Previous Page  128 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 128 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

www.nampo.co.za

126

Graan|Grain

B

y BASF Landbouoplossings is ons toegewy aan boerdery.

Ons word gedryf deur ’n passie vir dit wat ons die beste

doen: Boer! Ons ken die land en verstaan die klimaat.

Ons glo ook dat ’n Suid-Afrikaanse produsent goud werd

is. Produsente produseer voedsel vir ons land en met die

groeiende bevolking raak boerdery toenemend belang­

rik vir die versekering van ’n volhoubare toekoms.

Die talle uitdagings van die

Suid-Afrikaanse produsent

Ons besef dat die Suid-Afrikaanse produsent op ’n gereelde basis

deur talle uitdagings in die gesig gestaar word. Die langtermyndoel

van enige boerdery is om winsgewend te wees. Vir produsente om

hoë winsgewendheid te toon, verg groter opbrengste en goeie kon­

tantvloei.

Dit gaan ook gepaard met die behoefte aan verhoogde

produksiedoeltreffendheid en ’n groter druk om hoëkwaliteitoeste te

lewer vir beide plaaslike en internasionale verbruik. Volhoubaarheid

in boerdery word ook al hoe belangriker vir die versekering van voor­

spoed vir toekomstige generasies. Op ’n sosio-ekonomiese vlak het

die produsent die noodsaaklike rol om voedselsekuriteit vir die nasie

te verseker. Hy dra ook tot ’n groot mate by tot die ekonomie as ’n

werkgewer, beide óp die plaas en in die plaaslike landbou-industrie.

Hierdie uitdagings word bemoeilik en vererger deur makro-ekono­

miese tendense wat buite die produsent se beheer is. Dit sluit onder

meer in: Klimaatstoestande, wisselkoersfluktuasies, internasionale

markte en markpryse asook die plaaslike en internasionale politieke

omgewing.

Jou vennoot ten alle tye, in enige omstandighede

BASF en die Suid-Afrikaanse produsent loop al ’n lang pad saam. Ons

hoofdoelwit is om die produsent se vennoot te wees en hom te onder­

steun op alle vlakke van plaasbestuur in goeie en uitdagende tye.

Op ’n wêreldwye vlak het ons ’n baie belowende ontwikke­

lingspyplyn met talle nuwe beplande oplossings vir die toekoms. In

2017 is sowat €507 miljoen belê in die navorsing en ontwikkeling van

hierdie innovasies. Plaaslik is daar ook in die afgelope twee dekades

verskeie tegnologies-gevorderde oplossings aan die Suid-Afrikaanse

mark bekend gestel, soos Abacus

®

Advance, Bellis

®

, Cabrio

®

, Stellar

®

Star, Intelex

®

, Euro-Lightning

®

Plus, Sercadis

®

, Eragon

®

en Treevix

®

. Ons

AgCelence

®

-oplossings verseker hoëkwaliteitgewasse (veral vir die

uitvoermark) en ’n toename in op­

brengs deur middel van verhoogde

plantgroeidoeltreffendheid, uitste­

kende siektebeheer en hoër tole­

ransie teen stremming.

Reeds vir baie jare word hier­

die oplossings aan produsente

bekend gestel deur die trots

Suid-Afrikaanse BASF-span. Ons

hoogs ervare tegniese span werk

saam met navorsingspanne in

Duitslandom sodoende gewasbe­

skermingsoplossings te ontwikkel

wat lei tot optimale resultate vir

Suid-Afrikaanse toestande. Ons

verkoopspan is regoor die land versprei met die hoofdoel om pro­

dusente op grondvlak te ondersteun. “Ek is oortuig daarvan dat ons

van die beste tegniese en verkoopspanne in die industrie het. Jare

se ondervinding en ’n absolute passie vir boerdery plaas ons op die

voorgrond van Suid-Afrikaanse landbou,” sê mnr Bright Breytenbach,

BASF landboubestuurder Suid-Afrika.

Ons is ook trots op die feit dat ons regtig na die industrie luister.

Ter ondersteuning van produsente wat tydens 2017 se droogte finan­

siële verliese gely het in dele van die Kaap, het ons talle prysverla­

gings geïmplementeer om te verseker dat hulle in ’n uitdagende

seisoen steeds die nuutste tegnologie op hul gewasse kon gebruik. “Ons

glo dat inisiatiewe soos dié ons plaaslike produsente tot ’n groot mate

ondersteun het en ons sal voortdurend na nuwe geleenthede soek

6om ons belegging in Suid-Afrika verder te verhoog,” voeg Bright by.

Nóú gaan ons boer!

Met ’n globale pyplyn vol innoverende gewasbeskermingsoplos-

sings asook ’n lojale en ervare plaaslike span, is ons toegewy aan die

Suid-Afrikaanse produsent. Met die oog op die toekoms is dit nou die

tyd om verantwoordelik om te gaan met hulpbronne, doeltreffend

te produseer en voortdurend na volhoubaarheid te strewe.

Volhoubare plaasbestuursoplossings vír Suid-Afrikaners, déúr Suid-

Afrikaners – dit is ons leuse. BASF – Nóú gaan ons boer!

André Pretorius,

BASF Landbouoplossings

Nóú gaan ons boer!

Maatskappy op meer as een vlak

toegewy aan boerdery

Bright Breytenbach

BASF SA Hoofkantoor in Midrand.

P

2019