

Gee ou spilpunte
nuwe
lewe
V
olgens ’n artikel op
fin24.com
het Justin Spratt, sake
bestuurder van Internet Solutions, gesê ’n mens moenie
huiwer om ’n goeie idee na te boots nie. Jy hoef dus nie
die wiel te herontwerp nie, maar as jy ’n plan beraam om dit
te verbeter en meer doeltreffend te laat funksioneer, waarom nie?
Die Boerepatentkompetisie wat jaarliks deel vorm van die gewilde
NAMPO Oesdag, gee aan planmakers ’n geleentheid om hul
innoverende denke ten toon te stel. Sommige deelnemers verbeter
’n reeds bestaande produk of werktuig om dit gewoonlik meer
koste-effektief en doeltreffend te maak.
Een van die deelnemers wat sy innoverende denke in vanjaar
se kompetisie aan die dag gelê het, is mnr Martiens Prinsloo, ’n
pekanneut- en lusernprodusent van die Hoopstad-omgewing.
Prinsloo het sommer drie patente ingeskryf – ’n viertrek-vurkhyser
wat dit makliker maak om in hulle omgewing se sanderige toestan
de te werk, ’n spilpuntwiel met ’n lang lewe en ’n besproeiingspyp
met ’n langer leeftyd.
Spilpunt-verbetering
Omdat staalpype deel vorm van die struktuur van die spilpunte,
veroorsaak pype wat oor tyd dunner raak en begin lek, dat spilpunte
knak. Om pype te vervang, beteken koste en dat besproeiing vir ’n
wyle gestaak moet word. Tydens ’n besoek aan ’n plaas in die Wes-
Kaap het Prinsloo gesien hoe om hierdie uitdaging aan te spreek:
Haal die water uit die staalpype.
Hy en sy seun, Tienie, het aan die werk gespring en nou hanteer
UPVC (ongeplastiseerde polivinielchloried)-pype die water, terwyl
die staalpype slegs vir die stutwerk van die spilpunt ingespan
word (
Foto 2
). Hy noem dat verskeie van sy spilpunte (27 torings)
reeds op dié manier funksioneer en besonder effektief werk.
Om verdere waterskade aan die staalpype te verhoed, word die
PVC-pype onder die pype waardeur die water gewoonlik vloei,
geplaas. Dit word dan op die dwarsyster vasgemaak en hang netjies
met bloudraad vanaf die boonste pype (
Foto 3
). By die middelpunt
van die spilpunt is ’n verlengstuk ingevoeg om die ou staalpype op
te lig sodat die ander pyp ingelas kan word. Die PVC-pyp word met
’n Agrico
rubber boot
aan die spilpuntsenter gelas (
Foto 4
). Om te
verhoed dat pype uitspring as gevolg van die waterdruk, word die pyp
deeglik aan die punt van die staalpyp van die spilpunt vasgemaak.
’n Gat word met ’n gatsaag in die PVC-pyp geboor (sien
Foto 5a
)
en skroefdraad (
taps
) word ingedraai. Hy gebruik selfgemaakte
skroefdraadsnyers (
Foto 5b
), ’n Netafim-passtuk (
adaptor
,
Foto 5c
)
word dan in die PVC-pyp ingedraai. Dan word Netafim
blank
pyp met
’n 15 jaar-waarborg (’n pyp sonder enige druppers) daarin gedruk as
die
down
pyp wat die water na die sproeier vervoer. Voor gebruik
word die UPVC-pype met ’n goeie kwaliteit wit verf bedek om dit
teen die son te beskerm.
’n Wiel wat hou
Dié pa-en-seun-span het ook ’n oplossing vir pap bande op ’n
spilpunt: Staalwiele (
Foto 6
). Al is koste van die staalwiele dieselfde
as dié van vervangingsbande, hou die wiele heelwat langer as
rubberbande. Dit is ook nie geneig om slote in die landerye te trap
nie, aangesien hoekysters op die loopvlak vasgesweis word sodat
die wiel vastrap en nie gly nie.
Die wiele, wat effe kleiner is as die rubberbande, kan uit ’n enkel
staalplaat van 8 mm gesny word – wat koste kan verminder.
Vir meer inligting, kontak Prinsloo by 082 652 4112.
Louise Kunz,
SA Graan/Grain
redaksiespan
1: Martiens Prinsloo en sy seun, Tienie, tydens die
NAMPO Oesdag vroeër vanjaar.
Foto:
Landbouweekblad
2: Witgeverfde PVC-pype wat die water hanteer in die
plek van staalpype én staalwiele verseker dat Martiens
Prinsloo se spilpunte langer in gebruik is.
3: Die UPVC-pype word aan die dwarsyster vasgemaak
en hang met bloudraad onder die staalpype.
4: Die PVC-pyp word met ’n Agrico
rubber boot
aan die
spilpuntsenter gelas.
5a: Die gatsaag wat gebruik word om ’n gatjie in die
pyp te maak.
5b: Die selfgemaakte skroefdraadsnyers.
5c: ’n Netafim-passtuk.
6: ’n Staalspilpuntwiel het ’n betreklike langer raklewe
as die gewone rubberbande.
1
4
5a
5b
5c
2
6
3
Fokus
Besproeiing
29
October 2018