Previous Page  126 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 126 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

124

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Opwinding

bruis op dié bane

A

drenalienverslaafdes en rowwe terrein-entoesiaste kan

weer uitsien na opwindende vertonings op die doel­

geboude hoofbaan en motorfietsbaan op NAMPO

Park.

4x4-baan

Mnr Toit Wessels (assistentbestuurder: NAMPO en Bemarking,

Graan SA) sê die meeste motorfabrikate wat in die land is, sal vanjaar

by die Oesdag uitstal. “Al die uitstallers wat viertrek- en sportnutsvoer­

tuie in hul reeks het, sal dit op die Standard Bank 4x4-baan demonstreer.

Ten minste drie nuwe voertuie, wat by NAMPO bekendgestel word, sal

op die baan te sien wees.”

Benewens demonstrasies twee maal per dag, kan Oes­

dagbesoekers ook die geleentheid kry om saam met die pro­

fessionele bestuurders te ry wanneer hulle voertuie op die baan

demonstreer. Belangstellendes kan by die standplaas van die

fabrikaat waarin hulle belangstel, registreer en ’n vrywaringsvorm

voltooi.

Mnr Danie Reichel, wat in beheer van dié baan is, benadruk

dat besondere klem op veiligheid by beide die 4x4-baan en die

motorfietsbaan gelê word.

Motorfietsbaan

Die Maxxis Adventure Track vir motorfietse, vierwielmotorfietse en

side-by-side’s

is ook nou volledig omhein. Hierdie baan, waarvan die

wielspore en hindernisse spesifiek vir motorfietse ontwerp is, is aan

die teenoorgestelde kant van die 4x4-baan langs die saadplotte

geleë.

Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking,

Graan SA) sê dié baan sorg altyd vir groot opwinding. “Verskeie

nuwemodelle se vaardighede sal vanjaar op diemotorfietsbaan

ten toon gestel word.”

Daaglikse demonstrasietye is soos volg:

4x4-baan – 10:00 en 14:00

Motorfietsbaan – 11:00 en 15:00

Tye

Belangstellendes kan Danie Reichel by

083 271 0124 vir meer inligting skakel.

’n Wye blik van die 4x4- en motorfietsbaan.

Met demonstrasies wat twee keer per dag by die onderskeie

bane plaasvind, kan besoekers verseker ’n tydjie in hulle besige

programme inruim om hier ’n draai te maak.