produkinligting
77
www.nampo.co.zaGraan|Grain
produkinligting
H
i-Tec, as ’n leier in buiteleweskoene en -klere, lewer al vir
45 jaar kwaliteit en vakmanskap in alles wat ons doen! Van-
jaar gaan ons weer eens feesgangers se verwagtinge
tydens die jaarlikse NAMPO Oesdag, wat vanaf 14 Mei
tot 17 Mei plaasvind, oortref.
Ons stalletjie in die Santam-saal sal ons staatmakerskoene
en ’n wye reeks klere teen billike pryse beskikbaar hê – iets wat in elkeen
se smaak sal val. Maar ons gaan ook die jongste modeneigings te koop
aanbied vir diegene wat ’n aktiewe leefstyl volg.
Ietsie mooi vir die NAMPO-nooi
Dames kan op die uitkyk wees vir ons nuwe klerereeks vir die aktiewe vrou,
spesiaal ontwerp vir Suid-Afrikaanse omstandighede en vervaardig van
gehaltemateriaal met beter en stylvolle snitte. Die LEO-reeks, kort vir ‘
Live
Extraordinary
’, is geskik vir ‘elke dag’-vroue in hul daaglikse lewe. Vir dié
winterseisoen is elke item in die LEO-reeks in nuwe modekleure (pastel
pienk, pers en blou) met bykomende ontwerpdetail beskikbaar.
Baadjies vir die koue seisoen
Ons nuwe geïsoleerde baadjies is die perfekte item om te meng en pas
met jou bestaande klerekas. Vir mans bied ons die Novara en vir vroue die
Lady Neva – moderne, modieuse dog gemaklike en warm opsies – maak
nie saak waarheen jou avontuur jou neem nie. Dié baadjies is gevul met
poliëster-mikrovesel en is afgewerk met ’n pasgemaakte voering om hitte
binne te hou.
Duursame skoenreekse
Die Altitude Chelsea Ultra is een van ons gewildste verkopers tydens
NAMPO en sal weer eens beskikbaar wees.
NAMPO Oesdag is ’n heerlike gebeurtenis op die jaarlikse land-
boukalender en ons wil dit so feestelik as moontlik maak met ons
uitgebreide reekse wat te koop aangebied
word teen spesiale pryse vir die
duur van die skou. Kom vier
fees op die Hi-Tec-
manier tydens die
NAMPO Oesdag
in die Santam-
saal by stalletjie
10 en 11.
Andrea Engelbrecht,
Hi-Tec
Nuwe
kleretendense
by NAMPO
Die Hi-Tec LEO
Anorak met ’n
blommotief.
’n Hi-Tec LEO Legging
met ’n blommotief.
’n Snoesige Lady Neva-
baadjie vir dames.
Die Hi-Tec Novara-baadjie
vir mans.
P
2019