Previous Page  23 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 23 / 116 Next Page
Page Background

Grafiek 1: Maksimum toelaatbare relatiewe humiditeit wat vereis word by verskillende temperature

om te verhoed dat saadkwaliteit nie afneem tydens storing nie.

21

March 2018

Ander studies het egter getoon dat

die kleiner pitte geneig was om beter

te ontkiem as die groter pitte onder

vogstremmingstoestande. Dié waarneming

is verklaar aan die hand van die feit dat

kleiner sade minder vog benodig om te

ontkiem weens hul kleiner volume. By

implikasie beteken dit dus dat kleiner pitte

vinniger in droë grond sal ontkiem.

Daar egter ook gevind dat plante afkomstig

van kleiner pitte tog gedurende die

vegetatiewe groeistadia van hul groter

pit-eweknieë verskil het. Tot en met

pluimvorming het plante afkomstig van

kleiner pitte korter vertoon, verminderde

droë gewigte en kleiner blaaroppervlaktes

gehad. Hierdie plante het verder ook ‘n

stadiger ontwikkelingstempo gehad as

plante wat uit groter pitte gespruit het.

Onder optimale groeitoestande is hierdie

verskille egter ná pluim uitgewis en is geen

verskille in opbrengs waargeneem nie.

Daar is konsensus dat, alhoewel daar geen

verskille tussen groot en klein pitte onder

normale groeitoestande is nie, kleiner pitte

se plante gedurende die vegetatiewe groei-

stadia swakker onder stremmingstoestande

sal presteer. Stremmingstoestande sluit in

koel grondtemperature tydens plant, on-

kruidkompetisie, vogstremming en plant-

voedingstekorte.

Kundiges beveel aan dat wanneer dit by

saadgrootte en -vorm kom, produsente

eerder kan fokus op genetiese potensiaal,

saadkwaliteit asook saadprys – tensy daar

‘n moontlikheid is dat daar onder strem-

mingstoestande geplant gaan word.

Navorsingstudies wat in die VSA uitgevoer

is, het getoon dat dit beter is om groter

pitte te plant wanneer daar baie vroeg in die

seisoen of onder geenbewerkingstoestande

geplant gaan word. Dit is weens die nadelige

impak wat koeler grondtemperature moont-

lik op die kieming van kleiner pitte kan

hê. Andersyds is die aanbeveling om

plantestand met 10% tot 15% te verhoog.

"Raklewe" tydens storing

Kenners is dit eens dat temperatuur en

humiditeit die hooffaktore is wat die

raklewe van saad tydens storing beïnvloed.

Hoë temperature, tesame met hoë humi-

diteit tydens storing, sal veroorsaak

dat saadkwaliteit sal afneem weens ‘n

verhoging in ensiemaktiwiteit asook die

afname in selwandintegriteit.

‘n Algemene riglyn wat oorsee rakende

die storing van saad gebruik word, is dat

die somtotaal van die temperatuur (in °F)

en relatiewe humiditeit nie die waarde van

100 oorskry nie. As die temperatuur van die

stoorkamer dus 60°F is, mag die relatiewe

humiditeit nie hoër as 40% wees nie (60 +

40 = 100).

Wanneer hierdie formule dus toegepas

word (met die nodige omskakelings na °C),

kan die maksimum relatiewe humiditeit

wat by verskillende temperature (°C) moet

heers, verkry word, wat sal verseker dat

saadkwaliteit nie afneem tydens sto-

ring nie. Die temperatuur:relatiewe hu-

miditeitverhouding word in

Grafiek 1

uitgebeeld. Indien ‘n stoor dus ‘n ge-

middelde temperatuur van 35°C het, mag

die relatiewe humiditeit binne die stoor nie

hoër as 5% wees nie.

Bitter min is egter internasionaal ge-

publiseer rakende die impak wat die

storingsomgewing sal hê met pitte van

verskillende pitgroottes en -vorms. ‘n

Studie is egter in 1998 gepubliseer, waar

handgeoeste pitte volgens plat- en ronde

pitvorms gesorteer is. Hierdie monsters is

dan by 25°C teen onderskeidelik 75% en

85% relatiewe humiditeit gestoor.

Die studie het getoon dat, buiten vir die feit

dat daar ‘n verhoging in die voginhoud van

die saad was wat tot verhoogde voorkoms

van swamgroei gelei het, daar ook ‘n

konsekwente groter afname in kieming by

ronde pitte as by plat pitte waargeneem is.

Hierdie tendens is waargeneem by beide

vogtoestande.

‘n Verdere studie wat by 37°C gedoen is,

het soortgelyke bevindings gehad. Albei

hierdie studies het dus tot die slotsom

gekom dat ‘n afname in kieming vinniger

by ronde pitte as plat pitte plaasgevind

het – wanneer saad by suboptimale

bergingstoestande gestoor is. Plaaslik is

daar egter nie enige studies gedoen wat

die storingsfasiliteite op plase ondersoek

en of saadgrootte en -vorm ‘n impak sal hê

op die kieming en groeikragtigheid van die

verskillende tipes saad nie.

Alhoewel dit nie wetenskaplik bevind is nie,

het kundiges in die veld van storing van

saadmonsters aangedui dat wanneer die

saad by lae temperature (10°C) en relatiewe

humiditeit van nie hoër as 50% nie gestoor

word, daar geen merkbare verskille in

die kieming of groeikragtigheid van die

verskillende saadgroottes en -vorms is nie.

Produsente moet dus kennis neem dat saad

op ‘n geskikte wyse gestoor moet word om

te verseker dat hulle teen planttyd optimale

kieming en groeikragtigheid sal hê.

Produsente is welkom om die onkruidwe-

tenskaplikes by LNR-Graangewasse by

018 299 6100 te kontak

rakende enige verdere na-

vrae.

1: Posisie van verskillende pitgroottes en -vorms op die mieliekop.

Groot,

ronde pitte

Plat pitte

Klein,

ronde pitte