

Bevorder
jou opbrengste
P
annar se nuwe ultravinnige wit- en geelbasters is ‘n
deurbraak wat ‘n aansienlike opbrengsverhoging verteen
woordig. Die nuwe reeks lewer uitstekende opbrengste
onder besproeiing en di hoëpotensiaal-droëlandpro-
duksiestreke.
Ultravinnige geelmielie
Drie nuwe ultravinnige genetiese platforms is tot die geel pakket
toegevoeg.
Vir besproeiing is PAN 3A-124, PAN 3R-524R en PAN 3R-724BR
‘n goeie keuse en vir droëlandtoestande in die hoëpotensiaal-
oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Hierdie pakket het die eerste
plek in Pannar se evaluasieproewe onder besproeiing behaal.
PAN 3A-124 is bestem om PAN 6126 te vervang. Onder besproeiing
word 95 000 plante/ha tot 100 000 plante/ha en 45 000 plante/ha
tot 60 000 plante/ha vir droëlandaanplantings aanbeveel. Die regop
blaargroeiwyse en vaste kopgrootte is ideaal vir hoë plantestande.
Hierdie basters droog die vinnigste af.
PAN 3R-586R en PAN 3R-786BR is geskik vir hoë inset-besproeiing.
Hulle is byna net so vinnig soos die vorige pakket en toon goeie
verdraagsaamheid teen blaarsiektes – veral
Phaeosphaeria
en
grysblaarvlek. Die basters verdra hittestres goed. Op droëland
word hierdie basters vir die hoëpotensiaal-oostelike Hoëveld
en KwaZulu-Natal aanbeveel. Plant dit teen 45 000 plante/ha tot
60 000 plante/ha.
Vir hoë-insetbesproeiing is PAN 3R-500R en PAN 3R-700BR goed
aangepas teen 80 000 plante/ha tot 100 000 plante/ha. Hulle
komplementeer PAN 3Q-740BR en PAN 3P-502R en is ‘n goeie
keuse op droëland in die oostelike produksiegebiede teen ‘n 20%
tot 30% hoër plantestand as wat normaalweg vir mediumgroeiers
aanbeveel word.
Ultravinnige witmielie
PAN 3A-173 is ‘n nuwe ultravinnige baster. Dit het ‘n regop
blaargroeiwyse, is enkelstammig, sterk meerkoppig en het
goeie staanvermoë. Die baster lewer ‘n hoë graan-tot-blaar-
en stamverhouding. PAN 3A-173 is goed aangepas vir hoë
plantbevolkings, met goeie algemene siekteverdraagsaamheid
en goeie graangehalte. Onder besproeiing en ‘n dubbeloes-
produksiestelsel word 80 000 plante/ha tot 100 000 plante/ha
aanbeveel. Op droëland in die oostelike hoëpotensiaalstreke,
asook KwaZulu-Natal, word 45 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha
aanbeveel.
Fokus
Besproeiing
Produkinligting
Christin Hunter,
bestuurder:
Bemarking en Kommunikasie, Pannar
1: PAN 3R-724BR is die vinnigste baster in die ultravinnige pakket.
2: Vir besproeiing en droëland is PAN 3R-786BR ‘n goeie keuse.
3: Die PAN 3R-700BR komplementeer die bekende PAN 3Q-740BR.
4: Die ultravinnige witbaster, PAN 3A-173, toon verstommende prestasie.
1
2
3
4
Oktober 2018
22