Previous Page  77 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 77 / 140 Next Page
Page Background

75

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

E

ffektiwiteitsverskille tussen stikstof (N)-bronne gee aanlei-

ding tot opbrengsverskille oor lokaliteite en jare wat ook

in terme van winsverskille verreken kan word. Ook verskil

N-bronne in die mate en posisie in die grond waar dit ver-

suring veroorsaak, dit bring winsverskille mee en ook ’n be-

sparing in bekalkingskostes (Adriaanse,

SA Graan/Grain

,

September 2017).

Die klimaat, grond en bewerkingspraktyke kan normale effekti-

witeitsverskille tussen N-bronne só beïnvloed en dus is die keuse van

die N-bron uiters belangrik.

Toksiese effekte

Ureum-N, maar ook in ’n mindere mate ammonium-N, is toksies

vir plante by hoë konsentrasies. Onder droë omstandighede sal

gekonsentreerde ureum omskakel na ammoniakgas wat wortels

sal brand. Indien genoeg vog in die grond voorkom, sal die ammo­

niakgas in die grondwater oplos om ammonium te vorm. Gekonsen-

treerde ammonium-N sal nie vinnig na nitraat-N omgeskakel word

nie, omdat dit ook toksies is vir die bakterieë wat die omskakeling

moet doen. Opbrengs sal betekenisvol verminder wanneer slegs

ammonium-N teenwoordig is, teenoor ’n kombinasie van nitraat-N

en ammonium-N, maar dit sal nie tot dieselfde mate as ureum mor-

taliteit van saailinge veroorsaak nie.

Plantestandverlies by 100 kg N/ha wat 5 cm tot 10 cm direk

onder 1,5 m-wye mielierye geplaas is, was 13 300 plante/ha (66%) vir

KAN en 4 800 plante/ha (24%) vir ureum (Adriaanse, 1991).

Mielie-opbrengs oor N-peile (15 tot 155 kg N/ha) onder droë om-

standighede, wat met plant 15 cm tot 20 cm weg van 1,5 m-wye rye

en 10 cm diep (nie as plantmengsel nie) geplaas is, was 1,81 t/ha vir

ureum en 5,01 t/ha vir KAN. Die opbrengs by die KAN-behandeling

was 177% meer as by ureum (Adriaanse,

SA Graan/Grain

, Julie 2016).

Onder normale omstandighede was die opbrengs 5,5% beter by

die lokaliteit tot soveel as 13,6% by ander lokaliteite (Adriaanse,

SA Graan/Grain

, Julie 2017).

Die bandplasing van ureum hou ’n groot risiko van opbrengs­

verlies weens toksisiteit in wanneer dit droog is na toediening. Dit

was nie die geval met KAN nie. ’n Urease-inhibeerder wat saam met

ureum gebandplaas word, sal toksisiteit verminder, maar ook die

beskikbaarheid van ureum vir plantopname vertraag.

Vervlugtiging

Vervlugtiging in die vorm van ammoniakgas kom baie meer voor

met ureum en DAP wat die onmiddellike grond-pH verhoog as met

produkte soos KAN en MAP wat dit nie doen nie.

Grond se pH het ’n groot invloed op die ammoniakvervlugtiging

van die verskillende N-bronne. Met ’n grond-pH(H

2

O) van 6,5 tot

9,1, het ureumvervlugtiging met 17,1% (6,5% tot 23,6%) en KAN-ver-

vlugtiging met 6,9% (1,7% tot 8,6%) toegeneem (Du Preez & Du Toit

Burger, 1986).

Die verhoging in temperatuur van September tot Oktober het

ureumvervlugtiging in Argentinië met 37% (8% tot 45%) en KAN-ver­

vlugtiging met 1,2% (0,3% tot 1,5%) laat toeneem (Fantanetto, 1995).

Plantreste verhoog die vervlugtiging van ureum en nog meer

wanneer dit fyn gemaal is, terwyl dit nie die geval met KAN is nie.

Waar suikerrietreste gemaal is, het ureumvervlugtiging met 31%

(15,8% tot 46,8%) toegeneem, terwyl KAN-vervlugtiging met 0,87%

(0,2% tot 1,07%) toegeneem het (Nixon

et al.

2005).

Die gebruik van urease-inhibeerders saam met ureum sal

waarskynlik vervlugtiging verminder en ook die opbrengs verhoog.

KAN-vervlugtiging behoort steeds veel minder as dié van ureum

plus urease-inhibeerders by ’n hoë pH, hoë temperatuur en baie

plantreste te wees en daarom word ’n hoër opbrengs steeds met

KAN verwag.

Loging

Loging van N-bronne wat goed wateroplosbaar is, maar geen lading

het nie (ureum-N) of wat negatief gelaai is (nitraat-N), is baie meer

as die loging van N-bronne wat positief gelaai is (ammonium-N).

Meer as 85% van ureum-N en nitraat-N sal waarskynlik naby die vlak

van waterpenetrasie voorkom, terwyl meer as 85% van ammonium-N

in die boonste 15 cm grond sal voorkom nadat dit op die oppervlakte

toegedien en dadelik ingewas is (Broadbent

et al.

1958).

Aangesien nitraat-N baie vinniger opgeneem word as ureum-N,

sal nitraat-N in effek ook minder loog as ureum-N. KAN wat uit 50%-

ammonium-N en 50%-nitraat-N bestaan, sal ook baie minder loog en

vinniger opgeneem word as ureum-N.

Urease-inhibeerders wat ureumtoksisiteit en -vervlugtiging ver-

minder, sal waarskynlik ureumloging bevorder en beskikbaarheid

vir opname vertraag. Onder sekere omstandighede sal urease-

inhibeerders dus opbrengs verhoog, maar onder ander omstandig­

hede hou dit ook die risiko in dat dit opbrengs kan verlaag.

Versuringseffekte

Die hoeveelheid kalk wat in die bogrond benodig word om

een kg N te neutraliseer, is 3,57 kg vir ureum en 1,12 kg vir KAN

(Fertasa, 2016). Ureum sal in teenstelling met KAN en ammoniumsul-

faat ondergrondsuurheid veroorsaak – dit is duurder, moeiliker en kan

selfs onmoontlik wees om te neutraliseer. Met ’n toename in reën en

besproeiing sal die ureum dieper in die ondergrond verplaas word

en ondergrondsetsuurheid veroorsaak. Dié eienskap van ureum

hou ook die risiko in dat geenbewerkingspraktyke gestaak sal moet

word om ondergrondsuurheid aan te spreek.

Let wel: Raadpleeg ’n gekwalifiseerde landboukundige vir meer

lokaliteitspesifieke toepassings.

Dr Erik Adriaanse,

bestuurder: produkontwikkeling en tegniese ondersteuning, Sasol

Verminder risiko’s deur

die regte keuse van ’n

stikstofbron

P

2019