Background Image
Previous Page  16 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

14

Suid-Afrikaanse graanbedryf staar

verandering in die gesig

G

rond is die hoeksteen van volhoubare voedselsekerheid.

Dít is een van die belangrikste boodskappe wat mnr Louw

Steytler (voorsitter: Graan SA), tydens sy voorsittersrede

by die onlangse 2016 Graan SA Kongres op NAMPO Park

naby Bothaville oorgedra het.

Steytler het in sy digitale boodskap bygevoeg dat enige onstabiliteit

‘n groot impak op die vermoë van Suid-Afrikaanse landbou sal hê,

wat sal verhoed dat die sektor goeie kwaliteit, maar bekostigbare

voedsel produseer.

Gepaard met kommer oor grondbesit en politieke onstabiliteit het

die afgelope droogtejaar ‘n stokkie in landbou se speke gesteek

– nie net in een of twee provinsies nie, maar landswyd. Dit het

gelei tot die verswakking van die wisselkoers en het ‘n stadiger

ekonomiese groeiproses tot gevolg gehad.

“Die Suid-Afrikaanse graanbedryf staar ‘n verandering in die gesig,”

het mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)

in dieselfde digitale boodskap gesê. “Dit is amper asof die einde van

2015 ‘n era in die graanbedryf afgesluit het.”

Baie produsente wonder hoe hulle deur die nuwe strome gaan

swem. De Villiers wys daarop dat die manier waarop graan in die

toekoms geproduseer gaan word, by die nuwe “klimaat” sal moet

aanpas om volhoubaar en winsgewend te bly.

“Dit blyk dat ons in ‘n meer beperkte omgewing is en dit is juis dáár

waar die aanpassings sal moet kom – ook binne die organisasie,”

aldus De Villiers. Hy het bygevoeg dat die graanbedryf meer

onmiddellike oplossings sal moet vind om die rimpeleffek van die

droogte teen te staan. “Dit is ‘n onderwerp wat almal raak.”

Steytler het die punt beaam en genoem dat die tragedie van die

droogte die krisis van voedselsekerheid skerp onder die soeklig

geplaas het. “Maar ons sal saamstaan en ‘n pad vorentoe vind.”

Dit is noodsaaklik dat die graanbedryf die regering nader om ‘n

oesversekeringskema op die been te bring. ‘n Nuwe tipe oesver-

sekeringskema word benodig vir ‘n langer-termyn volhoubare sta-

biliteit in die bedryf.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

...die manier waarop graan

in die toekoms geprodu-

seer gaan word, by die

nuwe “klimaat” sal moet

aanpas om volhoubaar en

winsgewend te bly.

Louw Steytler