

69
October 2018
op plaasvlak
Werktuie en toerusting
Banddruk van planterwiele en van kontakdryfwiele is uiters
belangrik en moet volgens plantervervaardigerspesifikasies ge
pomp wees.
Saadskottels
Gaan die saadskottels (
coulters
) na. Laers is een van die swak punte
en daarom moet dit goed nagegaan en vervang word – indien
nodig. Die onderste kontakpunt, waar die twee skottels aan mekaar
raak, moet tussen 25 mm en 40 mm wees. Verstel deur van die
spasieerders agter die skottel te verwyder.
Die deursnee van die skottel self moet nie kleiner as 370 mm wees
nie; vervang die skottels indien dit wel die geval is. Neem ook die
hoeveelheid hektare wat geplant moet word in ag: Die skottels moet
die plantproses kan deurstaan. As die skottels se deursnee te klein
is, kan dit veroorsaak dat die saadvoor nie reg gevorm word nie,
die diepte van die saadplasing beïnvloed word, daar grond tussen
die skottels inbeweeg en die skottels mag “aanpak” en nie draai nie.
As grond/klei wat aan die buitekant van die skottel aanpak ’n uitda
ging is, gebruik dan skrapers met verharde wolframkarbiedsny-
vlakke wat betreklik lank kan hou.
Saadbuise
Gaan ook die saadbuise na vir slytasie en beskadiging – veral aan
die onderste punte en waar die sensors geplaas is. Die saadbuis het
’n groot invloed op die plasing van die saad in die saadvoor.
Slytasie kom gewoonlik aan die onderpunt van die saadbuis voor.
Vervang dit as dit nodig is.
Toetrapwiele
Kyk na die toetrapwiele. Vervang busse wat geslyt is, sodat die
planterstert met die toetrapwiele stewig is en nie heen en weer
skommel nie. Dit sal verseker dat die saad goeie saad/grond-kontak
het, wat vinnige wateropname deur die saad sal verseker.
Gaan dan ook die sporing van die toetrapwiele na. Laat sak die
planter en sleep dit op ’n harde oppervlak ’n paar meter vorentoe en
kyk dat die streep wat die saadskottels maak, presies in die middel
van die toetrapwiele is.
Dit kan raadsaam wees om van die rubberwiele met staal
speekwiele te vervang, om enige smeerlaag of kompaksie wat die
dieptebeheerwiele of saadskottels mag veroorsaak, op te breek vir
beter wortelontwikkeling.
Saadvasdrukkers kan ook geïnstalleer word om pitte op die dieselfde
diepte te verseker, goeie saad/grond-kontak te verkry en ’n meer
egalige opkoms te verseker.
Ryskoonmakers
Oorweeg die gebruik van ryskoonmakers waar ’n groot volume
materiaal geplant word. Ryskoonmakers – veral dié tipe wat vry
beweeg en deurentyd die kontoer van die grond volg – kan aan elke
ry geïnstalleer en só gestel word sodat dit net materiaal en nie grond
wegvat nie.
As nat grond bo lê, kan dit veroorsaak dat dieptebeheerwiele
aanpak en die plantdiepte verander.
Plantermonitor of beheerstelsel
Die plantermonitor op die planter is van kardinale belang sodat
’n mens weet wat met die plantproses gebeur. Gaan na of van die
bedrading nie beskadig is nie en indien wel, herstel of vervang dit.
Maak die saadbuise en saadsensor-ogie deeglik skoon. Daar is
heelwat stof en spinnekoprakke in die saadbuise nadat die planter
vir ’n seisoen gebêre is. As daar ’n radarpuls vir spoed gebruik
word, vergewis jouself daarvan dat dit reg gekalibreer is. Stel vas
of die monitor reg vir die planter, rywydte, aantal rye en beplande
plantestand opgestel is.
Goeie boerderypraktyke bly steeds van uiterste belang om optimale
opbrengs te verseker. Met ’n goed gedienste planter sal die plant
proses voorspoedig verloop.
Skakel die outeur by 018 632 0362 vir navrae in dié verband.
Diens planters vir
optimale
plantestand
4: Slytasie aan die saadbuis se punt veroorsaak swak spasiëring.
5: Maak seker die toetrapwiele is in die middel van die saadvoor.
6: Die kontakpunt tussen die saadskottels moet tussen 4 cm en 6 cm wees.
4
6
5