

November 2018
44
15 lesse
oor
DEKGEWASSE
Produkinligting
D
E
K
G
E
W
A
S
S
E
Kollig
DOUW STEYN,
Barenbrug
Winterdekgewasse, wat gevestig is na
mielies, word deur vee benut.
G
aan die manier waarop jy vandag boer, steeds oor
20 jaar winsgewend wees en jou kinders in staat stel om
’n bestaan op dieselfde grond te maak? As jy hieroor
wonder, is dit tyd om meer oor herlewingsboerderyprak-
tyke te begin uitvind.
Barenbrug het al ’n paar lesse, wat ons graag met jou as produsent
wil deel, langs die pad geleer:
1. Kry iemand om jou te help, ’n medeprodusent of ’n raadgewer
wat al ondervinding met dekgewasse het en weet hoe om dit by
verskillende boerderyrotasies in te pas, maar wees ook bewus
daarvan dat wat vir jou buurman werk, nie altyd vir jou ook
gaan werk nie. Daar is al ’n magdom foute gemaak en deur advies
van buite te kry, kan hierdie slaggate vermy word.
2. Kyk anders na grond. Die lewende organismes in die grond is ’n
hele nuwe wêreld wat ontdek moet word en daar is heelwat om
te leer in terme van die voedselnetwerk onder die grond en hoe
die verskillende prosesse werk. Raak bekend daarmee en wees
bewus van wat jy probeer opbou en onderhou.
3. Wees versigtig vir te hoë saaidigthede in mengsels. Veral
onder droëlandtoestande produseer laer saaidigthede dikwels
beter opbrengste. Rywydtes speel ook ’n groot rol in die totale
saaidigtheid van jou dekgewasmengsel.
4. Belê in die regte planter, wat die werk betyds en doeltreffend
kan verrig. Maak seker van jou saadplasing. Met verskillende
saadgroottes moet jy besef dat die groter sade dieper geplaas
moet word en van die fynste sade selfs bo-op die grond kan lê
en ontkiem.
5. Bestuur jou somerdekgewas soos ’n kontantgewas. Vestig dit
steeds met ’n kopbemesting om die hoogste moontlike bio-
massa te bereik. Vergewis jou van grondtemperature vir die
spesies in jou mengsel. Wees versigtig vir kortgroeiers in ’n
langgroeiseisoenmengsel. Gewasse wat toegelaat word om
saad te produseer, kan lande ook vervuil.
6. Kry jou winterdekgewasse so vinnig as moontlik in die grond
nadat die stroper klaar gestroop het. Selfs deur jou gewas
’n dag vroeër te vestig, kan vir jou ’n groot verskil later in die
groeiseisoen beteken. Hou jou mengsel eenvoudig met laat
aanplantings – moenie geld spandeer op saaddiversiteit indien
dit nie eers in jou land teenwoordig gaan wees nie.
7. Wees bewus van die brassicas in jou mengsel. Moenie te veel
in jou mengsel insluit nie. Knolgewasse is soos speserye in jou
mengsel – dit verleen smaak aan jou kos, maar dit kan ’n mengsel
met gemak oorheers. Wees versigtig vir te groot knolgewasse
in mengsels wat nie afgewei gaan word nie. ’n Uitgegroeide
Japannese radysknol van 30 kg kan die effektiwiteit van jou
volgende kontantgewas se saadplasing negatief beïnvloed as dit
nie bo die grond afgewei word nie.
8. Tussengewasverbouing (
intercropping
) is definitief moontlik
in Suid-Afrikaanse toestande. Neem jou planttyd, beskikbare
sonlig en vog met spesieseleksie in ag. Grondbedekking speel ’n
groot rol in suksesvolle vestiging.
9. ’n Veekomponent en dekgewasse kan ’n tweede boerderyver-
takking vir ’n saaiplaas wees. Meerjarige dekgewasse wat vir
’n paar jaar deur middel van hoëdrukbeweiding benut word, is
die beste manier om organiese materiaal in jou gronde
te bevorder. Indien jy dekgewasse met vee benut, moet
voervloeibeplanning by die aanplanting daarvan in gedagte
gehou word. Op dié manier kan jy regdeur die jaar voer vir
jou diere beskikbaar hê. Skuif jou trop gereeld aan om kompaksie
op die lande te verhoed.
10. Poog om ’n derde en selfs ’n vierde kontantgewas deel van
jou rotasie te maak. Op dié manier bring jy klaar meer diversiteit
in jou stelsel in en versprei jy só die risiko.
11. Besluit eers of jy ’n veeprodusent of ’n bewaringsprodusent
is. Die een produsent se prioriteit is bloot om kos vir sy vee te
produseer, terwyl die ander produsent beide sy grondgesond-
heid en vee voorop stel. ’n Grondontleding kan handig wees vir
die regte dekgewasaanbeveling. Jou opvolggewas sal grootliks
bepaal wat jy van jou huidige dekgewas wil hê.
12. Dit is makliker om jou gronde reg te stel voor jy oorskakel.
Doen dus die oorgrote meerderheid hiervan voor jy oorgaan na
geenbewerking (opheffing van kompaksie en kalktoediening).
13. Wees aanpasbaar en sien geleenthede raak. Gebruik elke ge-
leentheid om iets in jou grond te hê. Elke seisoen is anders en
bring ander uitdagings, maar ook ander geleenthede.
14. Weet wat jy wil bereik en werk met ’n plan daarheen. Die rede
waarom jy dekgewasse gebruik, is nie dieselfde as jou buurman
s’n nie. Maak ’n plan en probeer om gefokus te bly op waarom
jy dit doen. Sien ook die ander voordele raak.
15. Word weer ’n student. Wees bereid om vrae te vra en wees
bereid om te gaan oplees om meer te leer. Daar is al heelwat
navorsing gedoen en deesdae is toegang tot inligting maklik
met die internet.
Bewaringsboerderypraktyke maak nie outomaties van jou ’n uit-
staande produsent en is nie ’n antwoord op al jou uitdagings nie.
Die basiese beginsels van tydsberekening, presisie en geloof dra
eintlik nog meer gewig as in die verlede. Een ding is seker: Dit maak
boerdery definitief opwindend!