

53
November 2018
Dit is ook noemenswaardig dat dit nie deurgaans dieselfde kultivars
is wat die beste by verskillende omgewings presteer nie.
Ander belangrike aspekte om te onthou
Planttyd is die enigste tyd in die seisoen wanneer produsente volle
beheer oor die produksieproses het. Hieronder is ’n paar goue reëls
om die seisoen op die beste moontlike manier af te skop:
Gebruik saad van bogemiddelde gehalte. Aspekte soos
saadsuiwerheid en ontkiemingspersentasie is belangrik.
Dra sorg dat saadbehandelings korrek gedoen is.
Baseer kultivarkeuse vir 75% van aanplantings op bekende
presteerders en toets nuwe belowende kultivars op 25% van die
oppervlakte.
Gebruik altyd die duisendkorrelmassa van die spesifieke saadlot
om plantdigtheid in plante per vierkante meter te bereken.
Groot afwykings van die beplande plantestand kan voorkom as
kultivars teen ’n vasgestelde kilogram per hektaar geplant word.
Gars
Daniel de Klerk, agri-prosesseringspesialis, AB InBev
Gars speel ’n belangrike rol in die droëlandboerderystelsels van
die Suid- en Wes-Kaap. Garsproduksie is ’n aantreklike opsie as
gevolg van onlangse verbeterings in opbrengs, siekteweerstand,
verdraagsaamheid vir korter seisoene en moutgarskwaliteit.
Die pro-aktiewe bestuur van gars vir moutgraad is essensieel.
Variëteite reageer verskillend op insette soos kunsmistoediening,
plantdatum, plaagdodertoediening en plantdigtheid.
Produsente moet op die uitkyk wees vir variëteite wat in die verlede
deurlopend goed in hul spesifieke streke presteer het, sowel as
variëteite wat weerstand bied teen siektes wat meer algemeen in hul
streke voorkom. Kies ’n variëteit nie bloot op grond van opbrengs
nie, maar op grond van die totale stel eienskappe wat die variëteit
bied, omdat verskille in agronomiese en siekteweerstandbiedende
eienskappe ’n beduidende impak op die totale insetkoste, sowel as
die uiteindelike kwaliteit van die geproduseerde gars, kan hê.
Variëteite wat tans beskikbaar is, is geteel om aan te pas in alle
garsproduksie-omgewings in die Suid-Kaap en is verdraagsaam wat
lokaliteit en seisoen betref.
Die volgende variëteite sal in 2019 beskikbaar wees vir plant:
Agulhas is ten beste aangepas in omgewings met ’n hoë
opbrengspotensiaal. Dit het ’n laer stikstofvereiste.
Hessekwa is die voorkeur-moutgarsvariëteit wat in die Suid- en
Wes-Kaap geproduseer word. Dit het weerstand teen blaarvlek
en -roes, maar het ’n effe hoër stikstofbehoefte.
Elim (eksperimenteel) het verbeterde opbrengs vergeleke
met Hessekwa, met ’n langer groeiperiode en weerstand teen
blaarvlek en -roes. Dit is die geskikste vir omgewings met ’n hoë
potensiaal en het ’n verlaagde stikstofbehoefte.
S16 (eksperimenteel) word nog op die proef gestel en presteer
goed in laer-opbrengs- of korter-seisoensomgewings.
Hou ook in gedagte die markvereiste vir die individuele variëteite
soos opgesom in
Tabel 3
op bladsy 54.
Kanola
Piet Lombard en dr Johann Strauss, Wes-Kaapse Departement van
Landbou
Die keuse van die regte kanolakultivar is die eerste stap na sukses
in die verbouing van dié gewas. Dis egter belangrik om ’n paar
eienskappe en bestuursaspekte in gedagte te hou alvorens die finale
keuse gemaak word.
Produsente moet vooraf deeglike beplanning doen en onkruid-
geskiedenis in ag neem alvorens op ’n kultivar besluit word.
Onkruid met weerstand kan die tipe kultivar bepaal. Die chemiese
onkruiddoderprogram word bepaal deur die tipe kultivar (konven-
sioneel, triasien-tolerant [TT] en imasamoks-tolerant [Cl]).
Konvensionele en Cl-kultivars is meer groeikragtig as TT-kultivars.
Die gemiddelde opbrengs van eersgenoemde groepe was in 2017
nagenoeg 10% hoër as dié van die TT-groep. Cl-kultivars is min-
der gevoelig vir die oordrag van sulfonylureas of te wel die SU’s
(Groep B).
Fisiologiese ontwikkelingstempo – en veral die aantal dae tot blom,
asook die tydperk van blom is belangrik. In die Rûens is daar soms
vroeg vog beskikbaar. Hier is kultivars met ’n langer groeiseisoen
boonop goed aangepas (vinnige kultivars kan te vroeg gesaai word).
In areas waar die reën normaalweg vroeg ophou (wes-, sentraal- en
noordelike Swartland), moet korter groeiseisoenkultivars verkieslik
geplant word.
Siektes
Dit word aanbeveel om kultivars met verskillende swart-
stamweerstandsgene af te wissel. In gebiede met ’n hoë swart-
stamrisiko moet kultivars met ’n goeie swartstamweerstand
aangeplant word.
PRODUKSIEGEBIED
LOKALITEIT
KULTIVARS
Wes-Rûens
Caledon (De Vlei)
SST 0166
SST 0117
SST 0147
SST 88
Protem (Kleinfontein)
SST 0166
SST 0147
SST 0117
PAN 3471
Caledon (Roodebloem)
SST 88
SST 0117
SST 0147
SST 0166
Riviersonderend (Tygerhoek)
SST 0147
SST 0166
SST 027
PAN 3471
Caledon (Uitvlug)
SST 0166
SST 0147
SST 0117
SST 056
Suid-Rûens
Bredasdorp
SST 0166
SST 0127
SST 0117
SST 88
Klipdale (Alpha)
SST 0166
SST 015
SST 056
SST 0127
Klipdale (Panorama)
SST 0166
SST 0117
SST 0127
SST 88
Napier
SST 88
SST 0117
SST 087
SST 0147
Protem (Volmoud)
SST 0166
SST 0147
PAN 3471
SST 087
Oos-Rûens
Buffeljags
SST 88
SST 0117
SST 0166
SST 0147
Swellendam
SST 0166
SST 0117
SST 88
SST 0147
Witsand
SST 88
SST 0117
SST 087
SST 096
TABEL 2: AMMI-VOORSPELLINGS VIR DIE BESTE PRESTEERDERS VIR LOKALITEITE IN DIE RÛENS.