129
www.nampo.co.zaGraan|Grain
Dinsdag
gaan Mareli en Herman Lensing, wat verlede jaar ook
saamgekuier het op NAMPO Park, wenke vir koek en sjokolade deel.
Woensdag
kom wys sy hoe ’n kaaskoek met karamel en
spinsuiker eintlik moet lyk.
Donderdag
word daar geknie en plaasbrood gebak.
Vrydag
wys Mareli drie verskillende geure vir koeke met
geskikte versiering daarby.
AKTUEEL
P
2019
O
p 1 Januarie maak talle mense
nuwejaarsvoornemens: Om ge
wig te verloor, fiks te word, meer
te lees, ’n nuwe talent te ontgin
óf om net te ontspan. Volgens
bronne is daar teen 31 Januarie
minder as 25% wat steeds toegewy is aan hul
voornemens en op 31 Desember is daar ’n skrale
8% wat hul nuwejaarsvoornemens vervul het. Die rede hiervoor is dalk
dat mense nie geïnspireer voel om hul doelwitte te bereik nie.
Netwerk 24, die nuusplatform wat altyd byderhand is met al die
nuus, is weer die hoofborg van 2019 se Vroueprogram. Dames wat
die NAMPO Oesdag kom besoek, hoef dus nie saam met manlief na
die platform vir sy landboutoekoms te soek nie, maar kan daagliks
tussen 09:00 en 15:00 stelling inneem voor die platform in die wit tent
naby die Polkadot-teetuin.
Die verskeidenheid op vanjaar se Vroueprogram sal jou inspireer
om die onvervulde voornemens wat jy graag wou bereik, doelgerig
te laat realiseer.
Kry daaglikse inspirasie uit die Woord
Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder, Jannie de Villiers, se vrou,
Retha, gaan dames krag vir die dag gee met ’n besondere boodskap
uit die Woord. Retha het ’n passie en roeping vir die opbou en ontwik
keling van Christenvroue. Sy is deel van ’n internasionale vrouebe
diening, “Revive our hearts, South Africa”, wat vroue help om God se
roeping vir hul lewens te ontdek en om hierdie waarhede ook doel
bewus aan die volgende generasie oor te dra. Die stukkie inspirasie
sal die program, wat om 09:00 begin, open.
Moenie onnodig koop nie
Nadine Vosloo, kreatiewe en bemarkingsdirekteur van Tjhoko Paint,
gaan elke dag demonstreer hoe maklik dit is om iets wat jy wou
vervang, te omskep in iets nuuts met die gebruik van haar trots Suid-
Afrikaanse verf. Sy en haar man, Jaco, is die derde generasie in hul
familiebesigheid. Daar vervaardig hulle sedert 2002 muur- en dak
verwe van topgehalte, wat as Paint Master bemark word.
In 2016 het sy ’n geleentheid in die mark gesien vir ’n unieke kryt
basisverf. Jaco moes dié verf volgens haar vereistes skep: ’n Krytverf
sonder ’n kryterige oorskot of wakslaag met ’n romerige tekstuur wat
maklik aanwend. Boonop moes ’n kleurskema wat gemoedere met
opgewondenheid vul, ook uitgedink word.
Tans is hulle in vennootskap met die tydskrifte,
Tuis
en
Idees
asook
die Via- en Home-kanale op DSTV. Tjhoko is in Namibië, Zimbabwe en
Nieu-Seeland beskikbaar en binnekort ook in Amerika.
Benut jou kombuis
Die bedrywige boervrou, Mareli Visser van Douglas in die Noord-Kaap,
het bekend geword as die wenner van kykNET se tweede
Koekedoor
-
kompetisie. In haar gewilde program op die VIA-kanaal,
Die Koektannie
SA Graan
/
Grain
redaksiespan
Vroueprogram
Gee jou vergete voornemens nuwe lewe
Retha de Villiers gaan die
vroueprogram elke oggend
open met ’n besondere
boodskap uit die Woord.
gee raad
– waarvan daar reeks
drie reekse gebeeldsend is – nooi
sy vriende en kennisse uit om saam
met haar te bak en gee hulle dan sommer
’n bietjie raad.
Mareli het ’n huishoudkundegraad en leef haar liefde vir
bak en brou ook uit by haar onthaalsentrum, Casa Mila, op die
Vaalrivier buite Douglas. As iemand daar trou, maak Mareli die kos,
doen die blomme en alles anders wat benodig word. Al het sy self
nie ’n vreeslike soettand nie, kan Oesdaggangers gereed maak om
haar as “koektannie” in aksie te sien met haar soetgoed.
Tyd vir ’n glansvriendin
Michelle van Breda, die stylvolle redakteur van die grootste
glansvrouetydskrif in Suid-Afrika,
Sarie
, kom ook vanjaar saam
kuier in die wit tent. Voordat sy in 2001 redakteur geword het, was
sy die skoonheidsredakteur van
Sarie
en ook vroueredakteur by
Beeld
. Haar lewenservaring, wat ook ’n klipperige pad ingesluit
het, maak haar ’n gesogte motiveringspreker by geleenthede.
Sy het ’n wonderlike sin vir humor en is mal oor mense wat maklik
kan lag. Kom sit betyds aan om te hoor wat dié aantreklike don
kerkop met
Sarie
-lesers wil deel.
Kom leer by die meester wat jou met haar droom wil inspireer:
Dinsdag
: Herwin in styl: Jy gooi weg – ons ruk reg!
Woensdag
: Die kombuis maak die huis.
Donderdag
: Dek die perfekte tafel vir enige geleentheid.
Vrydag
: Verander ’n ou meubelstuk in ’n pragstuk.
>
Kom kyk hoe
Nadine Vosloo
in styl herwin.
Die koektannie, Mareli Visser,
deel daagliks “raad” uit haar
kombuis met Oesdaggangers.