

November 2018
58
In die internasionale mark is die tydperk
tussen 2013 en 2017 gekenmerk aan be-
vredigende groei in koringproduksie, wat
veroorsaak het dat die produksie teen ’n
vinniger tempo as die verbruik toegeneem
het. Die wêreldvoorraad het as gevolg
daarvan geakkumuleer en die pryse is
onder druk geplaas. Die laer internasionale
pryse het tot ’n mate die verbruik ge-
stimuleer, wat ’n effense toename in die
afgelope twee jaar getoon het.
Dít, tesame met die laer internasionale pro-
duksie die seisoen soos wat in Tabel 1
aangetoon word, het tot ’n groot mate byge-
dra tot ondersteuning van die internasionale
koringpryse.
Alhoewel daar tans steeds groot volumes
koringvoorraad in die wêreld beskikbaar
is, sal die produksie in die vernaamste pro-
duserende lande noodsaaklik wees. Dit sal
grootliks die rigting van die prystendense in
die volgende paar jaar bepaal.
Wat is die prysdrywers?
Wanneer die geheelprentjie van die inter-
nasionale en plaaslike koringmark in oën-
skou geneem word, is dit noodsaaklik om
vas te stel wat die grootste drywers van
veral die plaaslike koringpryse is. Dit kan
produsente grootliks bystaan in die be-
sluitneming rakende die bemarking van
koring.
Suid-Afrika is ’n netto invoerder van koring
en op ’n jaarlikse basis word gemiddeld
ongeveer 50% van die plaaslike verbruik
ingevoer. Die plaaslike produksie is nie
noodwendig die grootste drywer van die
plaaslike pryse nie – dit is eerder ’n kom-
binasie van die internasionale prys en die
wisselkoers.
Grafiek 2
toon die jaar-op-jaarverandering
van die plaaslike koringprys, die koring-
prys in die Swartsee-streek, waarvandaan
meeste koring ingevoer word en die wis-
selkoers sedert Oktober 2015. Grafiek 2
illustreer die redelike mate van korrelasie
tussen veral die wisselkoers en die plaaslike
koringprys.
Die jaar-op-jaarverandering in die plaaslike
koringprys en die wisselkoers volg redelik
dieselfde tendens, maar dit is tog ook dui-
delik dat die internasionale markprys wel ’n
effek op die koringprystendens het.
Ten slotte
Bemarking van graan speel ’n belangrike
rol in die winsgewendheid van produsente.
Dit is een van die boerderyaspekte waarop
produsente genoeg klem moet lê. Dit is
egter glad nie ’n eenvoudige aspek van
die boerdery nie, aangesien daar soveel
onsekerhede in terme van die markpryse
en die verwagtinge vir die seisoen is.
Produsente moet hulself daarom vereen-
selwig met die faktore wat die grootste
impak op die plaaslike pryse het om so-
doende van geleenthede in die mark gebruik
te maak wanneer dit voordoen.
Die veranderlikes wat die grootste impak
op die plaaslike pryse in die koringmark
het, is ’n kombinasie van die internasionale
markpryse en die wisselkoers – twee faktore
wat glad nie eenvoudig is om te ontleed nie.
Wisselvalligheid van veral die wisselkoers,
maak die akkurate voorspellings van pryse
’n groot uitdaging. Produsente moet daarom
gereeld deur die loop van die seisoen
geleenthede in die mark identifiseer en vir
verskansingsdoeleindes daarvan gebruik
maak.
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van die inligting nie.
GRAANMARK-OORSIG
OP PLAASVLAK
Grafiek 1: Internasionale koringpryse sedert April 2013.
Bron: IGR en Graan SA
Grafiek 2: Jaar-op-jaarverandering in die plaaslike koringprys, wisselkoers en die
koringprys in die Swartsee-streek.
Bron: Safex, Graan SA en IGR