

November 2018
52
Hoe en wat kies ek vir
die komende seisoen?
D
ie nuwe plantseisoen vir die winterreënvalstreek lê
voor die deur en die meeste produsente het reeds hulle
saadbestellings vir die 2018/2019-seisoen geplaas. Daar
is egter nog ’n paar wat kop krap oor watter kultivar hulle
moet plant.
Soos wat dr Annelie Barnard en mnr Willem Kilian van LNR-
Kleingraan tereg sê: “Produsente word gebombardeer met inligting
aangaande kultivarkeuse en daar is tans soveel kultivars beskikbaar
dat menige produsent se kop begin draai wanneer hy sy kultivar-
keuse moet doen. Dit is net nie moontlik om ’n sinvolle kultivar-
keuse te maak sonder betroubare data nie.”
SA Graan/Grain
het daarom by LNR-Kleingraan, AB InBev en die
Wes-Kaapse Departement van Landbou aangeklop om uit te vind
wat hulle vir die nuwe seisoen voorstel.
Koring
Willem Kilian en dr Annelie Barnard, LNR-Kleingraan, Bethlehem
Ondanks die negatiewe publisiteit wat koring in die noordelike
dele van Suid-Afrika kry, is dit ’n totaal ander storie in die suidelike
verbouingsgebiede. Droëlandverbouing in die Wes-Kaap beslaan
gemiddeld sowat 50% van die totale koringproduksie in die land.
Kleingraanproduksie vind hier hoofsaaklik in twee geografiese
gebiede plaas, naamlik in die Swartland- en die Rûens-gebiede.
Nadat die Wes-Kaap in die afgelope twee seisoene onder strawwe
droogtetoestande gebuk gegaan het, het goeie reënval – veral in
die Swartland – gedurende die 2018-seisoen voorgekom. Swak
klimaatstoestande in die oostelike gedeeltes van die Rûens het egter
veroorsaak dat verwagte opbrengste laer as gewoonlik gaan wees.
Kultivars bly steeds een van die belangrikste skakels in die
opbrengsketting en die vereistes wat vandag aan ’n kultivar gestel
word, is geweldig hoog. Die belangrikste hiervan is dat dit goed
aangepas moet wees, ’n hoë opbrengspotensiaal moet besit,
siektebestand moet wees en ’n bevredigende kwaliteit moet hê
sodat dit aanvaarbaar sal wees vir die maal- en bakbedrywe.
Verskeie kultivarevaluasieproewe is in die vorige jaar (2017) weer
in samewerking met die Departement van Landbou op 15 en 17 lo-
kaliteite in die Rûens en Swartland onderskeidelik, geplant.
Resultate
Die Nasionale Kultivarevaluasieprogram wat deur die LNR-Klein-
graan en Wes-Kaapse Departement van Landbou uitgevoer word,
bied die ideale geleentheid om objektiewe inligting rakende
kultivarprestasie in die verskillende gebiede te bekom. Die proewe
word op ’n geordende wyse in al die verskillende produksiegebiede
aangeplant en statisties verwerk om betroubare resultate aan
produsente te verskaf.
Een van die statistiese modelle wat gebruik word, is die sogenaam-
de AMMI-analise. In hierdie model word die genotipe x omgewing-
interaksie gebruik om die reaksie (prestasie) van kultivars by alle
lokaliteite waar dit aangeplant is, te voorspel. Die voordeel van
hierdie tipe ontleding is dat die beste presteerders by elke lokaliteit
geïdentifiseer kan word.
In
Tabel 1
en
Tabel 2
word die beste presteerders gedurende die
2017-seisoen by die verskillende lokaliteite, waar proefresultate
gebruik kon word, aangedui.
Uit die resultate van die Swartland kan afgelei word dat daar ’n paar
kultivars, wat die “top vier” by die meeste lokaliteite gehaal het,
uitgestaan het. SST 0166 was by nege lokaliteite in die boonste
vier, terwyl SST 88 en PAN 3471 elk sewe keer verskyn. Dit sou dus
logies wees om op hierdie drie kultivars te konsentreer wanneer
kultivarkeuse in die Swartland gedoen word.
In die Rûens was daar vier kultivars wat by al die lokaliteite die
meeste voorgekom het. Hierdie kultivars was SST 0166 (elf keer),
SST 0117 (tien keer), SST 0147 (nege keer) en SST 88 (agt keer).
OP PLAASVLAK
Koring / Kanola / Gars / Hawer
Kultivarkeuse
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur,
SA Graan/Grain
Winterreënvalstreek
PRODUKSIEGEBIED
LOKALITEIT
KULTIVARS
Hoë reënval
Wellington
SST 087
PAN 3408
SST 0166
SST 015
Malmesbury (Koringplaas)
SST 0166
SST 88
PAN 3471
SST 027
Malmesbury (Papkuilsfontein)
SST 88
SST 087
SST 0117
Ratel
Philadelphia
SST 087
SST 88
SST 0117
Ratel
Midde-Swartland
Halfmanshof
SST 0166
SST 027
PAN 3471
SST 88
Moorreesburg (Swartfontein)
SST 0166
PAN 3471
SST 027
SST 88
Moorreesburg (Langrug)
SST 0166
PAN 3471
SST 027
SST 88
Piketberg
SST 0166
PAN 3471
PAN 3408
SST 0127
Koringberg
Porterville
SST 0166
PAN 3408
PAN 3471
SST 0127
Sandveld
Hopefield
SST 0166
PAN 3471
PAN 3408
SST 015
Vredenburg
SST 0166
SST 88
SST 0117
SST 087
TABEL 1: AMMI-VOORSPELLINGS VIR DIE BESTE PRESTEERDERS VIR LOKALITEITE IN DIE SWARTLAND.