

65
November 2018
Produksiestelsels / Mielies / Vee
Alternatiewe produksiestelsels
noukeurig betrag
’n
Nuwe produksiejaar met verskeie
uitdagings en bedreigings lê
voor. Die meeste produsente is
by ’n kruispad en herbesoek hul
produksiestelsels, want daar sal drastiese
strategiese besluite oor die toekoms van
hul boerdery geneem moet word.
Die volgende vrae kom onwillekeurig
op: “Waarheen is ek met my boerdery
op pad? Wat is die toekomsverwagtinge
vir my huidige bedryf? Moet ek met die
graanbedryf voortgaan of moet ek na die
veebedryf oorskakel en indien wel, hoe
moet ek dit doen?”
In hierdie artikel word ’n paar verskillende
stelsels, gebaseer op inligting vir die
Noordwes-Vrystaat, vergelyk. Van die in-
ligting is gebaseer op produsente se stelsels
wat tans in daardie streek toegepas word.
’n Hele paar aannames moes egter gemaak
word ten einde die nuutste inligting van
die stelsels op te neem.
Verskillende stelsels
Alle vertakkings is in ’n produksiestelsel
aan mekaar gekoppel en sekere gewasse
sal as gevolg van die impak van wisselbou
bevoordeel word, terwyl ander benadeel
word. Om die uitwerking van wisselbou
vir eers uit die prentjie te hou, word
gefokus op die uitkoms van verskillende
mielieverbouingstelsels. Dit word vergelyk
met ’n mielie/veestelsel.
Die stelsels wat in dié artikel van naderby
bekyk en vergelyk word, sluit soortgelyke
plase in waarop met:
100% mieliemonokultuur (monokultuur-
stelsel) geboer word;
50% mielies geplant word en 50%
ruslande (50%-russtelsel);
33% mielies op oorlêlande geplant
word, 33% mielies-op-mielies geplant
word en 33% ruslande (33%-russtelsel)
geplant word;
12,5% mielies op gebraakte oulands-
gras- of Smutsvingerlande geplant
word, 12,5% mielies op tweede-jaar-
gebraakte oulandsgras- of Smuts-
vingerlande geplant word, 12,5%
mielies-op-mielies geplant word, waar
oulandsgras- of Smutsvingerlande in
die baan gevestig word en 62% lande
is wat permanente aangeplante ou-
landsgras- of Smutsvingerweiding het
(weidingstelsel);
50% lande met mielies en 50% lande
dekgewasse (50%-dekgewassestelsel);
33% lande met mielies op dekgewas-
lande, 33% lande met mielies-op-
mielies, 33% dekgewasse na mielies
(33%-dekgewasstelsel); en
12,5% lande met mielies op gebraakte
lusernlande, 12,5% lande met mielies
op tweede-jaar-gebraakte lusernlande,
12,5% lande met sojabone op mielies
waar die lusern daarmee saam gevestig
word, 62% lande met permanente
lusernweiding vir vyf jaar voor om-
skakeling (lusernweidingstelsel).
In die monokultuurstelsel word al die lande
jaar-op-jaar met mielies beplant. Geen
lande in die stelsel lê ooit braak nie. In die
50%-russtelsel word daar net op 50% van
die lande geplant en net op braaklande
geplant waar daar vog in die vorige jaar
opgeberg is. Die braaklande word ge-
durende die jaar chemies en meganies
skoon gehou.
In die 33%-russtelsel word 66% van die
lande met mielies beplant en 33% van die
lande lê braak. Die helfte van die mielies
word op oorlêlande, waar vog opgegaar
is, geplant en die ander helfte word op die
vorige jaar se mielielande geplant.
Die weidingstelsel is ’n stelsel waar
permanente aangeplante weiding op van
die lande gevestig word en waar ’n gedeelte
jaarliks na mielies teruggeskakel word.
Ten einde die hoeveelheid weiding konstant
te hou, word ’n ander gedeelte waarop
mielies geplant is, weer na permanente
weidings omgeskakel.
Bestuurspraktyke
OP PLAASVLAK
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
redaksiespan
Geweegde marginale belastingkoers vir berekeninge (T)
16,2%
Geweegde gemiddelde koste van kapitaal (GGKK)
9%
Nabelaste geweegde gemiddelde koste van kapitaal ([1 – T] x GGKK)
7,54%
TABEL 1: INLIGTING GEBRUIK OM DIE NABELASTE GEWEEGDE GEMIDDELDE KOSTE
VAN KAPITAAL TE BEREKEN.
“
Moenie te vinnig
probeer omskakel
tussen stelsels nie.
Probeer om nie
meer as 10% in
jaar een om te
skakel nie.
“
’n Mooi blok lusern voor dit bewei is. Die lusern is uiters groeikragtig.