Previous Page  124 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 124 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

122

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

“A

anstap Rooies” sal vanjaar by NAMPO weer

eens aansienlik uitgeskakel word omdat daar

vir diegene vir wie die pad lank en swaar

word, nog meer waentjies beskikbaar gestel

gaan word om moeë voete te laat rus.

Hierdie diens is ’n paar jaar gelede in­

gestel omdat NAMPO Park oor die jare aansienlik uitgebrei het.

Derhalwe word daar verskeie vasgestelde

waentjieroetes aan besoekers ge­

bied. Alhoewel die vervoer­

stelsel vir almal se gebruik

beskikbaar is, sal daar

voorkeur aan ouer

persone en mense

wat moeilik loop,

gegee word.

Besoekers kan op die uitkyk wees vir

nege trekkerwaentjies wat drie verskil­

lende roetes sal volg. Die roetes word op

die NAMPO Parkterreinkaart aangedui

met rooi, blou en groen stippellyne. Daar

sal vanjaar ook weer ’n waentjie wees wat

net tussen die saadplotte en die Roode­

bank Saadkompleks loop.

Elkeen van die waentjies is gemerk

met ’n gekleurde plakker wat ooreen­

stem met die kleur van die roete op die

terreinkaart. Sommige van die waentjies is

met twee gekleurde plakkers gemerk, wat

aandui dat die waentjie ’n oorvleuelende

roete volg. Besoekers moet in gedagte

hou dat vasgestelde roetes vir die trekker­

waentjies aangedui is waarvan daar nie

afgewyk kan word nie.

Die waentjies stop by spesifieke punte,

wat deur gekleurde bordjies aangedui

word op die onderskeie roetes, ten einde

Oesdaggangers af te laai of ’n geleent­

heid na elders op hul roete te bied. Be­

soekers moet dus op die uitkyk wees vir die

bordjies van die drie onderskeie roetes en

seker maak dat hulle by die regte bordjie

wag om opgelaai te word. Hierdie punte

word met kleurblokkies op die roetekaart

aangedui en daar sal ook voorsiening

gemaak word vir sitplek by die onderskeie

punte.

Meer waentjies vanjaar

Nogmeer waentjies word vanjaar goedguns­

tiglik geborg deur verskeie instansies sodat

daar meer as een waentjie aan ’n trekker

gehaak kan word – en nog meer mense vin­

niger vervoer kan word. Minstens agt instan­

sies borg vanjaar waentjies. Hulle is:

Rooi Roete: Terratill, Afrit en Avant Man

Distributors

Blou Roete: SA Truck Bodies en Valtrac

Groen Roete: Northmec en Argo Indus­

trial (twee waentjies)

Monsanto sal ook vanjaar weer ’n

waentjie borg wat van die Roodebank

Saadkompleks na die saadplotte en

terug sal loop.

Die beste praktyk is natuurlik om met behulp

van die NAMPO-terreinkaart te beplan presies

waarheen jy wil gaan en dan op die waentjie

op die beste kleurroete te klim. Op hierdie

manier kan ’n besoeker die hele Oesdag

kafdraf sonder die las van moeë voete.

O,

moeë voete,

vat ’n ruskans

Wees op die uitkyk vir die nege

trekkerwaentjies wat drie verskil-

lende roetes sal volg. Wag by

die spesifieke punte waar die

waentjies stop, om saam te ry.