

Oktober 2018
80
op plaasvlak
Bestuurspraktyke
Produksiepotensiaal
Dit beteken dat ons besondere aandag aan ons laerisikogronde sal
moet gee – dié gronde wat nie sommer in Januarie en Februarie
tydens ’n twee weke-droogte in dié kritieke groeistadium “uit die
bus val” nie.
Wortelontwikkeling
Goeie wortelontwikkeling op enige grond is die basis van ’n goeie
oes. Indien jy as produsent nou saamstem dat gronde, op grond
van vogvoorsiening, wel in produksiepotensiaal verskil, moet daar
deeglik besef word dat die ontginning van hierdie produksiepoten
siaal geheel en al afhanklik is van behoorlike wortelontwikkeling.
Al sou ’n kleileemgrond van 90 cm diep 174 mm vog kan stoor,
sal plante met swak wortelontwikkeling in die boonste 30 cm van
’n grond, nét 58 mm van hierdie
water kan gebruik (Tabel 1).
Wanneer gronde dus geselek
teer word om risiko vir mielie
produksie uit te skakel, moet
wortelontwikkeling behoorlik in
ag geneem word. Indien die pro
bleem van vlak en/of swak wor
telontwikkeling nie reggestel
word of kan word nie, moet selfs
gronde wat in staat is om 174 mm
vog te stoor (30 dae beskikbare
water), as hoërisikogronde be
skou word.
Chemiese potensiaal
Wanneer dit gaan oor die
ontginning van die volle fisiese
potensiaal van gronde wat betref
die vermoë van die grond om
water te stoor en aan die plant
beskikbaar te stel, speel die
chemiese potensiaal van die
grond ook ’n rol.
Die noodsaaklikheid van goeie
wortelontwikkeling dwarsdeur die grondprofiel, ten einde water
optimaal te benut, is reeds beklemtoon. Hierdie doeltreffende
wortelontwikkeling hang ten nouste saam met die verskynsel van
grondsuurheid.
Mielies is in staat om op sommige gronde pH’s (KCl) van tot 4,1
te hanteer. Gewoonlik het hierdie gronde ’n goeie ontleding van
Ca (kalsium), Mg (magnesium) en P (fosfor). Dit is egter geen
versekering dat mielies jaar na jaar redelik suksesvol op dié gronde
verbou kan word nie. Gouer as wat ons besef, stort die wortelstelsel
op hierdie gronde in duie en al is die potensiaal ten opsigte van
water in die profiel aansienlik hoog, kan die oes nie hierdie vog
benut nie: Eerstens as gevolg van swak wortelontwikkeling en
tweedens as gevolg van ondoeltreffende opname van water.
Op gronde met ’n pH (KCl) van onder 4,1 moet aanvaar word dat
die potensiaal van die plant ernstig benadeel word, afgesien van die
Ca-, Mg- en P-status van die grond.
Op gronde met ’n pH (KCl)-waarde van hoër as 4,1 tot by ongeveer
pH 4,5 kan uitdagings met wortelontwikkeling nogtans verwag word
– veral indien die algemene vrugbaarheid laag is. Lae P-ontledings
in kombinasie met grondsuurheid en lae Ca-, Mg- en K-ontledings
kan produksiepotensiaal ernstig knou. Lae pH-waardes het ’n be
duidende invloed op doeltreffende opname van voedingselemente.
As breë riglyn behoort dit prioriteit te wees om die gronde, wat
laerisikogronde is – veral met betrekking tot vogvoorsiening – tot
by ’n pH (KCl)-waarde van hoër as 4,5 en verkieslik 5 te bekalk.
Daarmee saam moet daar steeds ’n wakende oog oor die P-, Ca-,
Mg- en K-ontledings van die grond gehou word. Mielies kan nie net
op ’n goeie pH groei nie.
Bogenoemde illustreer ’n kritiese produksiefaktor. Persone en in
stansies wat grondontledings nie optimaal benut en by bemes
tingsbeplanning insluit nie, hoort nie tuis in die huis waar die belange
van die produsent voorop gestel word nie.
Daar is geen plaasvervanger vir
grondontledings nie. Daar mag
wel swak korrelasie wees tussen
grondontledings en opbrengs, maar
wanneer dit kom by die samestel-
ling van die bemestingsprogram
en die identifisering en evaluering
van hindernisse wat potensiële
opbrengs nadelig affekteer, is
grondontledings onmisbaar. Dit is
veral die geval waar dit gaan oor
die ontginning van die volle fisiese
potensiaal van gronde in die stoor
van water.
Opbrengs
maatstawwe
Indien ons die begrip van fisiese en
chemiese potensiaal van gronde
aanvaar soos dit in hierdie artikel
uitgespel word en die waarde van
grondontledings onderskryf, moet
ons noodwendig ten opsigte van
produksiepotensiaal differensieer
tussen gronde vir mielieverbouing, gekoppel aan oordeelkundige
kostespandering.
Die faktore wat ’n belangrike rol in die produsent se besluitne
ming ten opsigte van die produksiepotensiaal van sy mieliegronde
speel, word vervolgens saamgevat:
Produksiegeskiedenis – praktiese kennis
Die medium- tot langtermynproduksiegeskiedenis van landeen
hede, gekoppel aan die praktiese kennis van landboukundiges en
produsente moet, onder wisselvallige klimaatstoestande, as die
belangrikste bepalende faktor in die daarstelling van opbrengs
maatstawwe beskou word.
Chemiese ontleding en grondsuurheid
Chemiese beperkings of grondsuurheid het tot gevolg dat die
fisiese potensiaal van ’n grond nie ontgin word nie. Pasop vir
onrealistiese opbrengsmaatstawwe as gevolg hiervan.
Opbrengsmaatstawwe vir verskillende lande
Dit is noodsaaklik dat elke produsent wat bemesting, sowel as
ander produksiekoste-insette betref, ’n onderskeid sal tref tussen
verskillende lande of groepe lande. Beplanning en begroting verloor
trefkrag indien alle lande oor dieselfde kam geskeer word.
“
Die feit bly staan
dat hoe meer water,
wat andersins in die
grondprofiel gestoor
kon word, wegloop,
hoe groter is die
uitwerking daarvan
op die verbouing
van mielies.
“