Previous Page  69 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 69 / 132 Next Page
Page Background

‘n Kykie na insekplae op

mieliesaailinge

G

edurende die ontkieming en opkoms van ‘n mielieplantjie

is dit belangrik dat ‘n mens bewus sal wees van insekte

wat skade daaraan kan aangerig en om pro-aktief op te

tree om dit te verhoed. Die belang van saailinginsekplae is

gesetel in die feit dat wanneer die saailing beskadig is, dit ‘n direkte

impak op opbrengs het.

Daar is ‘n verskeidenheid grondinsekte wat op die wortels,

ondergrondse stamme en jong ontwikkellende blare van saailinge

vreet, naamlik snywurms, swartmieliekewers, valsdraadwurms

en sporadiese peste soos die mieliewortelwurm. Die insekplae se

skade-simptome lyk op die oog af betreklik dieselfde, maar daar is

tog kenmerkende verskille.

Snywurms is ‘n algemene plaag (

Foto 1

) wat aan die begin van

die seisoen voorkom. Die motte lê eiers gedurende die herfs-

en wintermaande op onkruide en opslag van gewasse. Sodra

landerye voorberei word en onkruid verwyder word, is dit die ideale

geleentheid vir hierdie larwes om saailinge aan te val tydens opkoms.

Skade aan jong saailinge lei daartoe dat die plant heeltemal omval

en dit lyk kompleet of die plantjie aan die onderkant van die stam

afgesny is. By groter plante sal die vreetskade aan die basis van die

plant, net onder die grondvlak, sigbaar wees. Die vreetskade toon ‘n

kenmerkende netjiese, skoon gat in die stammetjie van die saailing.

Swartmieliekewers (

Foto 2

) oorwinter gedurende laat April en Mei

en raak weer aktief in die lente. Die kewer grou in die grond by die

saailing in en sal ook daar aangetref word wanneer daar om die

saailing gegrou word. Die skade wat deur die kewer aangerig word,

het ‘n gerafelde voorkoms omdat die kewer skerp strukture op sy

voorpote het wat teen die plant skuur wanneer die insek vreet.

Baie jong saailinge kan heeltemal afgevreet word teenoor ouer

plantjies waarvan die kelkblare beskadig word en verdroog.

Wanneer daar ernstige skade aan die groeipunt aangerig word en die

laasgenoemde simptome verskyn, word dit “dooie hart” genoem.

Meeste saailinge oorleef nie hierdie skade nie, terwyl sommige

vertraagde groei toon of misvormde strukture en spruite vorm.

Jong saailinge wat deur valsdraadwurms (

Foto 3

) beskadig word,

het gewoonlik ernstige skade aan die ondergrondse dele van die

plant. Die larwes vreet gewoonlik ‘n holte in die stam van die saailing

waar die bywortels later sal vorm. Die groeipunt kom ook in hierdie

gedeelte voor en word beskadig en in talle gevalle veroorsaak dit dat

die sentrale jong blare verwelk en doodgaan (dooie hart-simptome).

Saailinge wat op hierdie manier beskadig word, sterf af en veroorsaak

‘n aansienlike vermindering in plantdigtheid, wat vereis dat die

spesifieke lande oorgeplant moet word.

67

September 2018

Elrine Strydom,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

1: Snywurm.

2: Swartmieliekewer.

3: Valsdraadwurm.

2

1

3

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer