Previous Page  39 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 116 Next Page
Page Background

Saad

Produk-inligting

Saadbehandeling verhoog

ontkieming en groeipotensiaal

D

eur middel van ‘n kombinasie van hoogsgekwalifiseerde

interne kundigheid, navorsing en innoverende ontwikke-

ling, vervaardig en verskaf Rolfes Agri verskeie landboupro-

dukte. Die produkte is gefokus op die volhoubaarheid

van die besighede van hul verspreiders en uiteindelik dié van

kommersiële, klein en opkomende produsente.

Die maatskappy is aktief betrokke by die ondersteuning en ver-

spreiding van hul produkte deur uitgesoekte verspreiders soos

BayAgro, Farmers Agricare, Inteligro, Laeveld Agrochem en

NexusAG.

Bemarking is gemik op die verskaffing van behoorlik-nagevorsde

produkte van uitstekende gehalte, wat oplossings bied vir spesifieke

markte. Dit word tesame met sterk tegniese ondersteuning deur hul

goed gekwalifiseerde en ervare tegniese areabestuurders behartig.

Deel van die versameling van produkgroepe wat deur Rolfes Agri

aangebied word, is saadbehandelings sowel as entstowwe vir

peulplantsade wat deur Stimuplant vervaardig word en deur Rolfes

Agri versprei word.

Die voordele van behandelde saad is lank nie meer beperk tot alleen-

lik die beskerming van die plante nie. ‘n Plant is op sy kwesbaarste

vanaf die tyd wat die saad geplant word tot en met opkoms. Sodra

die saad in die grond geplant is, word dit blootgestel aan verskeie

omgewingsfaktore, aanvalle deur insekte, bakterieë, swamme en

ander plae.

Saadbehandeling beskerm die saad teen sodanige skade en ver-

hoog sodoende die saailing se ontkieming en groeipotensiaal.

Navorsingresultate het getoon dat saadbehandeling vroeë plant-

gesondheid verbeter, bydra tot die opbou van die plant se weer-

stand en immuniteit, opkoms verbeter en groei en verbeterde

voedingstofeffektiwiteit tot gevolg het. Saadbehandeling kan

inderdaad bydra tot ‘n merkwaardige verhoging in die oesopbrengs.

Van die produkte wat Rolfes Agri aanbied, is:

Mo-Flo en Mo-Flo ST: Molibdeen-

saadbehandeling saam met die entstof

Molibdeen is ‘n mikro-element wat vir alle plante belangrik is. Dit is

meer beskikbaar in opneembare vorm in gronde wat alkalies is (hoë

pH-vlakke). Plante kan eerder hoë vlakke van molibdeen as tekorte

daarin hanteer.

In suur gronde word tekorte van molibdeen algemeen ervaar. As ‘n

mikro-element is molibdeen uiters belangrik vir die plant se groei

– veral wat die essensiële ensiemaktiwiteite, naamlik die binding van

stikstof in peulplante, betref. Peulplante verkry die meeste stikstof

deur stikstofbinding wanneer die regte Rhizobiumspesie gebruik

word en dit aktief is – maar slegs wanneer voldoende molibdeen,

fosfaat en kalium beskikbaar is.

Proewe deur Rolfes Agri gedoen met die kombinasie van molibdeen

(Mo-Flo) en Rhizobium het getoon dat molibdeen en entstowwe

wat gemeng word, wel lei tot ‘n verhoging in die hoeveelheid

effektiewe nodules wat gevorm word – en daarom tot ‘n verhoogde

produksie van stikstof deur stikstofbinding.

XSeed SD: Geformuleer om nodige

elemente in die regte verhouding te bied

XSeed SD bestaan uit ‘n mengsel van fosfaat, stikstof, mangaan,

koper, sink, molibdeen en seewier-ekstrak. Hierdie elemente speel

‘n belangrike rol in die ontkieming van saad en die ontwikkeling van

die saailing.

Die mengsel is geformuleer om noodsaaklike elemente in die

regte verhouding te bied en spesifieke tekorte te help voorkom. Dit

assisteer met die ontwikkeling van die saailing wanneer die elemente

benodig word en verseker daardeur dat die saad sy volle genetiese

potensiaal bereik.

Sojaboonentstowwe

Enting van peulplantsade met behulp van suiwer Rhizobiumkulture

is wêreldwyd ‘n algemene praktyk. Hierdie simbiotiese verhouding

van enting begin wanneer Rhizobium die wortels van peulgewasse

infekteer en nodules vorm.

In die nodules (knoppies) skakel Rhizobium gasagtige atmosferiese

stikstof (N

2

) om na ammoniak (NH

3

), wat grotendeels deur die

peulplant gebruik kan word. In ruil voorsien die peulgewas Rhizobium

van voedingstowwe, energie en ‘n habitat om te kan voortbestaan.

Rolfes Agri het die GT SOJA PLUS-pakket geloods – wat ‘n uiters

suksesvolle kombinasie is. (GT staan vir Global Technology

– produkte en tegnologie van regoor die wêreld verkry.)

Die pakket is spesifiek ontwikkel vir produsente wat saad behandel.

Die pakket is só saamgestel dat die saad nie te nat gemaak word nie,

wat voorkom dat die saad te nat en taai word voor dit geplant word.

Die pakket bestaan uit:

Stimuplant Liquid: Sojaboonentstof

Bradyrhizobium japonicum

ras WB74-bakterieë vir doeltreffende stikstofbinding op soja

(

Glycine max

).

Extrasol: Bevat twee isolate

Bacillus subtilis

-bakterieë wat

wortelgroei bevorder.

Preserver: Dit lei tot die verlengde lewe van die Rhizobium wat

op die saad toegedien is.

Mo-Flo: ‘n Vloeibare molibdeenmengsel wat toegedien word as

‘n saadbehandeling.

Besoek gerus ons webtuiste of laai ons toep (Rolfes Agri

App

) af

vir Android- of IOS-selfone vir alle inligting met betrekking tot ons

produkte en verspreiders.

Mo-Flo (Reg nr B3523, Wet nr 36 van 1947)

Mo-Flo ST (Reg nr B4984, Wet nr 36 van 1947)

XSeed SD (Reg nr B5479, Wet nr 36 van 1947)

Stimuplant Liquid (Reg nr L9213, Wet nr 36 van 1947)

Extrasol: (Reg nr B4918, Wet nr 36 van 1947)

37

March 2018

FOKUS

Spesiale

LEONA VERMAAK,

bemarkingsbestuurder, Rolfes Agri