

49
November 2018
Hierdie toer word vir Januarie volgende
jaar en weer in Februarie beplan. Ons
begin die Sondagaand by Moolmanshoek
– redelik naby aan die grens. Dié
Maandag gaan ons oor die grens en ry
die Motengpas op, verby Afriski en die
Letsengmyn, waarna ons van die teerpad
afdraai na die nuwe Polihalidam, wat nog
in die beginstadium is, ry en dan verder
met ’n klein bergpaadjie tot by Katzedam,
waar ons die tweede aand oornag.
Dinsdagoggend gaan ons met ’n boot op
die Katzedam ry en hulle kwekery besoek,
waar jy die nasionale plant van Lesotho
kan koop. Daarvandaan gaan ons tot by
Thaba Tseka, waar ons in die hotel oorbly
en Woensdag deur die klomp passe tot
by Qachasnek, waar ons vir twee aande
in die hotel oorbly. Donderdag gaan ons
na die Sehlabathebe-reservaat, wat ’n
ongelooflike uitsig het, en dan kom ons
met ’n klomp ander passe terug.
Vrydag ry ons tot by die Maletsunyane-
waterval naby Semonkong, wat 192 m
ver val, en dan verder met afgeleë berg-
passies tot by die Mohalidam waar ons
in ‘n pragtige huisie of
lodge
bly. Saterdag
ry ons om die dam met die dam se privaat
pad en dan oor die God Help Me-pas
en die Blue Mountain-pas, asook die
Boesmanspas tot by Maseru, waar ons
na die Thaba Bosigo-museum kan kyk.
Ons gaan dan weer oor die grens en slaap
weer die aand by Moolmanshoek, voor
almal Sondag huis toe gaan. Die uitstap-
pie is 1 000 km lank en brandstof is beskik-
baar, waar nodig.
Besoek
www.4x4sport.co.za
of kontak
011 902 5066 vir meer inligting.
B
U
I
T
E
L
E
W
E
&
R
E
I
S
Kollig
Hoe om ’n
4x4 te koop
W
anneer ’n mens moet besluit
watter 4x4 om te koop, is daar
’n hele klomp aspekte wat jy in
ag moet neem. Daar is nie meer
’n ding soos ’n slegte 4x4 nie, maar wel van
die voertuie wat swak diens lewer, omdat
dit vir ’n doel aangewend is waarvoor dit nie
geskik is nie.
Dit is hiermee wat ons wil help. Die beste
is om eers jou behoefte te bepaal. Daar is
’n hele rits van verskillende 4x4-voertuie op
die mark – elk met ’n ander karakter en sy
eie sterk punte. Die beste is om die
verskillende voertuie in kategorieë in te
deel en dan jou behoefte te bepaal om
sodoende jou keuse te vergemaklik.
Dit gaan onmoontlik wees om elke model
op die mark te analiseer, maar ons sal die
basiese groeperings hier bespreek. Daar
is ’n groot gros handelsmerke en modelle,
maar jy kan self elkeen in sy eie kategorie
plaas.
Eerste kry ons die SUV, oftewel die
sportnutsvoertuig. Hulle het wel 4x4-
aandrywing, maar is nie vir harde 4x4-werk
gebou nie. Die 4x4 is meestal vir beter
padhouvermoë – veral op grondpad – om
ons swak paaie beter te hanteer, of hulle is
bedoel vir die sneeu en yspaaie van Europa.
Die groot tekortkoming van hierdie groep
is veral dat hulle nie laestrek het nie en
meestal ook nie genoeg grondvryhoogte
het nie. In hierdie kategorie het ons modelle
soos die Toyota RAV4, die Mercedes ML-
reeks en vele meer.
Daar is dan ook die groepie kleiner 4x4-
voertuie met laestrek en uitstekende 4x4-
vermoëns. Dit is die klas waarin die Suzuki
Jimny val.
Dan is daar die groter 4x4-stasiewaens soos
die Toyota Fortuner, Nissan Pathfinder,
Pajero Sport en hulle maters. Hierdie
voertuie het 4x4, maar is ook geskik as ’n
familiemotor.
Die hardebaardgesinsmotor het alles wat
nodig is vir ’n harde 4x4-uitstappie, maar
is ook luuks en effens aan die duur kant.
Die Toyota Land Cruiser 200 en die Nissan
Patrol val in dié groep.
Nou gaan ons na die bakkies en harder
werkers toe. Ons kry ’n enkelkajuit 4x4, wat
deur produsente en maatskappye gekoop
word om te werk. Voorbeelde is die Isuzu,
Hilux, Mazda Bt 50 en vele meer.
Die harde werkers, soos die Land Cruiser-
bakkies, word vir harde werk, sleep en lang
toere gebruik.
Nou moet jy jouself afvra wat jy met die
4x4 wil doen. Wil jy dit as gesinsvoertuig
gebruik, wil jy swaar vragte laai, wil jy
duikbottels saamry of net speel – of sommer
net op die plaas rondry? Dan soek jy die
voertuig in daardie spesifieke kategorie.
Maar: Daar is ’n magdom goed wat jy
in aanmerking moet neem voor jy finaal
besluit. Gaan ek petrol of diesel koop? As
jy nie gereeld ry nie en die voertuig nogal
lank wil hou, werk petrol beter, omdat
onderhoud, wanneer hy oud word, nie so
duur is nie. As jy egter ver en gereeld ry,
is die brandstofverbruik van die diesel-
modelle meer geskik.
Nou moet jy kyk of daar ’n handelaar binne
trefafstand van jou af is. Jy wil nie 400 km
ry om die voertuig te laat diens nie. Stel
ook vas waarmee die ander mense in jou
omgewing ry en of hulle tevrede is. Stel vas
wat die dienste kos, hoe lank die waarborg
is en hoe die inruilpryse verskil. Jy wil nie
verplig wees om weer dieselfde model te
koop net omdat niemand anders die ou een
wil inruil nie.
Wees versigtig wanneer jy raad vra.
Niemand is negatief oor die voertuig wat
hy gekoop het nie en sal ander mense altyd
probeer oortuig om dieselfde te koop. Pas
ook op vir ’n effektiewe verkoopsman wat
alle onnodige ekstras aan jou gaan probeer
verkoop omdat hy kommissie daarop kry.
Die laaste uiters belangrike aspek is:
Moenie ’n voertuig koop net omdat hy in jou
begroting val nie. Koop dié een wat in jou
kategorie val en wat jou werk kan doen – al
moet jy ’n tweedehandse een koop.
FRANCOIS ROSSOUW,
4x4SPORT