Previous Page  80 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 80 / 140 Next Page
Page Background www.nampo.co.za

78

Graan|Grain

produkinligting

N

WK is die oudste landboumaatskappy in die land en

sal op 4 Mei vanjaar sy 110de bestaansjaar vier. Hoe­

wel Senwes en Suidwes ook in 2019 hierdie groot myl-

paal gedenk, is NWK ’n rapsie ouer as hulle.

Die maatskappy het ’n beskeie begin en ’n kleur-

ryke geskiedenis. Dit is op 24 April 1909 gestig, en op

4 Mei daardie jaar amptelik as De Lichtenburg Coöperatieve Land-

bouw Maatschappij onder die Co-operative Societies Act no. 17 of

1908 geregistreer.

Landboukoöperasies het in 1909 soos paddastoele verrys om-

dat produsente na die sluit van die Vrede van Vereeniging in 1902

tot uiterste armoede gedwing is. Die koöperatiewe beweging het

sy oorsprong in Denemarke gehad en die Transvaalse regering het

gevolglik die hulp van ’n Deen, Stilling Anderson, ingeroep. Produ­

sente het besef dat die beste manier om produksie behoorlik aan te

help en te kanaliseer, deur koöperatiewe optrede was.

NWK moes tydens die onderskeie dekades talle uitdagings in ’n

toenemend moeilike ekonomiese klimaat die hoof bied. Mnr Theo

Rabe, hoof uitvoerende beampte, skryf dié maatskappy se oorle­

wing toe aan ’n konserwatiewe benadering tot besigheid, gesonde

oordeel en positiewe kontantvloei.

“Ons is geseën met kundige en lojale direksielede en personeel

wat ’n geweldige invloed op die onderneming gehad het. Ons het

sterker anderkant uitgekom. Hierdie kon ook nie gebeur het sonder

ons Hemelse Vader wat ons uit genade bygestaan het nie,” het Theo

bygevoeg.

Hul hersiende visie – jou dinamiese vennoot in ’n veranderende

besigheidsomgewing – behels dat die maatskappy klantgerig is.

Daar word besef dat in ’n toenemend kompeterende mark, uitne-

mende klantediens van onskatbare waarde is.

Nuwe maatskappykultuur

Theo en die hoof van transformasie, Benedict Modise, het in

Januarie en Februarie vanjaar meer as 2 700 kilometer afgelê en

64 sessies by die maatskappy se onderskeie bedryfspunte in Noord-

wes, Mpumalanga en Gauteng aangebied waartydens hulle dié

hersiende strategie aan sowat 1 350 werknemers verduidelik het.

“Dit is só ’n belangrike konsep, dat ons self hierdie boodskap

aan werknemers moes bring,” het Theo verduidelik. “Dit is ’n kultuur

wat van binne geskep word. Werknemers moet innoverend, doel-

gerig en dinamies wees om tred te hou met klante se veranderende

behoeftes.”

NWK glo daaraan om ’n agent van positiewe verandering te

wees vir die gemeenskappe waarbinne dit sake doen.

Die jeug se onderrig lê die maatskappy na aan die hart. Hulle

het sewe jaar gelede, in samewerking met Noordwes-Universiteit se

Potchefstroomkampus, die Ikateleng-projek (dit beteken bemagtig

jouself) van stapel gestuur. Dit is daarop gemik om matriekuitslae te

verbeter en toelating tot tersiêre instellings te verhoog.

2018 se top 18-matriekleerlinge van die Ditsobotla-distrik, is

in Januarie tydens ’n spoggeleentheid vereer. Elkeen het ’n

skootrekenaar van die maatskappy ontvang wat hulle nou vir hul

tersiêre studies kan aanwend.

Die NAMPO Oesdag vind in NWK se verjaarsdagmaand plaas

en klante kan uitsien na lekker winskopies en ’n wye reeks produkte

om dit saam met hulle te vier. Kom besoek gerus NWK Retail se stal-

letjie in die NAMPO-saal.

Daar sal iets wees vir die hele gesin – van gebruiksartikels tot

die nuutste modes vir jou gunsteling buitelug-aktiwiteit. Dit sluit in

Cat-stewels vir mans en vroue; Jeep-stewels vir vroue; Salomon

Speedcross 4-skoene vir mans en vroue; Kaufmann-bottelflesse,

-kompakte kampeerstoele, -koelsakke en -herlaaibare soekligte;

Jeep-pette; Toms-materiaalhoede; Hawke-teleskope, -verkykers

en -laserafstandmeters; Buffalo River-sesstukslagstelle; Tramontina-

messe; Buzz-koelhouers; Silent Hunter-knaldempers; Tarzan Limpopo-

vellies; Canvas-koelhouers; Tonglite-braaitange; Addis- opvoubare

trolliekratte; Titan-boeregereedskapstelle; Tradequip-sweismasjien-

omskakelaars (

inverter welders

) en

auto darkening

-sweishelms;

Artemis-luggewere en KWC-CO

2

-pistole; Cytac-handwapenholsters

en vele meer.

Lede van die NWK-lojaliteitsprogram gaan nóg meer voordele

uit dié unieke program kan put tydens NAMPO. Diegene wat tydens

die Oesdag en tot einde Mei vir die Lojaliteitsprogram registreer,

kan ’n prys ter waarde van R3 000 wen. Enige geregistreerde klant

wat tydens NAMPO by die NWK Retail-stalletjie koop, kan boonop ’n

koopbewys ter waarde van R15 000 van Lekkeslaap losslaan.

Verder kan alle klante wat aankope by die stalletjie doen,

’n deel van meer as R20 000 se pryse wen. Diegene wat vir die

Lojaliteitsprogram geregistreer is, kom boonop ook in aanmerking vir

die Lekkeslaap-geskenkbewys.

Nicolene Smalman,

NWK

NWK Retail se stalletjie by vanjaar se NAMPO Oesdag sal iets vir elke

smaak hê! Vriendelike verkoopspersoneel staan gereed om jou met

enige navraag by te staan.

Suid-Afrika se oudste

landboumaatskappy vier

110de verjaarsdag

P

2019