Previous Page  42 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 42 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

40

Aalwurmpeste:

"Voorraadopname" en die pad vorentoe

G

raangewasproduksie, onder beide konvensionele en be­

waringsboerdery, word geknou deur plant arasiti se aal­

wurms – waaroor vele wetenskaplike en populêre artikels

al geskryf is. Hierdie artikel is egter ‘n “voorraadopname”

om produsente en die bedrywe op datum te bring met betrekking

tot die stand van plaaslike uitdagings ten opsigte van aalwurms wat

ondervind word.

Daar word ook gefokus op die potensiële impak van aalwurmpeste

onder veranderende klimaatstoestande en besin oor hoe die aal­

wurmuitdaging bekamp kan word sonder dat lewe en die omgewing

benadeel word. Aalwurmnavorsing wat gedoen is asook navorsings­

aktiwiteite wat tans onderneem word en nuwe inligting wat onlangs

gegenereer is, word met produsente en die bedrywe gedeel. Laas­

tens word voorstelle rakende beheerstrategieë wat gevolg kan word

om aalwurmskade te minimaliseer, voorgehou.

Knopwortel- en letselaalwurms

Twee plantparasitiese aalwurmgenera, naamlik knopwortel- (

Me-

loidogyne

) en letselaalwurms (

Pratylenchus

), is in al die plaaslike

graanproduksiegebiede teenwoordig en veroorsaak skade aan

graangewasse. Hierdie twee aalwurmgenera het beide wye gasheer­

reekse en vermeerder goed in wortels (van byvoorbeeld akkerbone,

droëbone, mielies, sojabone en sonneblom) en ander ondergrondse

plantweefsel (byvoorbeeld aartappelknolle en grondboonpeule) van

landbougewasse wat plaaslik verbou word.

Foto 1a

en

Foto 1b

is voorstellings van mielie-gebaseerde wis­

selboustelsels wat tydens die 2017-somerproduksieseisoen onder

groot knopwortelaalwurmskade in droëboon- en pampoenaanplan­

tings, onderskeidelik, in die Vrystaat deurgeloop het. Wat verder

kommer wek is dat knopwortelaalwurms ook in ondergrondse plant­

del (byvoorbeeld wortels en knolle) van dekgewasse (byvoorbeeld

sommige grasse en

Brassicaceae

) en onkruide vermeerder.

Tydens ‘n onlangse aalwurmopname in 79 lande van produsente

in die Noord-Kaap, Noordwes Provinsie en die Vrystaat het hierdie

twee aalwurmgenera (knopwortel- en letselaalwurms) in mieliewor­

tel- en grondmonsters gedomineer.

Meloidogyne incognita

was in die meeste monsters teenwoordig as

enkel en/of gemengde bevolkings, gevolg deur

Meloidogyne java­

nica

en

Meloidogyne arenaria

. ‘n Vierde knopwortelaalwurmspesie,

Meloidogyne enterolobii

, is ook tydens hierdie opname vir die eerste

keer in mieliewortels in die Hoëveld-produksiestreek van Suid-Afrika

gevind.

Hierdie waarneming kom voor ten spyte van aanduidings in interna­

sionale literatuur dat mielies ‘n swak of geen gasheer vir die spesie

is. Navorsing rakende hierdie spesie word gekompliseer deurdat dit

morfologies ‘n uitdaging is om dit van

M. incognita

te onderskei.

Voorts word

M. enterolobii

wêreldwyd as ‘n opkomende bedreiging

beskou – spesifiek weens die wye reeks landbougewasse wat dit

aanval (net soos

M. incognita

en

M. javanica

).

Daarby is die vermoë waaroor

M. enterolobii

beskik, naamlik om

in wortels van plante wat genetiese weerstand teen

M. incognita

,

M. javanica

en

M. arenaria

het te vermeerder, nog ‘n uitdaging

waarvoor navorsers en produsente in wie se lande hierdie spesie

voorkom, te staan kom.

Meloidogyne enterolobii

word as ‘n meer

aggressiewe knopwortelaalwurmspesie, wat groot skade aan ver­

skeie landbougewasse wêreldwyd veroorsaak, beskou.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Prof Driekie Fourie, Maretha Pretorius,

Eenheid vir Omgewingswetenskappe en

Bestuur, Noordwes-Universiteit en

dr Nancy Ntidi,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

1a en 1b: Mielie-gebaseerde wisselboustelsels wat groot skade in pampoen- (1a) en droëboonaanplantings (1b) tydens die

2017-seisoen in die Wesselsbron/Hoopstad-area tot gevolg gehad het.

Foto’s van besmette pampoen- en droëboonwortels verskaf

deur Kobus Fourie en Frans Roos, onderskeidelik

1a

1b