128
Graan|Grain
www.nexusag.net021-860 8040
KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING:
ONKRUIDDODERWEERSTAND NEEM
WÊRELDWYD DRASTIES TOE
BEPLAN GEÏNTEGREERDE ONKRUIDBESTUUR IN SAMEWERKING MET GEWAS ADVISEURS.
WAT IS GEÏNTEGREERDE ONKRUIDBESTUUR
? Geïntegreerde onkruidbestuur vereis ’n gediversifiseerde aanslag tot
landbou-onkruidbestuur deur verskeie strategieë saam te gebruik op problematiese onkruide. Dit laat produsente toe om
hul onkruidbestuursprogramme volgens hul eie behoefes te ontwerp, wat die koste, onkruid spektrum teenwoordig,
gewasse van belang en plaas werksaamhede in ag neem.
HOEKOM NOU?
Die beskikbaarheid van gerieflike, effektiewe en bekostigbare onkruiddoders, en verdraagsame
gewas-genetika, het produsente vir baie jare in staat gestel om onkruidbeheerprogramme op te stel gegrond op hul
behoees. Die toename in onkruiddoder-weerstandige onkruide het egter gelei tot problematiese onkruid-getalle, wat
nie meer met eenvoudige bestuursprogramme beheer kan word nie.
• Onkruide het weerstand ontwikkel teen 23 van die 26 bekende metode van werkings, en 166 verskillende onkruiddoders.
• Daar is tans 498 weerstandbiedende biotipes en 255 spesies (148 breëblaar en 107 grasse) wêreldwyd.
• Hardnekkige onkruide vereis toenemende gediversifiseerde beheer tegnieke vir doeltreffende bestuur.
’n Nexus
AG
Croplife-geakkrediteerde gewas adviseur bied maatpas gewasbestuursprogramme, wat elke produsent se unieke
omgewing en persoonlike omstandighede in ag neem, om volhoubare oplossings te bied vir die voorkoming van
onkruidweerstand ontwikkeling.
500
400
300
200
100
0
1950
1960
1970
1980
1990
2000
2010
2020
JAAR
AANTAL UNIEKE WEERSTAND GEVALLE
WÊRELDWYE TOENAME IN UNIEKE
WEERSTAND GEVALLE
140
120
100
80
60
40
20
0
1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015 2020
JAAR
AANTAL UNIEKE WEERSTAND GEVALLE
TOENAME IN UNIEKE ONKRUIDDODERWEERSTAND
GEVALLE PER GEWAS
MIELIES KORING SOJA RYS KATOEN
DIE VYF KOMPONENTE VAN GEÏNTEGREERDE ONKRUIDBESTUUR:
VOORKOMING
MEGANIES
KULTUREEL
BIOLOGIES
CHEMIES
Dra kennis van hoe
sleutel-onkruide
vermeerder en versprei,
en of daardie onkruide
voorkom in areas van
vanwaar die plaas
voorrade verkry.
Toerusting, mis, voer en
saad is primêre
onkruid-verspreiders.
Algemene meganiese
praktyke wat onkruidgroei
en -oorlewing belemmer,
sluit in aanplanting,
grondbewerking,
verbranding en
onkruid-uirek per hand.
Dit behels ook
opkomende tegnologie
soos oestyd
saad-vernietigers,
dekgewas-rollers en
robotiese skoffelaars.
Kulturele opsies is
gewasbestuur besluite
wat gewasse meer
kompeterend teenoor
onkruide maak, en dus
help om die
effektiwiteit van
onkruiddoder
toedienings te
verhoog.
’n Minder algemene
strategie is om
lewende hawe of
biologiese beheer
opsies soos insekte,
nematodes, swamme
en bakterieë te
gebruik, om onkruide
te teiken.
Chemiese onkruiddoders
speel ’n sleutelrol in
konvensionele en
sommige organiese
stelsels. Dit behels die
kombinering van
verskeie aktiewe in
tenkmengsels en die
afwisseling van aktiewe
tussen toedienings en
seisoene.