

77
October 2018
N-bronne
Ammoniumnitraat-gebaseerde produkte,
soos onder andere kalksteenammonium
nitraat (KAN 28), is die geskikste om
nitraat-N:ammonium-N-verhoudings mee
te optimaliseer, aangesien dit reeds uit
’n 1:1-verhouding bestaan en slegs 25%
nitrifikasie van totale N nodig is om ’n
3:1-verhouding te bereik.
Die toediening van produkte soos ka
liumnitraat, kalsiumnitraat en magne
siumnitraat word in kombinasie met
ammoniumnitraat aanbeveel wanneer toe
stande vir nitrifikasie ongunstig is. Ureum
is nie geredelik beskikbaar vir opname nie
en moet daarom eers deur die proses van
hidrolise na ammoniak omgeskakel word.
Hierdie proses word deur die urease-
ensiem in plantreste op die grond en in die
grond bewerkstellig. Ammoniak vorm
ammonium wanneer dit in water opgelos
word en 75% hiervan moet dus nitrifiseer
ten einde die optimale verhouding te
bereik. Wanneer ander bronne soos am
moniumsulfaat, MAP en DAP oorweeg
word, behoort 75% van die totale N van die
produkte ook te nitrifiseer om die ideale
verhouding te bereik.
Nitrifikasie-inhibeerders
en urease-inhibeerders
Nitrifikasie-inhibeerders is ontwikkel met
die primêre doel om N-loging te verminder
deur ammoniumbevattende en -vormende
N-bronne (ammoniak, ammoniumsulfaat,
ureum, MAP en DAP), wat voor plant
toegedien is, vir lang periodes in die
ammoniumvorm te hou.
Wanneer nitrifikasie-inhibeerders saam
met lentetoedienings na plant gebruik
is en die meeste N in die proses in
die ammoniumvorm voorsien is, is ’n
negatiewe reaksie op opbrengs dikwels
verkry. Adriaanse (1991) het ’n afname in
mielieopbrengs van 14,7% in reaksie op die
nitrifikasie-inhibeerders, nitrapirien, wat
43 dae na plant toegedien is, getoon.
Hierdie reaksie is met ammoniumsulfaat,
wat in vloeibare vorm oor rye op ’n
sandgrond toegedien is, oor twee N-peile
verkry. Soortgelyk het Hoeft (1980) ook
negatiewe
mielieopbrengsreaksies
op
nitrapirien vir lentetoedienings verkry,
gemeet teen positiewe reaksies vir herfs
toedienings.
Nitrifikasie-inhibeerders sal in effek ook
die denitrifikasieproses inhibeer; dit wil sê
die omsetting van nitraat na atmosferiese
N (N
2
en N
2
O), deurdat die N in die
ammoniumvorm gehou word wanneer
gronde met water versadig is. Buitendien
sal ’n gebrek aan suurstof onder sulke
omstandighede ook nitrifikasie inhibeer.
Die gebruik van nitrifikasie-inhibeerders
word nie vir die doel om atmosferiese
N-verliese te beperk aanbeveel nie, want
dan behoort nitrifikasie juis bevorder te
word om die optimale nitraat-N:ammo-
nium-N-verhouding van 3:1 te bereik.
Urease-inhibeerders is ontwikkel met die
primêre doel om ammoniakvervlugtigings
verliese van ureum op grondoppervlaktes
te beperk. Die byvoeging van urease-
inhibeerders tot ureum het in die
meerderheid van gevalle waar toestande
gunstig vir vervlugtiging was, die ef
fektiwiteit van ureum verbeter – mits daar
nie op daardie oomblik ’n groot N-tekort
in die grond bestaan het nie en toestande
ongunstig vir N-loging was.
Hendrickson (1992) het aangetoon dat
34% van 78 proewe in 17 VSA state oor
vyf jaar ’n negatiewe opbrengsreaksie
op urease-inhibeerders van tot 2 t/ha tot
gevolg gehad het. Hierdie reaksie kan
waarskynlik toegeskryf word aan laer en
vertraagde beskikbaarheid van ureum
vir opname, ureum-loging en moontlik
ook ’n ongunstige nitraat-N:ammonium-N-
opnameverhouding.
Alhoewel nitrifikasie-inhibeerders en ure
ase-inhibeerders tydelik gebruik kan word
om N-verliese aan loging en vervlugtiging
te verminder, moet daarteen gewaak
word dat die meeste N in die proses nie in
die ammonium- of ureumvorms voorsien
word nie. Strategieë wat die meeste N
as nitraat voorsien, behoort eerder vir ge
wasse wat meestal nitraat-N verkies, gevolg
te word.
