Maart 2018
20
Saadgrootte, kieming en
groeikragtigheid van mielies bekyk
I
n ‘n samelewing waar “groter” altyd
“beter” is, het menige produsent dalk
al vrae gehad oor korrelgrootte en hoe
dit die verskillende fasette van kieming,
groeikragtigheid, opbrengs of die saad se
“raklewe” beïnvloed. Hier volg ‘n paar ant-
woorde op die algemeenste vrae.
Hoe verskil kieming van
groeikragtigheid?
Kieming en groeikragtigheid is twee fak-
tore wat saad se fisiologiese potensiaal
beïnvloed. Albei bepaal die teoretiese
vermoë van die saad om kritiese funksies
te kan uitvoer onder beide gunstige en
ongunstige omstandighede.
Saad bereik hul maksimum potensiaal
naby, of kort na, fisiologiese rypheid, van-
waar die saadkwaliteit egter geneig is
om af te neem na gelang van die oestyd,
omgewingstoestande, drogingsprosesse, pro-
sessering en storingtoestande.
Kieming verwys na die vermoë van die saad
om onder optimale groeitoestande van die
gewas die noodsaaklike strukture te vorm
wat tot ‘n normale plant aanleiding gee. Met
saailingkiemingstoetse, word onkieming na
‘n bepaalde tyd van saalinggroei geëvalueer
en tellings uitgedruk in die getal normale
saailinge.
Groeikragtigheid daarteenoor toets die
saad se vermoë om onder ongunstige toe-
stande (byvoorbeeld koue) te kan ontkiem
en oorsprong te gee aan ‘n gesonde saailing.
Die doel van groeikragtigheidstoetse, in
byvoorbeeld privaat saadmaatskappye, is
om verskille tussen saadlotte met soort-
gelyke kiemingspersentasies te identifiseer.
Sodoende kan saadlotte wat ‘n groter
moontlikheid (of potensiaal) toon om te
presteer na plant of gedurende storing,
uitgewys word.
Kieming en groeikragtigheid
Die antwoord op hierdie vraag is: Nie
noodwendig nie.
Figuur 1
toon die verband
tussen kieming en groeikragtigheid soos
waargeneem vir twee saadlotte van ver-
skillende kwaliteit (X = goeie kwaliteit saad;
Y = swakker kwaliteit saad). Goeie kwaliteit
saad se verskil tussen waargenome kieming
en groeikragtigheid is kleiner as dié van
swakker saad.
By implikasie beteken dit dat met ‘n swakker
kwaliteit saad, ‘n aanvaarbare graad van
kieming verkry kan word, maar dat die
groeikragtigheid van die saad swak is.
Die saad sal dus ontkiem, maar onder
stremmingstoestande sal die saailinge
swak vaar.
Verskillende groottes en
vorms van saad
Saadgroottes van ‘n spesifieke baster sal
van jaar tot jaar, asook van land tot land,
verskil. Dit is weens die feit dat verskeie
faktore ‘n invloed het op die uiteindelike
saadgrootte wat verkry word. Faktore wat
‘n invloed uitoefen, sluit in die eienskappe
van die baster, ouerlyneienskappe asook
heersende groeitoestande gedurende be-
stuiwing en kopvulling.
Só sal die saad van ‘n baster, afkomstig van
‘n enkelkruising, kleiner wees as die saad van
‘n baster wat afkomstig is van drie- of vier-
rigtingkruisings, terwyl hoë temperature,
droogtetoestande of lae vrugbaarheid weer
saadgrootte negatief beïnvloed.
Die plasing van die saad op die kop self
beïnvloed ook die grootte en vorm van die
saad. Groot, ronde sade kom meestal by die
basis van die kop voor, terwyl die plat pitte
in die middel van die kop voorkom (
Foto 1
).
By die voorpunt van die kop, kom die klein,
ronde pitte voor.
Invloed van saadgrootte
Internasionale studies is uitgevoer waar
pitte afkomstig van dieselfde kop, maar
wat verskil in grootte en vorm, met mekaar
vergelyk is. Die bevindings was dat hierdie
pitte nie van mekaar verskil het ten opsig-
te van hul plantontwikkeling of graan-
opbrengs nie.
FOKUS
Saad
Spesiale
DR MARYKE CRAVEN, MARELENE VAN DER WALT
en
DR JEANETTA SAAYMAN-DU TOIT,
LNR-Graangewasse, Potchefstroom
Verlaging in saadkwaliteit
Persentasie (%)
Kieming
GroeikragƟgheid
100
50
0
X
X
Y
Y
Figuur 1: Die verband tussen kieming en groeikragtigheid. (X = goeie kwaliteit saad se kieming en
groeikragtigheid; Y = swakker kwaliteit saad se kieming en groeikragtigheid.)
Aangepas vanaf Delouche en Caldwell, 1960