Previous Page  119 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 119 / 140 Next Page
Page Background

117

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Christin Hunter,

Pannar

D

ie NAMPO Oesdag is ’n instelling vir Pannar: Van­

jaar vier ons ’n allemintige 45 jaar se betrokkenheid

by die Oesdag. NAMPO is ’n baie relevante platform

waar ons met plaaslike produsente sowel as gaste van

regoor Afrika suid van die Sahara saam kan verkeer.

Produsente word hartlik uitgenooi om ons stalletjie

te besoek.

Pannar bied ’n volledige gewasportefeulje gerig op alle bestuur­

style en boerderypraktyke – ons het die perfekte oplossing vir jou.

Ons formidabele geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en

medium basters bied uitstekende opsies vir produksie onder droëland

of besproeiing. Die ultravinnige pakket is versterk met drie nuwe uit­

sonderlike genetiese platforms, naamlik PAN 3R-724BR, PAN 3R-786BR

en PAN 3R-700BR, wat ’n aansienlike opbrengsverhoging bied. Dié

nuwe genetiese platforms het reeds ’n uitstekende prestasierekord

onder besproeiing en in die hoëpotensiaal-droëlandproduksiege­

biede gevestig.

Vier nuwe, opwindende basters versterk ons basterpakket van

vinnige tot medium groeiklasse.

Pannar stel vanjaar die volgende nuwe geelmieliebasters vry:

PAN 3A-124, PAN 3R-524R en PAN 3R-724BR

Hierdie is die opwindendste nuwe ultravinnige platform met uit­

stekende prestasie onder besproeiing en dit lewer die beste prestasie

in besproeiingsevalueringsproewe. Die basters word teen hoë plant­

populasies van 95 000 plante/ha tot 100 000 plante/ha aanbeveel.

Onder droëland is hulle ’n goeie keuse vir die hoëpotensiaal­

streke van die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Plant hulle teen

45 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha onder droëlandproduksie­

toestande.

Hulle beskik oor ’n vaste kopgrootte, wat voordelig is onder

hoëpotensiaaltoestande wat hoë plantbevolkings vereis. Dit is die

vinnigste platform in die Pannar-reeks en produseer ’n aantreklike

graantipe wat vinnig afdroog.

PAN 3R-586R en PAN 3R-786BR

Twee ultravinnige basters versterk die besproeiingspakket. Hulle ver­

dra hittestres goed – ’n belangrike eienskap vir produksiegebiede in

die warm Noord-Kaap.

Die basters presteer goed onder droëlandtoestande in

Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en veral in KwaZulu-Natal. Hulle het

sterk saailinge, goeie verdraagsaamheid teen blaarsiektes en goeie

staanvermoë. Plant hulle teen 45 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha.

Hulle is amper so vinnig soos die vorige platform en toon goeie

verdraagsaamheid teen blaarsiektes, veral

Phaeosphaeria

en grys­

blaarvlek.

PAN 3R-500R en PAN 3R-700BR

Ultravinnige basters wat baie goed aangepas is onder besproeiing,

teen hoë plantestande. Hulle handhaaf baie goeie prestasie en sta­

biliteit en die platform lewer ’n hoë volume en kwaliteitkuilvoer.

Die basters is goed aangepas in die oostelike produksiegebiede

onder droëland teen 45 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha. Hulle

beskik oor goeie staanvermoë en ’n lae kopplasing en lewer ’n goeie

kwaliteit semi-blinkpitgraantipe.

PAN 4A-156

’n Vinnige baster wat veral goed aangepas is vir KwaZulu-Natal,

Mpumalanga en die Oos-Vrystaat se hoëpotensiaalgronde. Dit word

teen ’n hoë plantbevolking aanbeveel en is geneig om enkelkoppig

te wees – ’n goeie spanmaat vir PAN 4A-172 en PAN 5A-182.

Dit kan as ’n enkele oes van mielies onder besproeiing of aan­

vullende besproeiing verbou word. ’n Plantestand van hoogstens

60 000 plante/ha word aanbeveel.

Goeie verdraagsaamheid teen blaarsiektes en veral

Phaeospha-

eria

word getoon.

PAN 4R-672R

Hierdie vinnige geelbaster is die stalmaat van PAN 4A-172 wat

die afgelope twee jaar koning kraai in basterevaluasieproewe

– in die besonder in die Oos-Vrystaat. Beide is ’n uitstekende keuse vir

die oostelike Hoëveld van Mpumalanga en die Oos-Vrystaat.

Dié basters dra hulle koppe laag op die stam en het goeie

staanvermoë.

PAN 4R-728BR

’n Baster in die vinnige groeiklas wat goeie verdraagsaamheid teen­

oor bruinroes en ’n uitstekende opbrengspotensiaal het. Dit is goed

aangepas vir die hele oostelike produksiegebied – ’n agronomies

goed gebalanseerde baster wat geskik is vir hoë plantpopulasies.

Dit pas goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies onder be­

sproeiing of aanvullende besproeiing verbou word. ’n Plantestand

van hoogstens 70 000 plante/ha word aanbeveel.

PAN 5A-190 en PAN 5R-590R

Dié basters in die medium-vinnige groeiklas pas perfek in onder

droëland vir Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. Die groot planttipe

van die basters maak dit besonder geskik vir kuilvoerproduksie.

Beide beskik oor vroeë groeikragtigheid en is enkelkoppig

met goeie staanvermoë. ’n Baie gesonde planttipe met goeie al­

gemene siekteverdraagsaamheid en spesifiek vir Diplodia kopvrot

en bruinroes.

PAN 5A-154 en PAN 5R-554R

Hierdie medium-vinnige basters beskik oor goeie opbrengsstabiliteit

en aanpasbaarheid. Hulle handhaaf ’n redelike vaste kopgrootte

met ’n mooi diep-oranje graantipe. PAN 5A-154 is ’n stabiele span­

maat vir PAN 5A-182.

Dit kan met groot sukses aangeplant word waar slegs ’n enkele

oes onder besproeiing of aanvullende besproeiing beplan word.

Dié basters beskik oor goeie staanvermoë en algemene siek­

teverdraagsaamheid en toon veral goeie verdraagsaamheid teen

Diplodia kopvrot.

Die regte

kultivars

vir die taak

Die ultravinnige pakket

is versterk met drie nuwe

uitsonderlike genetiese plat-

forms, naamlik PAN 3R-724BR,

PAN 3R-786BR (op foto) en

PAN 3R-700BR, wat ’n aan-

sienlike opbrengsverhoging

bied.

produkinligting

P

2019