

o
m die Januarie-uitgawe se
Standpunt
te skryf, bly altyd
’n groot uitdaging. Nie alleen is die sperdatum vir die ru-
briek reeds aan die einde van November nie, maar dit is
’n tyd van die jaar wat die weer ’n uiters belangrike in-
vloed het op hoe ons die nuwe jaar ingaan.
Die tydsverloop tussen einde November en middel Januarie wan-
neer die rubriek gelees word, is geweldig groot en sóveel kan ge-
beur. Met die skrywe hiervan het die weste nog geen reën gehad
nie en staan die planters maar bek-af in die skure en wag. Die Oos-
Vrystaat het ook nog nie klaar geplant nie en die nagte bly koud – ten
spyte van bloedige warm dae.
Die suide het klaar gestroop en beskou 2019 effe optimisties,
aangesien daar teen jaareinde ’n deurbraak in die koringgradering
plaasgevind het. Ten minste is daar een goeie rede waarom dit in
2019 beter in die koringbedryf behoort te gaan! Hulle het so lank
aan die agterspeen gesuig dat hulle dit amper nie gemaak het nie.
Graan SA kan ongelukkig nie die weer beïnvloed nie, behalwe om
die navorsing op só vlak te kry dat ons minstens weet watter ma-
nier die beste is met die oog daarop om die skommelinge en onsta-
biliteit teen te werk. Die ongenaakbaarheid van die natuur laat alle
graanprodusente maar broos.
My hoop is dat 2019 rigting in grondhervorming sal bring. Al die
pyne en gepraat van 2018 moet een of ander tyd tot ’n punt kom.
Georganiseerde landbou het aan die einde van November 2018 ons
beste plan aan die Presidensie gaan voorlê om landbou op ’n nuwe
groeitrajek te kry. Om dit te doen, het ons mekaar nodig en daarom
gaan Graan SA alles in die stryd werp om ’n paar nuwe boustene
vir landbou te pak.
Die graanbedryf se winsgewendheid staan bo-aan ons 2019-ly-
sie. Sake wat aandag moet kry, is legio, maar as ons die een oor
winsgewendheid mis, dra die res min waarde. Elke kilogram per
hektaar is nou krities en so ook elke rand per ton in koste of prys.
Daar is geen waarborge dat 2019 ’n beter jaar gaan wees nie, maar
na 2018 is ons almal emosioneel sterker. Ons het saam ’n uiters
uitdagende 2018 gehad. Tog is ons daardeur. In graanboerdery het
’n mens nie net ’n sterk balansstaat nodig nie, maar ook ’n sterk
emosionele balansstaat. Ons huwelike, gesinne en gemeenskap het
dit ook nodig. Ons spandeer menige ure aan ons besighede, maar
konsentreer maar min op ons eie ontwikkeling. Ons moet aandag
daaraan skenk om groter kapasiteit te bou ten einde al die uitdagings
te kan hanteer. Maak seker dat daar in 2019 iets op jou program
is om in jou eie vaardighede te belê ten einde ’n beter produsent,
huweliksmaat en ouer te wees. As ek so na die tydperk in ons land
se geskiedenis kyk, is dit juis die mensvaardighede wat ons in
sulke uitdagende tye kan deurtrek.
Graan SA het ten doel om hierdie jaar weer so naby as moontlik
aan ons lede te beweeg sodat ons presies sal weet waar ons ’n ver-
skil kan maak. Ons wil dan al ons kennis, hulpbronne en verhoudings
aanwend om oplossings vir dié uitdagings te vind. Om voor te loop
in onstuimige tye soos hierdie vereis nie net dapperheid nie, maar
ook oneindige wysheid. Moet asseblief nie ophou om vir ons leiers
te bid nie. Ons is saam met julle in die stryd.
Sterkte vir 2019!
Winsgewendheid bo-aan
Graan SA se 2019-lysie
JANNIE DE VILLIERS,
HUB/CEO
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
“
“
Om dit te doen,
het ons mekaar nodig
en daarom gaan
Graan SA alles in
die stryd werp om ’n
paar nuwe boustene
vir landbou te pak.
Januarie 2019
4