

November 2018
60
Dieselprys laat REKORDS SPAT
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom, Graan SA
INSET
-oorsig
OP PLAASVLAK
i
n Oktober vanjaar was die groot-
handelsprys van diesel R15,65/liter,
wat 29% hoër is as die R12,13/liter
van dieselfde tyd verlede jaar. Met
planttyd vir somergraanprodusente
en strooptyd vir wintergraanpro-
dusente op hande, kon hierdie rekordprys
nie op ’n slegter tyd gerealiseer het nie.
Min of meer 70% van somergraanprodu-
sente se brandstof word met grondvoor-
bereiding en planttyd verbruik. Diesel as
produksie-inset maak boonop ongeveer
12% van ’n graan- en oliesadeprodusent se
lopende produksiekoste uit.
Met die afgelope paar maande se stygings
(in Maart vanjaar was die groothandelsprys
van diesel R12,10/liter) het diesel as
produksie-inset, naas kunsmis, die tweede
duurste inset in sekere dele van die
produksiestreke geword.
Dit is belangrik om kennis daarvan te neem
dat die groothandelsprys van diesel in
Suid-Afrika ’n gereguleerde prys is, maar
wel ook ’n funksie is van internasio-
nale dieselpryse en die wisselkoers.
In
Grafiek 1
word getoon hoe die groot-
handelsprys in Oktober vanjaar saamge-
stel was.
Volgens Grafiek 1 maak die werklike
brandstofgedeelte (die gelande koste van
diesel), 57% van die groothandelsprys uit,
terwyl heffings, belasting en vervoer 43%
daarvan beslaan. Die belasting op diesel
verteenwoordig tans 21% van die prys en
die Padongelukfondsheffing 12%.
Grafiek 2
toon die samestelling van die
dieselprys vanaf Januarie 2010 tot Okto-
ber 2018 in terme van die verdeling van die
fisiese brandstofkoste (gelande koste van
diesel) en heffing, belasting en vervoer.
In Januarie 2012 het die fisiese koste
van brandstof 67% van die uiteindelike
dieselprys verteenwoordig, terwyl dit in
Oktober 2018 slegs 57% was.
Dieselrabat
Die dieselrabat waarvoor produsente kwa-
lifiseer, beslaan 40% van die algemene
brandstofbelasting en 100% van die Pad-
ongelukfondsheffing. Tans is die dieselrabat
321,8 sent per liter. Dit is 21% van Oktober
se dieselprys.
Grafiek 3
illustreer hoe die
dieselrabat oor tyd toegeneem het.
Verantwoordelikheid
Die dieselrabat vereis groot verantwoor-
delikheid van produsente. Uit die artikel
is dit duidelik dat ondanks die feit dat
heffings en belastings ’n groot deel van
die dieselprys beslaan, die dieselrabat ’n
noemenswaardige deel daarvan uitmaak.
Dit alles spel die feit uit dat ons in die
landboubedryf die dieselrabat met die
nodige omsigtigheid moet hanteer en ten
alle tye moet beskerm – dit is een van die
min ondersteuningsmaatreëls wat ons wel
ontvang.
Wenke vir dieselrabat
Eis die dieselrabat op grond van verbruik
en nie op aankope nie.
Hou volledig rekord van die die-
selgebruik op die plaas (vanaf die hoof-
verspreidingspunte):
Datum wat diesel ingegooi is;
Grafiek 1: Samestelling van die groothandelsprys in Oktober vanjaar.