Previous Page  26 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 26 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

24

Kyk hierna:

Opberging van saad op die plaas

S

aad is dié belangrikste inset wanneer gewasse geproduseer

word: Die opbrengspotensiaal is in die saad opgesluit en

sal uiteindelik die bepalende faktor wees van hoe groot die

oes gaan wees – afhangend van die omgewingstoestande

en verbouingspraktyke.

Saadmaatskappye spesialiseer in die produksie van saad. Hulle is

deeglik vertroud met al die faktore wat ‘n rol speel in die uiteindelike

kwaliteit van die saad en tref alle voorsorgmaatreëls om te verseker

dat die saad wat aan produsente beskikbaar gestel word, aan alle

minimum kwaliteitstandaarde van die Plantverbeteringswet, 1976

en die Suid-Afrikaanse Saadsertifiseringskema, waar toepaslik,

voldoen.

Tewens, saadmaatskappye se interne kwaliteitstandaarde is ge-

woonlik hoër as wat deur die Wet vereis word. Elke saadlot wat

verkoop word, word eers vooraf deeglik deur opgeleide

monsternemers bemonster en deur geregistreerde saadtoetsla-

boratoria volgens internasionale prosedures en metodes ontleed.

Wanneer saad dus by erkende saadmaatskappye aangekoop

word, het die produsent die versekering dat dit saad van ‘n hoë

kwaliteit is – wat daarna met die saad gebeur, is nie onder hulle

beheer nie.

Hantering van saad

Saad is ‘n lewende organisme en moet dus met die nodige sorg

hanteer word – dit geld veral vir die grootsadige peulgewasse soos

bone, sojabone en grondbone.

Wanneer saad van sodanige gewasse op- en afgelaai word, moet

dit versigtig hanteer word en nie neergegooi word nie – rowwe

hantering sal meebring dat die saad sal split of inwendige beserings

opdoen, wat dan sal lei tot abnormale saailinge wat nie in ‘n nor-

male plant kan ontwikkel nie.

Langlewendheid van saad

Namate sade verouder, verloor hulle geleidelik kiemkragtigheid.

Sade van sommige gewasse, soos sojabone en grondbone, het

‘n baie kort lewensduur onder opberging, terwyl ander sade hul

kiemkragtigheid oor langer periodes verloor. Daar kan ook merkbare

verskille in die langslewendheid van saad van verskillende variëteite

van dieselfde gewas wees. Slegs sade met hoë kiemkragtigheid

(aanvanklike saadkwaliteit) behoort opgeberg te word. Saad van

swak kwaliteit sal ‘n korter opbergingsleeftyd hê.

Daar is verskeie faktore wat die langslewendheid van saad bepaal,

waarvan die twee belangrikste saadvoginhoud en temperatuur is.

Saadvoginhoud en relatiewe humiditeit

Die voginhoud van saad tydens opberging is, sonder twyfel, die

belangrikste faktor wat leeftyd beïnvloed. Saadmaatskappye tref die

nodige maatreëls om te verseker dat die saadvoginhoud van saad

wat verkoop word, binne perke is.

Saadagteruitgang neem toe met ‘n toename in voginhoud. Volgens

Harrington (1963, 1970) se reëls (

rule of thumb

), sal elke afname

van 1% in saadvoginhoud (in die omgewing van 5% - 14%), die

opbergingsleeftyd van die saad ongeveer verdubbel.

Dit is belangrik om daarop te let dat, tensy sade hermeties verseël

word, hul voginhoud nie tydens opberging konstant sal bly nie. In

oopstoortoestande ekwilibreer saadvoginhoud met dié van die

lug en wissel dit dan na gelang lugvog wissel. Die belangrikheid

van saadvoginhoud is reeds beklemtoon; ooglopend dan, hoe

hoër die lugvoginhoud (relatiewe humiditeit) hoe hoër sal die

saadvogpersentasie wees en hoe korter die saadleeftyd.

Relatiewe humiditeit is die hoeveelheid vog in die lug uitgedruk

as ‘n persentasie van die totale hoeveelheid vog wat die lug by

dieselfde temperatuur kan bevat. Sade met ‘n hoë persentasie

proteïene, koolhidrate, of albei (soos sojabone, mielies en ander

grane), sal vogpersentasies hê van ongeveer 13% - 15% by 25°C

en 75% relatiewe humiditeit, terwyl olieryke sade soos katoen en

grondbone in dieselfde toestande ‘n voginhoud van ongeveer

9% - 11% sal hê.

Temperatuur

Temperatuur is die tweede belangrikste faktor wat opbergingsleef-

tyd beïnvloed. Aangesien daar ‘n noue verband tussen temperatuur

en vog is, kan nie een van die twee faktore heeltemal in isolasie

bespreek word nie.

In die algemeen sal opbergingsleeftyd van saad toeneem soos

temperatuur afneem. Harrington (1963, 1970) het gepostuleer dat

die opbergingsleeftyd van saad gehalveer word met elke 5,6°C

(10°F) toename in temperatuur (in die gebied 0°C - 50°C). Koue-

opberging by 0°C - 5°C sal saadleeftyd verleng mits die sade in

vogdigte houers gehou word sodat saadvog konstant bly.

Indien relatiewe humiditeit saam met temperatuur beheer kan

word, kan die volgende reël toegepas word: Die som van die

opbergingstemperatuur in grade Fahrenheit en die relatiewe hu-

miditeit moet nie hoër as 100 wees nie en temperatuur moet nie

meer as die helfte van die som uitmaak nie. Dit beteken dat die

temperatuur nie hoër as 50°F (10°C) moet wees nie en by hierdie

temperatuur moet relatiewe humiditeit nie 50% oorskry nie.

Die ideaal sou wees om saad altyd in koelkamers te berg, maar

uit die aard van die saak is dit nie altyd moontlik of nodig vir

korttermynopberging van saad om die temperatuur en relatiewe

humiditeit te beheer nie. Nieteenstaande moet alles moontlik

gedoen word om hoë temperature en relatiewe humiditeit, wat die

ontkieming van saad nadelig kan beïnvloed, te vermy.

Wenke vir die opberging van saad

Die opbergingsarea/stoor moet ‘n soliede vloer hê. Pak die saad

op palette. Met ander woorde moet dit nie direk op die vloer

stapel nie.

EDDIE GOLDSCHAGG,

tegniese bestuurder, SANSOR

FOKUS

Saad

Spesiale