

’n Baanbreker in die kunsmisbedryf sedert 1918,
toe Kynoch een van die eerste Kunsmisaanlegte
in Suid-Afrika gebou het by Umbogintwini. Die
maatskappy het van krag tot krag gegroei om
die handelsmerk te word waarin Suid-Afrikaanse
voedselprodusente vandag nog glo – 100 jaar
later. Op grond van ons ryk erfenis, gaan ons die
toekoms in met vertroue en sien ons uit om nog
lank die toonaangewende verskaffer van volhoubare
plantvoedingsoplossings te wees.
’n Eeu van sukses.
Farmisco (Edms) Bpk.
h/a Kynoch Fertilizer
Reg. No. 2009/0092541/07
uppe marketing A18335
011 317 2000 | info@kynoch.co.za
www.kynoch.co.za
Kynoch – verbeterde doeltreffendheid deur innovasie.
Navorsingsresultate
Dit is belangrik om die navorsingsresultate van alle proewe, op
soortgelyke gronde as dié van die produsent, te evalueer wat
opbrengsresultate wat van toepassing kan wees op die bepaling
van maatstawwe, betref. Sodanige resultate moet praktykgerig
aangepas word.
Hidrologiese beplanning
Doeltreffende hidrologiese beplanning, om die volle benutting
van reënval volgens die voghouvermoë van die grondprofiel te ver
seker en terselfdertyd van oormaat vog ontslae te raak, is van groot
belang by grondpotensiaalontginning.
Planttyd
Op die Hoëveld is vroeg plant essensieel in die doeltreffende
ontginning van opbrengspotensiaal. Spits grondbewerking en
saadbedvoorbereidingspraktyke daarop toe om met die minimum
reënval so vroeg as moontlik in die seisoen te plant – al is
ondergrondvog laag.
Bestuur
Die produsent se doeltreffende bestuur is ’n ander belangrike
faktor in die ontginning van die opbrengspotensiaal van sy plaas.
Die optimale bestuur van al die produksiefaktore wat ter sake is,
is ’n noodsaaklike vereiste. Dit sluit onder andere planttyd,
plantestand, kultivarkeuse, bemesting, bekalking, onkruid- en in
sekbeheer, grondbewerking en saadbedvoorbereiding in.
Wisselvallige klimaatstoestande
Wisselvallige klimaatstoestande het ook ’n beduidende invloed
op opbrengs. Uitsonderlike droë jare of uitsonderlike goeie jare moet
nie as opbrengsmaatstaf gebruik word nie. Opbrengsgemiddeldes
van lande oor die lang termyn is ’n belangriker hulpmiddel in die
bepaling van maatstawwe as wat die opbrengs van ’n enkele
seisoen is.
Ooroptimisme
Daar moet ernstig gewaak word teen ooroptimisme in die bepaling
van maatstawwe. Maatstawwe op grond van produksiekoste-in
sette van oeste in uitsonderlike goeie jare, of volgens die buurman
se opbrengste, kan die produsent ’n klomp geld kos – veral in
uitdagende finansiële toestande.
Indien bogenoemde beginsels deur produsente toegepas word, kan
fisiese grondeienskappe en grondontledings uit die laboratorium as
handige hulpmiddels aangewend word om realistiese maatstawwe
daar te stel.
Belangrike boodskap
Beplanning vir te hoë, onrealistiese opbrengste skep onrealistiese
verwagtinge by produsente en veroorsaak te hoë produksiekostes.
Dit verhoog risiko’s aansienlik wanneer hierdie maatstawwe nie in
’n droë siklus realiseer nie.
Beplan liewer vir laer opbrengste met laer kostes, wat in ’n goeie
reënvaljaar nogtans hoër opbrengste sal realiseer en die gevaar van
risiko’s en hoë verwagtings aansienlik kan verlaag.
Gee spesiale aandag aan jou hoëpotensiaalgronde wat goeie
vogvoorsiening geniet. Grondsuurheid is ’n dief in die nag: Ons
kan nie bekostig dat hierdie gronde as gevolg van grondsuurheid
uiteindelik hoërisikogronde vir mielieverbouing word nie. Bewaar
ons bodem vir die nageslag. Pas die beginsels van doeltreffende
hulpbronbenutting op jou plaas toe.
Verwysings
Snyman, HG. April 1989.
Produksiepotensiaal van mieliegronde. Die OTKaner
.