Previous Page  29 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 29 / 116 Next Page
Page Background

Saad

Produk-inligting

Die effek van inry-spasiëring

op mielie-opbrengste

D

aar is heelwat faktore wat produsente tydens die plant-

seisoen in agmoet neem. Grondvoorbereiding is een van die

belangrikste faktore. ‘n Klompie basiese bestuursaspekte

vir hoë opbrengste, sal die volgende insluit: Kultivar,

rywydte, populasie, inry-spasiëring, plantdiepte, besproeiing (indien

beskikbaar), plaagbeheer, groeireguleerders en bemesting.

Sodra al hierdie aspekte in plek is, goed beplan is en reg aange-

wend is, kan hoë opbrengste verwagword –mits die natuur enGenade

van Bo die res doen. Een van die bestuursaspekte wat ek wil uitlig

– en die belangrikheid daarvan benadruk – is interplantspasiëring

van elke mielieplant in die ry.

Om plantstand eenvormig in mielies te vestig, is ‘n uiters belangrike

komponent om die doelwit van ‘n hoë opbrengs op ‘n land, te

realiseer. Oneweredige stand van mielies kan beskryf word in terme

van plant-tot-plant-variasie vir spasiëring binne die ry, tyd van saad-

ontkieming en/of die groei en ontwikkeling van die saailing.

Variasie in plantspasiëring kan beskryf word deur die stan-

daardafwyking van plant-tot-plant-spasies in die ry. ‘n Veldopname

wat gedurende 1987 tot 1996 oor 354 mielielande in die VSA gedoen

is, het gewys dat die gemiddelde kommersiële land met mielies

daarop, ‘n standaardafwyking gehad het van ongeveer 4,5 duim.

Dit het gevarieer van minder as 2,5 duim tot 10 duim.

Die wyse waarop hierdie opname gedoen is, is deur ‘n stuk tou te

neem en ‘n knoop te maak presies waar die plant veronderstel is om

te staan. As dit dan langs die ry gesit word waar geplant is, word

gemeet hoe ver elke plant van die knoop af, waar hy veronderstel

is om te staan, is. Só is daar dan ‘n wiskundige metode gebruik

wat die standaardafwyking aantoon en om te bepaal hoe ver die

gemiddelde plant uit sy posisie is.

Hoekom inry-plantspasiëring?

Eerstens word elke plant ‘n gelyke kans gegee.

Tweedens kry ons beter plantontwikkeling as gevolg van die

gelyke kans, met ander woorde elke plant het sy eie en gelyke

spasie vir ontwikkeling.

Die wortelontwikkeling van elke plant is dan ook optimaal. Elke

plant kan dus dieselfde ontwikkel en eweredige koppe kan van

plant tot plant verkry word. Indien die voeding reg geplaas is, kan

die voedingstofopname vir elke plant ook meer effektief wees.

Vogopname per plant kan ook meer effektief wees. Elke plant kry

boonop ‘n gelyke opvangs van sonlig. Sodra al die bogenoemde

toegepas kan word, kan topopbrengste verkry word.

Daar is ‘n paar tipes nie-eenvormige spasiërings wat ondersoek kan

word (sien

Figuur 1

).

Misplaasde pitte

As ons praat van misplaasde pitte, beteken dit dat ‘n pit wat geplant

word tydens die plantaksie, uit sy posisie kan rol. Hierdie effek kan

aanleiding gee tot ‘n verlaging in opbrengs relatief tot die eenvormige

stand.

Gemiste plante

Tweedens word daar gekyk na “gemiste plante” (sogenaamde

skips

).

In hierdie geval van gemiste plante, sal dit definitief ‘n verlaging in

opbrengs meebring. Daar is in die VSA oor ‘n paar proewe heen

bepaal dat wanneer een mielieplant oor ‘n afstand van 10 m, waar

die rywydte 0,76 m is, gemis word, die populasie 29 840 plante per

hektaar is en ‘n gemiddelde mieliekopgewig van 180 g gerealiseer

word – en boonop dat dit ‘n opbrengsverlies van 237 kg/ha kan lewer.

Aangrensende plante kan kompenseer vir die verlies, maar dit gaan

nie genoeg wees vir die verlies wat ‘n gemiste plant in die hand

werk nie.

Ekstra plante

Derdens kom “ekstra plante” (

dubbels

) voor. In gevalle waar dubbele

plante gekry word, kan dit neig om die opbrengs te verhoog, indien

die stand onder die optimum is. Die opbrengs van dubbele plante,

sowel as aangrensende plante, sal afneem, maar die ekstra plant

kan kompenseer vir die afname wat plaasvind. Wanneer die saad

gewoonlik te klein is vir die plantereenhede wat gebruik word, kom

dubbels voor. Dit is nie die ideaal nie, maar ten minste kan die verlies,

indien enige, nie ‘n groot effek hê nie.

Dit is baie belangrik om inry-spasiëring van jou mielieplante nader

aan ideaal te kry. Deur dit reg te doen, kan die opbrengs met bykans

‘n halwe t/ha verbeter word.

Nou hoe gaan ons dit regkry?

‘n Paar wenke wat voorgestel kan word, is die volgende:

Pas jou planterspoed aan na ongeveer 6 km/h.

Doen gereelde planterkalibrasies wanneer oorgegaan word van

een land na ‘n ander. Maak terselfdertyd seker die kalibrasie

is reg.

Kyk ernstig na die plantaksie. Sorg dat die planter reg is vir die

toestande waarin geplant word.

Plant 6 cm tot 8 cm diep vir maksimum opbrengs.

Maak seker die beplande plantpopulasie is hoog genoeg vir

maksimale winsgewendheid.

Die tipiese saadontkiemingspersentasie vir ‘n sakkie saad is 95%.

Plant ten minste 5% meer om die ontkiemingseffek te oorkom.

Plant meer as beplan vir die verwagte verlaging in plantestand

deur insekte en grondtoestande.

Gebruik hulp en kundigheid.

Na gelang van alles genoem en nagevors, kan die effek van inry-

spasiëring ‘n verskil maak om topopbrengste te behaal.

27

March 2018

FOKUS

Spesiale

MARTIN BRANDT,

landboukundige, DuPont Pioneer

Figuur 1. Drie tipes nie-eenvormige spasiërings.