Previous Page  86 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 86 / 140 Next Page
Page Background

84

www.nampo.co.za

Graan|Grain

P

2019

AKTUEEL

M

et die name van vermoorde landbouers wat reeds

op die Muur van Herinnering gegraveer is en tien-

talle name wat jaarliks tot dié lys bygevoeg word,

kan ’n mens verstaan waarom daar na dié monu-

ment as Suid-Afrika se “moordmuur” of die “muur

van trane” verwys word.

Tydens die NAMPO Oesdag is daar een besoekpunt wat alle

Oesdaggangers se gemoed diep raak. Dit is die Muur van Herinne­

ring wat op die NAMPO-terrein opgerig is as ’n monument ter nage­

dagtenis aan die produsente, familie en plaaswerkers wat sedert

1987 in plaasaanvalle in Suid-Afrika vermoor is.

Sedert 1987 tot einde Februarie 2019 is daar ’n skokkende 2 540

plaasmoorde gepleeg. Vyf hiervan was vanaf begin Januarie tot

einde Februarie vanjaar.

Agtergrond oor die monument

Die monument wat op 7 Maart 2002 onthul is, het drie regop suile

wat die slagoffers simboliseer aan die hand van mans, vroue en

kinders wat vermoor is en ondervang ook die gesinsverband waar

’n hele gesin tydens ’n plaasaanval gesterf het. Die mure is van yster­

klip en het swart granietpanele waarop al die vermoordes se name

aangebring word.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Bring hulde by die

“muur van trane”

Naasbestaandes en vriende

van plaasaanvalslagoffers

kan op die gedenkmure

gaan seker maak dat hul

name korrek aangedui is.

Besoekers aan die Oesdag

kan gerus die muur gaan be-

sigtig om eer te betoon aan die

slagoffers van plaasaanvalle. Die

Hennenman Boerevereniging wat

verantwoordelik is vir die Muur van

Herinnering sal dit ook waardeer indien

naasbestaandes envriendevan slagoffers

van plaasaanvalle kan seker maak dat

die name wél op is en ook korrek op die

gedenkmure aangedui word. Geskrewe

regstellings kan aan die Hennenman

Boerevereniging ge-e-pos word by

henboer@gmail.com .

Belangstellendes en persone wat graag ’n donasie wil maak, kan

die vereniging se voorsitter, mnr TP Kleynhans, skakel by 082 477 0224

of e-pos by

henboer@gmail.com .

Gedurende die NAMPO-week is

die sekretaresse van die Hennenman Boerevereniging, me Riana

Claassens, elke dag beskikbaar by die kantoor van die Muur van Herin-

nering vir navrae, regstellings of ontvangs van donasies. Daar is ook ’n

Facebook-bladsy, Muur van Herinnering, opgestel. Die webadres vir

hierdie monument is

www.muur.co.za .