

57
November 2018
OP PLAASVLAK
Hou koringmark gereeld dop
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
10 Oktober 2018
d
ie wintergraanseisoen vorder
goed, met die stroopproses
wat in die meeste van dié dele
van die land reeds aan die
gang is. Na die vorige seisoen
se uitdagende produksie-om-
standighede in veral die Wes-Kaap vertoon
hierdie seisoen se oeste aansienlik beter
– met goeie reën wat op kritieke tye tydens
die produksieseisoen voorgekom het.
Daar is wel dele van veral die Suid-Kaap
waar die reën eers later geval het. Die
oeste in dié streek het nie noodwendig so
goed gevaar soos in die Swartland nie.
Volgens die Nasionale Oesskattingskomi-
tee (NOK) se tweede produksieskatting van
wintergrane word die totale produksie vir
die seisoen op 1,845 miljoen ton geskat. Dit
is ongeveer 20% meer as die vorige seisoen
se produksie, wat ongeveer 1,535 miljoen
ton was.
Die koringproduksie in die Wes-Kaap word
op 890 400 ton vir die seisoen geskat
– ten spyte van die effense afname in die
oppervlakte wat dié seisoen aangeplant
is. Dit laat die Wes-Kaap se gemiddelde
opbrengs vir die 2018/2019-seisoen op
2,8 t/ha.
In die Vrystaat is daar dié seisoen ook
uitstekende verwagtinge vir koringproduksie
– met die oppervlakte aangeplant vir die
seisoen wat met ongeveer 31% toegeneem
het tot en met 105 000 ha. Die totale
produksie vir die Vrystaat word vir die
2018/2019-seisoen op 367 500 ton geskat,
met ’n gemiddelde opbrengs van 3,5 t/ha.
Internasionale koringmark
In die internasionale koringmark het groot
veranderinge in die afgelope twee tot
drie maande in die mark plaasgevind,
wat hoofsaaklik ondersteuning aan pryse
gebied het. Die grootste rolspelers in die
internasionale koringmark het uitdagende
toestande gedurende die produksieseisoen
beleef.
Tabel 1
toon die verwagte koringproduksie
en eindvoorraad tussen die 2017/2018-
en 2018/2019-seisoen vir van die groot-
ste rolspelers in die internasionale
koringmark. Uit Tabel 1 is dit duidelik
dat die wêreldproduksie vir koring in die
2018/2019-seisoen met ongeveer 3%
behoort te daal, gemeet teen die vorige
seisoen se produksie. Die Europese Unie
(EU), wat die grootste koringproduserende
streek in die wêreld is, se produksie vir
die 2018/2019-seisoen word op 138 miljoen
ton geskat – wat 9% laer is as die vorige
seisoen se produksie. Rusland, wat die
grootste koringuitvoerland is, se produksie
vir die seisoen word op 71 miljoen ton
geskat – wat 16% laer is as die vorige
seisoen se produksie.
Die koringeindvoorraad vir die 2018/2019-
seisoen word op 261 miljoen ton geskat
– wat 5% laer is as die vorige seisoen se
wêreldeindvoorraad.
Die laer eindvoorraad vir die seisoen is
toe te skryf aan ’n kombinasie van laer
produksie sowel as ’n effense toename in die
verbruik vir die seisoen. Tabel 1 illustreer dat
die grootste afnames in die eindvoorraad
van koring vir die 2018/2019-seisoen in
Rusland, die EU en die VSA geskat word,
terwyl China se eindvoorraad na verwag-
ting in die 2018/2019-seisoen verder be-
hoort toe te neem – tot en met 136 miljoen
ton. Daarvolgens sal China aan die einde
van die 2018/2019-seisoen met 52% van
die wêreld se koringvoorraad sit.
Grafiek 1 (
op bladsy 58) toon die daaglikse
VSA, Swartsee-streek en Duitse koringpryse
sedert April 2013. Die internasionale
koringpryse was sedert 2013 meestal in ’n
afwaartse pryssiklus, totdat dit gedurende
2016 bitter naby aan ’n tien jaar-laagtepunt
verhandel het.
PRODUKSIE (MILJOEN TON)
EINDVOORRAAD (MILJOEN TON)
2017/2018
2018/2019*
% VERANDERING 2017/2018
2018/2019*
% VERANDERING
China
130
128
-1%
127
136
7%
Europese Unie
152
138
-9%
15
10
-31%
Rusland
85
71
-16%
11
7
-37%
VSA
47
51
8%
30
25
-15%
Wêreldtotaal
758
733
-3%
274
261
-5%
Bron: USDA
* Skatting
TABEL 1: PRODUKSIE EN EINDVOORRAAD VAN KORING IN DIE VERNAAMSTE PRODUSERENDE LANDE.