Previous Page  117 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 117 / 140 Next Page
Page Background

115

www.nampo.co.za

Graan|Grain

K

nopwortelaalwurm (

Meloidogyne

spp.) is ‘n patogeen

wat groot opbrengsverliese by sojaboonproduksie in

Suid-Afrika tot gevolg het. Die knopwortelaalwurmwyfie

(wat drie maande lank lewe) kan elke maand ’n groot

hoeveelheid eiers produseer – ongeveer 1 000 eiers per

eierpakkie.

Sy sal die wortel binnedring en migreer op soek na ’n guns­

tige area om op die weefsel te voed. Daar sal sy vir die res van

haar lewensiklus bly en ’n eierpakkie, bekend as galle, vorm.

’n Knopwortelaalwurmpopulasie kan eksponensieel toe­

neem oor ’n kort tydperk, juis omdat die wyfies so baie eiers

produseer. Hierdie aalwurms kan ook van geslag verander, af­

hangende van omgewingstoestande. Die uitbroei van eiers is

nie afhanklik van wortelafskeidings nie en daar is gevind dat

nie al die eiers onder gunstige omgewingstoestande sal uitbroei

nie. ’n Persentasie sal dus dormant in die grond bly en tot een

jaar daar oorleef om suksesvolle voortbestaan te verseker.

Die voorkoms van hierdie nematode is wyd verspreid oor

al die sojaboonproduksie-areas in Suid-Afrika en bereik ekono­

miese drempelwaardes in al hoe meer gebiede. Knopwortel­

aalwurm kan opbrengste drasties laat afneem, sonder dat

daar enige simptome van infestasie sigbaar is. Die verspreiding

daarvan vind maklik plaas, onder meer deur grond wat agter­

bly op implemente.

Bogrondse simptome van aalwurminfestasie word mak­

lik verwar met tipiese omgewingstressimptome soos droogte,

voedingstoftekorte of chemiese skade. Knoppe of galle sal

sigbaar wees op die wortels indien die infestasie baie hoog is

– vandaar die naam knopwortel. Ondergrondse simptome van

aalwurminfestasie word in die wortel gesien. Knopwortelaal­

wurm is geneig om in kolle voor te kom, wat dit makliker maak

om infestasie te identifiseer.

Baie produsente twyfel steeds of dit wel knopwortelaal­

wurm in hulle sojaboonlanderye is en of aalwurm ooit skadelik is

vir hulle gesaaides. Daar is egter ’n maklike manier om te toets

vir aalwurm, wat so vroeg as op die tweedeblaarstadium by

sojabone gedoen kan word.

Toets vir aalwurm

Benodigdhede

Graaf, moontlik besmette sojaboonplante, koekkleursel, water, hor­

losie, houer, maatbeker en teelepel.

Proses

1. Grawe die wortel uit met ’n graaf en laat val die grond om

die wortels stukkend teen die grondoppervlak (fyn wor­

tels bly maklik in die grond agter as die sojaboon uitgetrek

word).

2. Belangrik – hou die blare aan die plant.

3. Spoel al die grond van die wortels af met skoon water.

4. Meng een teelepel (5 ml) koekkleursel met 500 ml water.

5. Plaas die plant met sy wortelgedeelte in die gekleurde

water en los vir 20 minute.

6. Haal die plant uit die gekleurde water en spoel weer af met

skoon water.

7. Plaas die sojaboonwortel op ’n skoon, wit oppervlak sodat jy

duidelik kan sien of daar knoppe of galle teenwoordig is.

8. Kyk met die blote oog of gebruik jou slimfoon en zoem in

met die kamera indien dit nodig is.

Die verskil tussen knopwortelgalle en bakteriese nodules is dat ’n

nodule afgebreek en stukkend gedruk kan word terwyl die knopwor­

telgalle deel vorm van die wortel. Die hele wortel sal in die middel

deur breek as die knoppe of galle stukkend gedruk word.

Tolerante variëteite versus vatbare variëteite

Knopwortelaalwurm is ’n sittende, endoparasitiese nematode

waarvan getalle vinnig kan toeneem en tot ’n ernstige probleem

kan lei. Indien die knopwortelaalwurmbesmetting baie hoog is, sal

die plante vrek selfs voordat die produsent kan oes indien daar geen

beheermaatreëls toegepas word nie en die plante ook hoogs vat­

baar is.

Beheermaatreëls kan wel toegepas word. Chemiese be­

heer werk indien dit reg geïmplementeer word, sodat weerstand

daarteen nie ontwikkel nie. Die implementering van wisselbou

met die regte gewasse en verskeie biologiese beheermetodes

is alles bestaande opsies en dit moet ook gekombineer word

met ’n tolerante variëteit.

Plante bevat ’n geneties oordraagbare vermoë om natuur­

like toleransie te toon teen aalwurminfestasie. Indien ’n vatbare

kultivar geplant word, sal die aalwurmpopulasie aanhoudend

toeneem, maar indien ’n meer tolerante variëteit geplant word,

kan infestasie beperk word.

Pioneer-sojaboonvariëteite met ’n hoë toleransie teen

knopwortelaalwurm is P59T33R en P61T38R. Variëteite met ’n lae

toleransie is P64T39R, P48T48R en P71T74R. Kultivarkeuse speel

’n beduidende rol in die bekamping van oesverliese wat deur

knopwortelaalwurm veroorsaak kan word.

PR Janse van Rensburg,

landboukundige, Pioneer

Wortels wat met rooi koekkleursel gekleur is. Galle of knoppe

is sigbaar op die wortel onder ’n slimfoon se kameralens.

Knopwortelaalwurm

op sojabone

produkinligting

P

2019