

79
October 2018
Produksiepotensiaal
– ’n eenvoudige berekening
P
rodusente word jaarliks toegegooi onder ’n magdom
inligting rakende al die verskillende produksiefaktore wat
betrekking het op die fisiese en finansiële beplanning van
elke bedryfstak op die plaas. By mielies sluit dit onder an-
dere grondbewerking, kultivarkeuse, planttyd, plantestand, bemes
ting en bekalking, onkruid- en insekbeheer in.
Dit verg besondere insig van die produsent om uiteindelik die regte
besluite te neem. Grondkeuse vir die verbouing van mielies word
ook al hoe belangriker. Daar bestaan egter dikwels verwarring by
produsente oor begrippe soos grondpotensiaal, marginale gronde
en opbrengsmaatstawwe.
Bewerings word soms gemaak dat daar nie so-iets soos grond
potensiaal is nie en dat die hoeveelheid en verspreiding van reënval
die oorheersende bepalende faktor by opbrengs is. Daarom word
fisiese en finansiële beplannings wat gegrond is op ’n sekere
opbrengsverwagting of opbrengsmaatstaf ook soms verwerp.
Daar word soms ook beweer dat grondontledings nie veel waarde
het nie, omdat daar ’n swak korrelasie tussen grondontledingsre
sultate en oesopbrengs is. Sulke bewerings dra by tot verwarring
by produsente. In hierdie artikel word die faktore wat aanleiding
tot verwarring kan gee wat grondkeuse vir mielieverbouing en
die sinvolle beplanning van die mieliebedryfstak betref, sorgvul-
dig ontleed.
Grondpotensiaal
Dit is so dat reënval die oorheersende faktor by opbrengs is, maar
kom ons ontleed hierdie stelling sorgvuldig. Mielies neem nie water
deur hul blare op nie, maar wel deur wortels in die grond. Daarom
is dit vanselfsprekend dat opbrengs, sover dit reënval betref,
uiteindelik bepaal sal word deur die mate waartoe die grond in
staat is om die reën wat val te absorbeer en te stoor en dit aan die
mielieplant beskikbaar te stel.
Die vermoë van ’n grond om reënval te absorbeer, hang onder
andere af van die helling van die grond en die toestand van die
grondoppervlakte. Hierdie vermoë kan grootliks met behulp van
doeltreffende hidrologiese beplanning en bewerkingspraktyke
gemanipuleer word. Die feit bly staan dat hoe meer water, wat
andersins in die grondprofiel gestoor kon word, wegloop, hoe groter
is die uitwerking daarvan op die verbouing van mielies.
Die vermoë van ’n grond om reën te stoor en aan die plant
beskikbaar te stel word bepaal deur gronddiepte, die klei-inhoud
van die grond en keerlae in die grondprofiel. Hoe meer water die
grond in die potensiële wortelsone van die plant kan stoor sonder
om versuiptoestande te skep, hoe kleiner word die risiko vir
mielieverbouing. Die gegewens in
Tabel 1
laat geen twyfel nie dat
diegene wat grondpotensiaal ignoreer, ’n bitter groot fout maak.
Gedurende die maksimum watergebruikperiode van mielies
rondom saadstoot, bestuiwing en kopvul, is die watergebruik van
die mielie (plus verdampingsverliese) ongeveer 6 mm per dag.
Dit beteken dat die 30 mm beskikbare water op ’n sandgrond wat
30 cm diep is, slegs vyf dae lank kan voorsien in die mielie se
behoefte – met ander woorde vyf dae wat daar water beskikbaar is.
Dit beteken ook dat, wanneer die profiel vol water is, ’n kleileemgrond
van 90 cm diep, water vir 30 dae tot beskikking van die mielie het.
Weer eens laat Tabel 1 geen twyfel dat verskillende gronde tot ’n
groot mate wat potensiaal vir mielieverbouing betref, verskil nie.
Ons kan nie reën bestel wanneer ons dit wil hê, of wanneer die
vogvoorraad in die grond uitgeput is nie. Daarom is ons verplig om
gedurende kritieke ontwikkelingstadiums van die mielie, op water
in die grond staat te maak – en dan is die verskil van ’n addisionele
tien tot 15 dae beskikbare water op hoëpotensiaalgronde
deurslaggewend.
Wat mielieproduksie op die Hoëveld-gebied betref, is dit ’n absolute
feit dat produsente op grond van produksiepotensiaal van gronde
sal moet begin differensieer tussen hoërisiko- en laerisikogronde
– selfs met inagneming van die interaksie tussen mielieproduksie
en die huidige wisselende ekonomie van veevertakkings.
Op plaasvlak
Bestuurspraktyke
Opbrengsmaatstawwe / Produksiekostespandering
Sakkie Koster,
agronoom, Pioneer HiBred
TEKSTUURKLAS
BESKIKBARE WATER BY VERSKILLENDE GRONDDIEPTES
MM BY 30 CM-DIEPTE
MM BY 60 CM-DIEPTE
MM BY 90 CM-DIEPTE
Sand
30
60
90
Dae water beskikbaar
5
10
15
Kleileem
58
116
174
Dae water beskikbaar
10
20
30
Klei
71
142
21
Dae water beskikbaar
12
24
36
Tabel 1: Beskikbare water by verskillende gronddieptes en tekstuurklasse.
Daarom word sekere gronde as marginale gronde vir mielieproduksie beskou.
Daarom kan ’n swart turfgrond van 45 cm nie sommer as ’n marginale grond beskou word nie.
Daarom word ’n sandkleileem Avalon-grond van 60 cm - 90 cm diep as ’n hoëpotensiaalgrond beskou
– veral omdat hierdie gronde met ’n keerlaag van sagte ouklip, ernstige droogteperiodes kan oorbrug.