Previous Page  24 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 24 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

22

M

onsanto is verbind tot die ontwikkeling van ‘n wye

reeks geïntegreerde oplossings om produsente te on-

dersteun. Ons navorsingsfokus is op die verbetering

van produktiwiteit op die plaas.

Volhoubaarheid is die basis waarop Monsanto ons besigheid bou

en ons produkte word ontwikkel om ‘n bydrae te lewer tot die

vermindering van die landbouvoetspoor in die omgewing, maar ons

fokus ook op die beskerming van die bestaande hulpbronne in die

omgewing deur die impak van omgewingstoestande te verminder.

Monsanto is baie trots op die nuwe Dekalb-basters wat ons vanjaar

bekend stel om ons bestaande reeks aan te vul.

Besproeiingsmark

In die besproeiingsmark is ons portefeulje aangevul met twee kort-

groeiseisoenbasters, DKC60-76BR en DKC65-72, wat albei by uitstek

geskik is om byvoorbeeld onder besproeiing te plant.

Wat DKC60-76BR betref, beskik dit oor ‘n uitstekende op-

brengspotensiaal, met ‘n saailing wat vinnig uit die blokke spring.

Verder droog dit vinnig af en toon uitstekende verdraagsaamheid

teenoor Diplodia kopvrot, noordelike blaarskroei, grysblaarvlek

en roes. Die ideale plantestand wissel tussen 80 000 plante/ha en

100 000 plante/ha met ‘n rywydte van 50 cm tot 75 cm. Planthoogte

by volwassenheid is 215 cm tot 250 cm met die koppe wat voorkom

op ‘n hoogte van 100 cm tot 120 cm. Ons beveel aan dat die baster

gestroop word wanneer die pitvog sowat 12% is.

Nog ‘n baster vir hierdie mark is DKC65-72. Hierdie hoëpoten-

siaalbaster is ook geskik vir volbesproeiing en toon ‘n uitstekende

staanvermoë. Dit het ook ‘n goeie verdraagsaamheid teenoor

meeste van die mieliesiektes. Ons beveel aan dat die baster geplant

word met ‘n plantstand van tussen 80 000 plante/ha en 100 000 plan-

te/ha in rywydtes van 50 cm tot 75 cm. Die baster bereik betreklik

gou volwassenheid met ‘n planthoogte van sowat 220 cm tot 260 cm.

Die kopplasing op die plant is op ongeveer 130 cm tot 155 cm.

Droëlandbasters

Wat ons nuwe droëlandbasters betref, spog ons met DKC72-76BR,

DKC76-73R en DKC76-77BR wat spesiaal vir daardie toestande

ontwikkel is.

DKC72-76BR se meerkoppigheid is kenmerkend aan hierdie baster,

wat dan ook ‘n groot rol in die uitstekende opbrengspotensiaal

in beide die westelike en oostelike produksiegebiede speel. Dit

droog vinnig af en het ‘n uitstekende siekteverdraagsaamheid.

DKC72-76BR het ‘n gesonde saailing en later in die seisoen beskik

dit oor ‘n uitstaande staanvermoë. Ons beveel aan dat die baster

geplant word teen ‘n plantestand van tussen 20 000 plante/ha tot

60 000 plante/ha in rywydtes van 0,75 m tot 2,3 m afhangende van

waar jou plaas geleë is. Hierdie is ‘n vroeë- tot mediumgroei-

seisoenbaster met ‘n planthoogte van 280 cm tot 380 cm. Die koppe

kom voor op ongeveer 110 cm tot 170 cm.

DKC76-73R is ook ‘n meerkoppige baster en is ook geskik vir

aanplantings in die oostelike en westelike produksiegebiede. Die

baster beskik oor ‘n bogemiddelde staanvermoë en die blaarskede

bedek die koppe behoorlik. DKC76-73R toon goeie verdraagsaam-

heid teenoor houtskoolvrot asook baie van die ander algemene

mieliesiektes. Hierdie is ‘n uitstekende baster om te gebruik in

toevlugsareas. Ons beveel aan dat dit met ‘n plantpopulasie van

20 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha in rywydtes van 0,75 m tot

2,3 m geplant word – afhangende van die produksiegebied waar

dit geplant word. Hierdie is ‘n mediumgroeiseisoenbaster met ‘n

planthoogte van ongeveer 220 cm tot 320 cm en kopplasing op

95 cm tot 150 cm.

DKC76-77BR is nog ‘n uitstekende nuwe baster wat goed sal

presteer in die oostelike en westelike produksiegebiede wat ook

goeie verdraagsaamheid teenoor houtskoolvrot en heelwat van die

ander algemene mieliesiektes toon. Dit behoort in ‘n plantstand van

20 000 plante/ha tot 60 000 plante/ha geplant te word – in rywydtes

van 0,75 m tot 2,3 m. Die planthoogte is 220 cm to 320 cm met koppe

wat op 95 cm tot 150 cm voorkom.

‘n Voorsmaak van die nuwe

2018-mieliebasters

FOKUS

Saad

Spesiale

Produk-inligting

MAGDA DU TOIT,

bestuurder: Korporatiewe Skakeling en Kommunikasie, Monsanto SA

1 en 2: DKC76-77BR en DKC65-72 – van die nuwe wit-en geelmieliebasters beskikbaar in 2018.

1

2