Previous Page  84 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 84 / 140 Next Page
Page Background

82

www.nampo.co.za

Graan|Grain

G

raan SA is bevoorreg dat verskeie veterane van ’n eeu of ouer in die

landboubedryf jaarliks as uitstallers teenwoordig is by die NAMPO

Oesdag. Daar word graag erkenning gegee aan die deuslaggewende

rol wat hulle oor die jare in die suksesverhaal van NAMPO gespeel het.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Landbouveterane

staan hul skoene vol

P

2019

“Ons wil aan kliënte en sakevennote hulde bring ter erkenning van ons 110de

verjaarsdag vanjaar. Hierdie mylpaal is te danke aan ’n besigheidsmodel gegrond

op geïntegreerde oplossings ten einde toegevoegde waarde vir kliënte tydens tye

van voor- en teëspoed te bring,” sê die hoof uitvoerende beampte van Senwes,

mnr Francois Strydom.

“Binne die huidige onsekerhede van die landbousektor is dit belangrik dat land-

boumaatskappye soos Senwes stabiel en innoverend bly. Baie dankie aan elkeen

wat deur die jare by ons gestaan het,” het hy gesê.

Senwes is reeds ’n uitstaller vanaf die heel eerste NAMPO. Dit is nie verbasend

dat hierdie NAMPO-veteraan verantwoordelik was vir die jaarlikse instelling van

Nasie in Gesprek

en verlede jaar ’n silwer toekenning vir sy uitstalling ontvang het nie.

Senwes – 110 jaar

NWK moes tydens die afgelope elf dekades talle uitdagings in die landbou-omge­

wing die hoof bied. Mnr Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte, skryf dié maat-

skappy se oorlewing toe aan ’n konserwatiewe benadering tot besigheid, gesonde

oordeel en positiewe kontantvloei.

Die maatskappy glo ook daaraan om ’n agent van positiewe verandering te wees

vir die gemeenskappe waarbinne dit sake doen. “Dit is ’n kultuur wat van binne geskep

word. Werknemers moet innoverend, doelgerig en dinamies wees om tred te hou met

klante se veranderende behoeftes. Ons is egter geseënd met kundige en lojale direk-

sielede en personeel,” sê Theo.

Die NAMPO Oesdag vind in NWK se verjaarsdagmaand plaas en ten einde dit

saammet hulle vriendelike personeel te vier, kan Oesdaggangers uitsien na winskopies

en ’n wye reeks produkte.

NWK – 110 jaar

Suidwes Landbou het van ’n klein begin gegroei tot ’n gerespekteerde, wêreldklas-

maatskappy wat op vele terreine ’n leiersrol vervul. Suidwes het ontstaan deur pro-

dusente, vir produsente, en die rede vir sy voortbestaan kan daaraan toegeskryf

word dat hy ten alle tye vir sy aandeelhouers en klante tot diens is en vir hulle waarde

toevoeg.

Vandag is Suidwes ’n moderne, vooruitstrewende en dinamiese landboubesig-

heid met ’n duidelike toekomsvisie. Dít, saam met deeglike beplanning en doeltref-

fende bestuur, plaas hulle in ’n gunstige posisie om enige uitdaging die hoof te bied.

Die NAMPO Oesdag is ook ’n belangrike skakel in die geskiedenis van Suidwes

Landbou. Dit bied ’n belangrike vertoonvenster om te bemark en skouer te skuur met

produsente en aandeelhouers.

Suidwes Landbou – 110 jaar

Die man wat 108 jaar gelede Suid-Afrika se

eerste weeklikse tydskrif, naamlik ’n boere­

joernaal genaamd

Farmers Weekly

, begin

het, was mnr John Roderick. Die beplanning

en bekendstelling van die tydskrif is egter aan

mnr Thomas Mackenzie toevertrou en die

eerste, beskeie 20-bladsy-uitgawe het die

oggend van 15 Maart 1911 verskyn.

Deur die jare het

Farmers Weekly

sy

onderneming om ’n bydrae tot die gesonde

ontwikkeling van Suid-Afrikaanse landbou te

lewer, gestand gedoen. Die tydskrif se langter-

mynsukses is ’n bewys van die belangrike

rol wat landbou nog altyd in Suid-Afrika

gespeel het.

Dit is te danke aan wêreldklaslandbou-

media en gebeurtenisse soos NAMPO dat

Suid-Afrikaanse produsente op hoogte bly van

nuwe plaaslike en internasionale tendense en

sodoende gereken word as van die beste pro-

dusente in die wêreld.

Farmers Weekly

– 108 jaar

“Santam het meer as 100 jaar se bateverse­

kering- en 90 jaar se oesversekeringservaring

agter die blad. As die voorste landboukortter-

mynversekeraar maak ons ook voorsiening vir

produsente se spesialisversekeringsbehoeftes,

byvoorbeeld die versekering van swaar ver-

voer, gastehuise, wild en lugvaart,” sê mnr Niel

Esterhuyse, bemarkingsbestuurder van Santam

Landbou.

Santam is ook die enigste Suid-Afrikaanse

versekeraar met ’n wetenskaplike, eksperimen-

tele plaas wat diepgaande haelskadesimula­

sienavorsing op gewasse uitvoer om akkurate

skade-aanslae te verseker. Die navorsing be-

hels spesifieke ontledings van gewasskade by

verskillende groeistadiums wat uniek is aan

Suid-Afrika se klimaat, grond en kultivars.

"Ons is ook trots om met NAMPO, wat die

grootste en doeltreffendste vorm van kom-

munikasie van moderne tendense en ontwik-

kelings in die landbousektor is, geassosieer te

word,” sê Niel.

Santam – 101 jaar