

Oktober 2018
76
Verbeter stikstofbenutting
met
nitraat-N:ammonium-N-verhoudings
V
erskeie navorsingsresultate wat
onder gekontroleerde omstandig
hede verkry is, het beter gewasre-
aksie op kombinasies van nitraat-N
en ammonium-N as met enige van die
bronne afsonderlik getoon (Schrader, 1972,
Hageman, 1984 en Huffman, 1989). Hierdie
bevinding was veral van toepassing op
gewasse soos mielies, koring en sonneblom.
Optimale N-verhouding
onder gekontroleerde
toestande
Meer spesifiek is ’n optimale nitraat-
N:ammonium-N-verhouding van 3:1 by
100 mg N/liter vir mielies in terme van
graanproduksie (
Grafiek 1
), droëmassa
produksie en blaaroppervlakte in ’n sand-
hidroponiese stelsel verkry (Adriaanse,
1985 en Adriaanse en Human, 1986, 1988a,
1988b). Meer nitraat-N as ammonium-N
is nodig vir die meeste plantspesies bin
ne optimale pH, temperatuur en totale
N-konsentrasiegrense in grondlose kulture.
Optimale N-verhouding
onder veldtoestande
Gunstige veldtoestande sal die nitrifikasie-
proses bevorder. Ammonium-N, afkomstig
van organiese materiaal en ammonium
bevattende of -vormende produkte, sal
dan vinnig deur die werking van die bak
terieë nitrosomonas en nitrobakter na
nitraat-N omgeskakel word. Hierdie pro
ses sal egter vertraag word deur ’n tekort
aan suurstof (waterversadigde profie
le), lae pH, lae temperatuur, hoë ammo
niumkonsentrasie, droë grond en lae
organiese materiaalinhoud.
Die toediening van vyf nitrate-N:ammo
nium-N-verhoudings is onder onguns
tige veldtoestande vir nitrifikasie getoets,
naamlik sanderige grond (<10 klei) laag in
pH (KCl) (<4,4) laag in organiese koolstof en
vatbaar vir waterversadiging. Die optimale
nitraat:ammonium-verhouding vir relatie
we opbrengs van mielies was 3:1 oor vier
jare op verskillende lokaliteite en oor
N-peile (
Grafiek 2
) – soortgelyk aan die
resultaat wat vir ’n sand-hidroponiese
stelsel – verkry is (Grafiek 1).
Soortgelyk aan die studies op mielies
is drie nitraat-N:ammonium-N-verhoudings
naamlik 4:1, 1:1 en 1:4 by aartappels onder
ongunstige nitrifikasietoestande getoets.
Die pH en organiese materiaalinhoud van
die sandgrond was laag. Die hoogste
opbrengs, kwaliteit en rendement is by ’n
4:1 nitraat-N:ammonium-N-verhouding ver
kry (Knight,
et al
., 2 000).
Gegewe die feit dat die meeste gronde in
Suid-Afrika eerder suur as alkalies is en
ook dat organiese materiaalinhoud oor die
algemeen laag is, kan verwag word dat
die tempo van nitrifikasie laag sal wees.
Die praktyk om ammoniumbevattende of
-vormende N-bronne voor, met of na plant
te bandplaas sal hoë ammoniumkonsen
trasies in die grond veroorsaak – wat ni
trifikasie sal inhibeer. Droë periodes,
waterversadiging en lae temperature sal
nitrifikasie verseker ook van tyd tot tyd
inhibeer.
op plaasvlak
Bemesting
Produkinligting
Dr Erik Adriaanse,
Produkontwikkeling en Tegniese Ondersteuning, Sasol
Grafiek 1: Effek van nitraat-N:ammonium-N-verhoudings in ‘n sand-hidroponiese stelsel by
100 mg N/liter, gemiddeld oor tien ingeteelde suiwerlyne op mielie-opbrengs.
KBV Tukey (0,05) = 9,39 g/plant (Adriaanse, 1985)
Grafiek 2: Relatiewe mielie-opbrengsreaksie op nitraat:ammonium-verhoudings oor vier jaar op
Viljoenskroon en Dundee, oor verskillende N-peile onder ongunstige toestande vir nitrifikasie.
Afgelei van Adriaanse, 1991