrika,” het De Villiers

benadruk.

Spesifieke aandag sal aan koring gegee word. Dit blyk dat die

koringbedryf vir ongeveer vier jaar al onder erge druk verkeer. Die

afgelope twee jaar was egter effens beter en daar is gewerk aan

‘n oplossing om die koringbedryf soos ons dit ken, ‘n hupstoot te

gee. Dit sal nie oorleef soos sake nou daar uitsien nie.

“Die fokus van die navorsing – soos die pre-teling en vrystel-

lingskriteria – is ongetwyfeld om oesproduksie te verhoog.”

De Villiers het verduidelik dat alhoewel die kwaliteitsaspek nie een-

kant toe gestoot is nie, die graanbedryf nie kan toelaat dat kwali-

teit die oesopbrengste belemmer en sodoende winsgewendheid

negatief beïnvloed nie.

“Die nuwe strategie sluit in eindpunttantieme wat verseker dat die

telers met die regte kultivars wat die beste resultate lewer, vergoed

sal word.” De Villiers het bygevoeg dat die mark sodoende vinniger

sal groei en dit sal lei tot beter, nuwer en meer kultivars.

“Dit is belangrik dat Graan SA ook die navorsing van hitte- en

droogtebestande mielies fasiliteer.”

Slegs strategiese vennootskappe sal verseker dat daar aansienlike

groei en verbetering is. Dit is van die uiterste belang. De Villiers

het bevestig dat Graan SA reeds verskeie sulke vennootskappe

met die regering gesmee het, wat onder andere nuwe fondse vir

sojaboonproduksie insluit.

“Ons het in 2015 reuse-stappe gedoen om onafhanklike produsente

te vestig en dit het groot sukses tot gevolg gehad.”

Graan SA het ook met Momentum saamgespan om ‘n groep-

voordeelskema vir produsente te stig.

“Daar was dan natuurlik ook die vennootskap wat ons met Agri SA

gevestig het om die sosiale opheffing van plaaswerkers te verseker.”

De Villiers het afgesluit deur te noem dat ten spyte daarvan dat

2015 ‘n moeilike jaar vir die landboubedryf was, Graan SA tog op

‘n positiewe noot geëindig het met ‘n effense bedryfswins en ‘n

skoon oudit. Graan SA het ook die gebou op Bothaville verkoop – wat

‘n ekstra inkomste ingebring het.

“Ons terugblik op 2015 het ons daarom gelaat met ‘n gevoel van

beide prestasie en teleurstelling.”

Jannie de Villiers