

hele wêreld vol
O
ns land is pragtig en het die
mooiste, mees afgeleë en on-
geskonde plekke wat ’n mens net
met ’n 4x4 kan bereik. Dis egter
nie maklik om toegang tot die plekke te kry
of om die paaie te vind nie.
Sonder ’n gids wat die wêreld ken, kan
jy maklik verdwaal of bitter naby aan die
natuurskatte verby ry sonder om daarvan
te weet. Dan is daar ook die gevaar dat iets
verkeerd kan gaan. In dié afgeleë wêreld-
dele is daar selde selfoonontvangs en die
kanse dat ander verkeer gaan verbykom,
is uiters skraal – of jy kan ’n maklike teiken
vir misdadigers wees. Dit is in tye soos dié
wat groepe net beter werk. Hulp is naby en
misdadigers is skugter vir ’n groep mense.
4x4SPORT het 58 verskillende roetes in ons
land – asook Namibië, Swaziland en Lesotho
– wat ons elke jaar afwissel. Daarby het
ons toere deur Georgië, suid van Rusland,
en Egipte deur die Sahara-woestyn.
Sedert 1995 was daar al meer as 27 000
mense met meer as 11 000 voertuie saam
met ons op toer.
Beplanning
Wanneer ons ’n 4x4-ekspedisie beplan,
word daar heelwat huiswerk gedoen. Die
roete word só beplan dat die dag nie te lank
is nie, maar genoeg 4x4-opwinding bied.
Die blyplekke moet daarby die regte afstand
van mekaar af wees – en die regte standaard
handhaaf, met goeie kos. Selfs die kombuise
word geïnspekteer.
Op die roete word die stoppe só beplan
sodat daar darem ’n paar bome naby is vir
wanneer die natuur roep. Soms neem dit
twee jaar om ’n roete te beplan, omdat die
paaie reggemaak moet word sodat ons met
ons alledaagse 4x4, sonder modifikasies,
daarop kan ry.
Omdat sakemanne nie vir ’n te lang tyd
van die werk af kan wegbly nie, het ons
roetes waar ons Donderdagaand bymekaar
kom en Sondag weer huis toe gaan. Dit is
gewoonlik ook nie te ver van Gauteng af nie
– soos Golden Gate of Moolmanshoek in die
Oos-Vrystaat. Daar is roetes wat sewe dae
lank is. Die weer vir die betrokke streek en
ander bedrywighede in die streek word in
ag geneem.
Toer saam deur Lesotho
Een so ’n roete wat ons bitter lank geneem
het om te beplan, is die nuwe roete deur
Lesotho, wat ons oor 42 bergpasse neem.
Party het nog nie eens name nie, omdat die
Lesotho-regering tans besig is om paaie te
bou om die afgeleë plekkies met mekaar
te verbind.
B
U
I
T
E
L
E
W
E
&
R
E
I
S
Kollig
FRANCOIS ROSSOUW,
4x4SPORT
November 2018
48
1: Die smal bergpassie tussen
die Polihalidam en Katzedam.
2: Hierdie is die nuwe pas tus-
sen Thaba Tseka en Qachasnek.
Omdat daar ’n nuwe brug oor
die Senqurivier (wat na die
grens die Oranjerivier word)
gebou is, word die passe met
mekaar verbind.
3: Die Maletsunyane-waterval
naby Semonkong wat 192 m
ver val, is een van die hoogste
watervalle in Lesotho.
4: Die privaat pad wat reg om
die Mohalidam loop, is van die
mooiste wat jy kan ry.
1
3
2
4