N-bestuurspraktyke
Gedurende die seisoen behoort die nitri
fikasieproses eerder versnel te word as
wat dit geïnhibeer word. Die effektiewe
verhoging in grond-pH deur bekalking lank
voor plant en die verhoging in organiese
materiaal deur geen- of minimumbewer-
king sal nitrifikasie bevorder. Gronde be-
hoort ook gedreineer te word om
deurlugting te verseker.
Nitrifikasie en N-opname sal daardeur
bevorder word, maar terselfdertyd sal
denitrifikasie met gepaardgaande N-verliese
voorkom word. Urease-inhibeerders be
hoort nie tot ureum bygevoeg te word wan
neer die bedoeling is om ureum dadelik in
die grond in te was of in te werk nie. Net
so indien daar ’n groot N-tekort gedurende
piek N-opname in die grond bestaan en ’n
vinnige reaksie op N-toedienings verlang
word, is dit nie raadsaam om urease-
inhibeerders saam met ureum te ge-
bruik nie.
Die bevordering van praktyke wat urease
en nitrifikasie gedurende piek N-aanvraag
bevorder wanneer N-bronne soos ureum,
ammoniak of ammoniumsulfaat gebruik
word, behoort aangemoedig te word.
Terselfdertyd behoort die keuse van am
moniumnitraat as N-bron by voorkeur ook
oorweging te geniet. Ammoniumnitraat
is reeds naby die verlangde optimale
nitraat:ammonium-verhouding aansienlik
meer geredelik beskikbaar vir opname,
minder vervlugtigend, minder loogbaar
(ook omdat dit vinniger opgeneem word)
en ook minder toksies in hoë konsentrasies.
Die mielie-opbrengsvoordeel wat ammo-
niumnitraat bo ureum inhou, is 5,5%
wanneer dit as kantbemesting op ’n water
tafelgrond ingesny word, maar volgens ’n
literatuurstudie gemiddeld 13,25% wanneer
dit breedwerpig op die grond uitgestrooi
word (Adriaanse, 2016). Wanneer ammo
niumnitraat met ureum plus urease-inhi-
beerder vir oppervlaktoedienings vergelyk
is, het ammoniumnitraat volgens ’n litera
tuurstudie gemiddeld 8,2% hoër opbrengs
gelewer (Adriaanse, 2016). Sulke resultate
is slegs moontlik wanneer toestande gunstig
is vir vervlugtiging, daar N-tekorte in die
grond bestaan en by sub-optimale N-peile.
Langtermyn-winterkoringopbrengsvoor-
dele van ammoniumnitraat bo ureum is in
65% van 236 proewe oor 47 jaar (1958 -
2015) besonder duidelik deur Yara, in
samewerking met ander navorsingsinstan
sies, Levington Agriculture, ADAS en NIAB
TAG, getoon (Yara, 2015).
Ammoniumnitraat het ’n 0,31% hoër koring
graanproteïen bo ureum in die nuutste
proewe gelewer (Yara, 2015). Net so het
ammoniumnitraat in die meerderheid
proewe oor 64 jaar (1951 - 2015) in die
Verenigde Koninkryk ook meer voer as
ureum geproduseer (Yara, 2015). Hierdie
verskil was selfs groter met die tweede
snysel.
Gevolgtrekkings
’n Groter waarskynlikheid vir hoër opbrengs
en hoër wins wat met laer risiko gepaard
gaan, vir die gebruik van ammoniumnitraat-
gebaseerde produkte, soos onder andere
kalksteenammoniumnitraat (KAN 28) ge
meet teen ureum, kan volgens verskeie
navorsingsresultate nie ontken word nie.
Die voordeel van kalksteenammoniumni
traat (KAN 28) gemeet teen ureum sal selfs
groter wees indien urease en nitrifikasie
gedurende die piek N-opnameperiode
deur bygevoegde inhibeerders of omge
wingstoestande geïnhibeer word, maar
sal aan die ander kant minder wees indien
N-omsettings in hierdie periode deur be
stuurspraktyke bevorder word ten einde ’n
soortgelyke nitraat:ammonium-verhouding
te bewerkstellig.
Let wel: Raadpleeg ’n gekwalifiseerde
landboukundige vir meer lokaliteit-spesi
fieke toepassings.
Verwysings
Verwysings is beskikbaar. Kontak die outeur by
Erik.Adriaanse@sasol.com